God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 8: Die dag van die Here

Openbaring 1:8 sê:

8 ‘I am the Alpha and the Omega.’ says the Lord God, ‘who is and who was and who is to come, the Almighty’.

8 Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

As ons hieraan dink as ‘n Griekse uitdrukking van ‘n Hebreeuse gedagte, kan ons die Griekse letters van die alfabet (alfa en omega) vervang met die Hebreeuse letters (alef en tau). Beide is ‘n uitdrukking van die gedagte dat God die begin en die einde is - of soos ons duidelik sien ‘wat is en wat was en wat kom’.

Hier is egter drie posisies ter sprake, nie net twee nie. ‘Wat was’ kom ooreen met alpha of alef. ‘Wat kom’ hou verband met omega of tau, maar wat van ‘wat is’?

Die Hebreeuse woord vir waarheid is amet, wat as volg gespel word: alef-mem-tau ... Hoe toevallig is dít? Dit gebruik die eerste, middelste en laaste letters van die alfabet om die woord ‘waarheid’ te spel. Die waarheid ken die begin, die einde en alles tussen-in.Dit ken die oorsprong (oorsaak), die einde (produk) en al die ‘water’ (mem) wat die twee verbind.

Toe Jesus gesê het: ‘Ek is die weg en die waarheid en die lewe’ (Johannes 14:6), het Hy gesê dat Hy die waarheid in persoon was - Homself. Hy het beweer om die Skepper van alles aan die begin, die Onderhouer van alles in die geskiedenis en die Ontvanger van alles aan die einde van tyd te wees.

Paulus stel dit as volg in Romeine 11:36: ‘... uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge’.

Johannes noem Hom ook ‘die Here’ in Openbaring 1:8 - ‘Lord God’ in die NASB. Dit is hoe die Septuagint Yahua Elohim vertaal (Genesis 2:4-5; 7-9), deur gebruik te maak van die Griekse uitdrukking ‘kurios ho theos’. Johannes gebruik ook die term ‘die Almagtige’. Hierdie term is afgelei van pas - alles, en krator - mag, krag, sterkte. Pantokrator is die Griekse Septuagint-term wat die meeste in Job en Jeremia aangewend word. Jeremia 5:14 lees: ‘... so sê die Here, die God van die leërskare’. Die Septuagint vertaal dit as kurios ho theos - ‘die Here ons God’. Met ander woorde: ‘die Here’ (Lord God - NASB) in Openbaring 1:8 is die ekwivalent van ‘die Almagtige’.

Die Konteks Waarin Johannes die Boek Geskryf het

Johannes hef drie inleidings in die eerste hoofstuk van Openbaring aan. Die eerste is in Openbaring 1:1-3, die tweede in Openbaring 1:4-8 en die derde begin in Openbaring 1:9,

9 I, John, your brother and fellow partaker in the tribulation and kingdom and perseverance which are in Jesus, was on the island of Patmos, because of the word of God and the testimony of Jesus.

9 Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, terwille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

Johannes was op Patmos toe hy hierdie boodskap aan die sewe gemeentes (vers 11) ontvang het. Irenaeus, die biskop van Lyons (120-202 n.C.), vertel dat Johannes in ballingskap was op Patmos aan die einde van die heerskappy van Domitianus, wat van 81-96 n.C. oor Rome regeer het (Against Heresies, V, xxx, 3). Vroeë kerkleiers, soos Irenaeus, Eusebius en Jerome vertel dat Johannes verban was na Patmos in die veertiende jaar van Domitianus (95 n.C.).

Johannes wat in Efese gewoon het en oor die kerke in Asië toesig gehou het, was ongeveer negentig jaar oud toe hy gearresteer en in kettings na die kerk in Rome gebring is om veroordeel te word deur Domitianus. Sy arrestasie het moontlik in die jaar 93 n.C. plaasgevind, toe Domitianus vir homself die titel censor perpetuus ‘Ewige Sensor’ ingepalm het. Hierdie titel het aan hom die reg gegee om die morele standaard vir die ryk te bepaal. In 93 n.C. naby aan die hoogtepunt van sy malligheid, het hy die titel dominus et deus ‘heer en god’ ook geëien.

Johannes was in hierdie tydperk gearresteer en ter dood veroordeel, omdat hy geweier het om te buig voor die keiser as ‘heer en god’. Volgens Tertullian, die Romeinse regsgeleerde wat ‘n eeu later geleef het, was Johannes gevonnis om in olie gekook te word. Tertullian skryf in On Prescription Against Heretics, XXXVI hieroor:

‘How happy is its church, on which apostles poured forth all their doctrines along with their blood! Where Peter endured a passion like his Lord’s! Where Paul wins his crown in a death like John’s! Where the apostle John was first plunged, unhurt, into boiling oil, and thence remitted to his island-exile!’

Vertaal uit Engels:

‘Hoe gelukkig is die kerk daarvan, waarop apostels hul leerstellings tesame met hulle bloed uitgestort het! Waar Petrus ‘n passie soos sy Heer s’n deustaan het! Waar Paulus sy kroon verwerf het in ‘n dood soos Johannes s’n! Waar die apostel Johannes eers ongedeurd, gegooi is in kokende olie en daarna gestuur is na sy eiland-ballingskap!’

Ander skrywers het ook hierdie wonderbaarlike ontsnapping op skrif verewig - dit verduidelik waarom Johannes verban is en nie in Rome tereggestel is nie.

Patmos was die Alcatraz van die eerste eeu - ‘n eiland robuust van aard, 24 myl vanaf die hedendaagse Turkse kus. Aan die een kant van die eiland het geharde kriminele gewoon en aan die ander kant die politieke kriminele, soos Johannes. Die politieke kriminele is met meer respek behandel en kon vrylik op die eiland rondbeweeg.

Alle gevangenis moes op hul eie oorleef, hul eie voedsel aanplant en self sorg vir skuiling. Vroeë kerkgeskrifte leer ons dat Johannes vergesel was deur Prochorus, een van die dissipels, om hom te help. Prochorus was een van die oorspronklike diakens (Handelinge 6:5).

Nadat Domitianus in 96 n.C. vermoor is het sy opvolger, Nerva amnestie verleen aan baie van Domitianus se slagoffers van onreg. Johannes en Procohorus was onder hulle en hulle het na Efese teruggekeer in 96 n.C. Intussen het Nerva in Rome regeer vir twee jaar (96 - 98 n.C.), waarna sy aangenome seun, Trajan hom opgevolg en geheers het van 98 tot 117 n.C.

Johannes het ‘onder hulle gebly tot die tyd van Trajan’ (Against Heresies, II, xxii, 5). Dus is Johannes oorlede iewers tussen 99 en 100 n.C. Sy boek is egter geskryf gedurende sy ballingskap op Patmos, met ander woorde: tussen 93 en 96 n.C.

Die Dag van die Here

Johannes het blykbaar die opdrag ontvang om die boek Openbaring te skryf, terwyl hy op Patmos was. Openbaring 1:10-11 sê:

10 I was in the Spirit on the Lord’s day, and I heard behind me a loud voice like the sound of a trumpet, 11 saying, ‘... Write in a book what you see, and send it to the seven churches; to Ephesus, and to Smyrna and to Pregamum and to Thyatira and to Sardis and to Philadelphia and to Laodicea.’

10 Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, 11 wat sê: ... skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Efese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en Filadelfia en Laodicea.

Daar is verskillende opinies aangaande die betekenis van ‘die dag van die Here’. Party redeneer dat die gelyk is aan Jesaja 13:6 en 9:

6 Wail, for the day of the Lord is near! It will come as a destruction from the Almighty.

6 Huil julle, want die dag van die Here is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.

9 Behold, the day of the Lord is coming, cruel, with fury and burning anger, to make the land a desolation, and He will exterminate its sinners from it.

9 Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.

Joël 1:15 weergalm dieselfde vreeslike waarskuwing:

15 Alas for the day! For the day of the Lord is near, and it will come as destruction from the Almighty.

15 Ag, die dag! Want naby is die dag van die Here, en Hy sal kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.

Dieselfde terminologie word gebruik vir die Sabbatdag in Jesaja 58:13,

13 If because of the Sabbath, you turn your foot from doing your own pleasure on My holy day, and call the Sabbath a delight, the holy day of the Lord honorable, and shall honor it, desisting from your own ways, from seeking your own pleasure, and speaking your own word ...

13 As jy jou voet terughou van die Sabbat - om nie jou besigheid op my heilige dag te doen nie, en as jy die Sabbat ‘n verlusting noem en die heilige dag van die Here eerwaardig; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou besigheid soek of ydele taal spreek nie;

Die vraag is hoe Johannes die term in Openbaring 1:10 gebruik het. Was hy letterlik in die Gees opgeneem na ‘n posisie in die toekoms waar hy die verwoestende gebeure aan die einde van die tydperk kon sien? Of was Johannes ‘in die Gees’, in die sin dat hy deur die Heilige Gees geïnspireer was om ‘n spesifieke boodskap op die dag, alom bekend as ‘die dag van die Here,’ te hoor?

Johannes verduidelik homself nie en die detail wat hy gee is nie genoegsaam om die betekenis van sy woorde te bepaal nie. Aangesien beide bogenoemde sienings Hebreeuse insig toon, kan dit nie as getuienis aangeneem word vir enige van die sienings nie. Dit kom in werklikheid neer op die konteks van wat Johannes op daardie oomblik geskryf het. Hy het hierdie openbarende boodskap aan die sewe gemeentes, op die dag van die Here ontvang. Die boodskap is in Openbaring 2 en 3 opgeteken.

Hierdie boodskap het niks te doen met ‘die dag van die Here’ waarin ons ‘verwoesting’ kan sien soos in Jesaja 13:6 verduidelik word nie. Dit het niks te doen met ‘woesteny’ van die land soos verduidelik in Jesaja 13:9 nie. Dit het ook niks te doen met nasies wat bymekaar geroep word om veroordeel te word in ‘die dal van beslissing’ nie (Joël 3:14). Daar is geen donkerheid soos ons in Amos 5:20 sien nie. Met ander woorde, geen van die somber karaktereienskappe van ‘die dag van die Here’ is sigbaar in die boodskap aan die sewe gemeentes nie. Slegs wanneer ons die later hoofstukke van die boek insluit, kan ons moontlik ‘die dag van die Here’ koppel aan die Goddelike oordeel oor die aarde.

Dit is meer waarskynlik dat ‘die dag van die Here’ vergelyk kan word met die Sabbat van Jesaja 58:13. Meer spesifiek, is dit die ware Sabbat waarvan Jesaja sê mens ‘nie jou gewone gang’ gaan en geen ‘ydele taal spreek’ nie, maar slegs doen wat ons ons Vader sien doen en sê wat ons Hom hoor sê. Met ander woorde, om nie ons eie werksaamhede te doen nie, maar die werk van God te doen - dit is God se rus.

Hebreërs 4:9-10 lewer kommentaar oor Jesaja 58:13 deur te sê:

9 There remains therefore a Sabbath rest for the people of God. 10 For the one who has entered His rest has himself also rested from his works, as God did from His.

9 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

Verder verwys die Nuwe Testament anders na ‘die dag van die Here’ as na ‘die Here se dag’. Paulus skryf dikwels van ‘die dag van die Here’ (1 Korintiërs 5:5; 1 Tessalonisense 5:2; 2 Tessalonisense 2:2). Lukas praat daarvan in Handelinge 2:20 en Petrus noem dit in 2 Petrus 3:10. In elke geval is dit ‘n verwysing na dieselfde ‘dag van die Here’ (hemera tou Kuriou) soos ons vind in Jesaja, Joël en die ander profete. In elke geval stel die Nuwe Testament outeurs die verwoesting en oordeel van nasies voor, soos ons in die Ou Testament sien.

Wanneer Johannes egter van ‘die Here se dag’ praat, is die woordorde anders net soos die boodskap heeltemal anders. Dit is nie ‘n waarskuwing aan die nasies nie, maar eerder ‘n verslag aan die sewe gemeentes.

Die Keiser se dag: Kuriakos

Rick Renner vertel ons dat kuriakos ‘n term is wat gebruik was om die Keiser se Dag in die Romeinse Ryk te beskryf. In sy boek, A Light in Darkness, Seven Messages to the Seven Churches, Vol. 1, p. 41, skryf hy:

‘The phrase ‘the Lord’s day’ is as translation of the Greek word kuriakos, a specific word that was used primarily to describe the Emperor’s Day. It has been proven from ancient inscriptions that the word kuriakos was a common word for anything imperial and that the first day of each month was designated as an imperial day when the ruling emperor was especially celebrated. That day was referred to as kuriakos or the Emperor’s Day.

This means Jesus Christ chose to reveal Himself [to John, the exile at Patmos] as the King of kings and Lord of lords on the very day that the enitre Roman Empire was specially celebrating the supposed deity of the wicked Emperor Domitian. It must have struck John that on the same day when the whole world was worshipping a fraudulent, evil human ruler, the True Ruler stepped into the forsaken place where John was exiled and revealed Himself in all of His glory to him.’

Vertaal uit Engels:

‘Die term ‘die Here se dag’ is ‘n vertaling van die Griekse woord kuriakos, ‘n spesifieke woord wat primêr aangewend word om die Keiser se dag te beskryf. Dit word bewys uit antieke inskrywings dat die woord kuriakos ‘n algemene woord vir enigiets keiserlik was en dat die eerste dag van elke maand as ‘n keiserlike dag benoem was, wanneer die heersende keiser spesiaal gevier was. Daar is na dié dag verwys as kuriakos of Keiser-dag.

Dit beteken dat Jesus Christus gekies het om Homself [aan Johannes, die banneling op Patmos] te openbaar as die Koning van konings en Heer van here, op dieselfde dag waarop die hele Romeinse Ryk spesifiek die vermeende godheid van die wrede Keiser Domitian gevier het. Dit moes Johannes bygeval het dat, op dieselfde dag waarop die hele wêreld ‘n wederregtelike, wrede menslike heerser aanbid, die Ware Heerser in die verlate plek waarheen Johannes verban was, getreë het en Homself in al Sy glorie aan hom geopenbaar het.’

Renner sê dat die Openbaring van Johannes gegee was op die ‘Keiser se dag’, wat die eerste dag van elk van die Romeinse maande was. Daar is een kans in sewe dat hierdie dag ook op ‘n Sondag geval het. Ons kan nie met sekerheid sê nie, maar Renner maak dit duidelik dat ‘die Here se dag’ ‘n term was waarop die Christene beslag gelê het vir hul eie gebruik en toepassing. Met ander woorde, die vroeë kerk het nie die term gebruik om die vergoddelikte Keiser te eer nie, maar om Jesus Christus te eer as Koning van konings en Heer van here (Openbaring 19:16).

Die Kerk se Gebruik van die Term

Binne ‘n generasie ná Johannes se publikasie van die boek Openbaring, het die nuwe kerke die terminologie gebruik en ‘die Here se dag’ toegepas op hulle nuwe Sabbat - Sondag - of ‘die eerste dag van die week’

Byvoorbeeld: Ignatius van Antiogië, wat vir dekades onder Johannes se bediening gedien het en Johannes oorleef het met ongeveer tien jaar, het volgens Ante-Nicene Fathers, Vol. 1, pp. 62, 63 ‘n brief aan die Magnesiërs geskryf en daarin gesê:

‘Let us therefore no longer keep the Sabbath after the Jewish manner, and rejoice in days of idleness ... But let every one of you keep the Sabbath after a spiritual manner, rejoicing in meditation on the law ... And after the observance of the Sabbath, let every friend of Christ keep the Lord’s Day as a fesival, the resurrection-day, the queen and chief of all the days [of the week].’

Vertaal uit Engels:

‘Laat ons daarom nie langer die Sabbat vier volgens die Joodse manier nie, en verheug in dae van ledigheid nie ... Maar laat elkeen van julle die Sabbat onderhou op ‘n geestelike manier, verheug in meditasie oor die wet ... En na onderhouding van die Sabbat, laat elke vriend van Christus die Here se dag as ‘n feesdag vier, van die opstanding, die koningin en hoof van al die dae [van die week].’

In ‘n ander brief skryf Ignatius volgens Ante-Nicene Fathers, Vol. 1, p. 70 aan die Trallianers,

‘On the day of the perparation, then, at the third hour, He received the sentence of death from Pilate, the Father permitting that to happen; at the sixth hour He was crucified; at the ninth hour He gave up the ghost; and before sunset He was buried. During the Sabbath He continued under the earth in the tomb in which Joseph of Arimathea had laid Him. At the dawning of the Lord’s Day He arose from the dead, according to what was spoken by Himself ... The day of the preparation, then, comprises the passion; the Sabbath embraces the burial; the Lord’s Day contains the resurrection.’

Vertaal uit Engels:

‘Op die dag van voorbereiding, teen die derde uur, het Hy toe die doodsvonnis ontvang van Pilatus, omdat die Vader dit toegelaat het; teen die sesde uur is Hy gekruisig; teen die negende uur het Hy die gees gegee; en voor sononder is Hy begrawe. Gedurende die Sabbat het hy ondergronds gebly in die graf waarin Josef van Arimathea Hom neergelê het. Teen aanbreek van die Here se Dag het Hy uit die dood opgestaan, volgens die woorde wat Hyself gespreek het ... Die dag van voorbereiding behels dus die kruisiging, die Sabbat omsluit die begrafnis; op die Here se Dag is die opstanding.’

Hy identifiseer ‘die Here se dag’ as die dag van Christus se opstanding. Dit is nie bekend presies wanneer hy hierdie briewe geskryf het nie, maar dit is geskryf lank voor sy martelaarskap in 113 n.C. Dit is heeltemal moontlik dat hy dit geskryf het terwyl Johannes, wat sy mentor was, nog geleef het - dit is voor 100 n.C. Dus is dit onwaarskynlik dat sy definisie van ‘die Here se dag’ sou verskil van Johannes se leerstellings - die apostel waaronder hy as biskop onderworpe was.

Ignatius was as kind van ongeveer drie jaar oud, een van 500 getuies wat die opstanding van Christus waargeneem het. Hy het Johannes vir baie dekades persoonlik geken, aangesien hy en Polikarpus dissipels van Johannes was. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat hy ‘die Here se dag’ sou definieer op ‘n manier wat Johannes sou afkeur.

My gevolgtrekking is dus as volg: Daar is ‘n verskil tussen ‘die dag van die Here’ en ‘die Here se dag’. Hoewel die frases soortgelyk voorkom, verskil die aanwending heeltemal van mekaar. ‘Die dag van die Here’ soos gebruik in die Ou Testament, het nie van die Romeinse Keiser geweet nie en die frase is aangewend as ‘n waarskuwing van dreigende oordeel. Die Nuwe Testament en vroeë kerk gebruik ‘die Here se dag’ om die eerste dag van die week waarop Jesus (die Christen Koning/Keiser) uit die dood opgestaan het te vier.

Vroeë Kerk Byeenkomste op Sondag

In Handelinge 20:7 het Paulus byeengekom om saam met die gelowiges ‘brood te breek’ op ‘die eerste dag van die week’ - dit veronderstel die normale dag van samekoms vir nagmaal. In 1 Korintiërs 16:2 het Paulus die kerk opdrag gegee om gawes op ‘elke eerste dag van die week’ eenkant te sit. Baie kundiges reken dat dit niks beteken nie, maar dit ondersteun wel die idee dat gelowiges op dié dag byeengekom het en dat gawes ook dan gevorder was. Wat meer is, Paulus maak nooit melding van enige ander dag van die week soos byvoorbeeld die tweede of derde dag nie.

The Didache of ‘die Here se leringe’ (deur die Apostels), word dateer as 65 n.C. op die vroegste, hoewel party kundiges dit plaas aan die einde van die eerste eeu, selfs vroeg in die tweede eeu. Dit is een van die vroegste kerk-dokumente naas die Nuwe Testament. In hoofstuk 14 daarvan lees ons die volgende:

‘On the Lord’s day of the Lord, gather together and break bread and give thanks, adding confession to your sins, that your sacrifice may be pure.’

Vertaal uit Engels:

‘Op die Here se dag van die Here, vergader en breek brood en wees dankbaar, lê belydenis van julle sondes af, sodat julle offers suiwer kan wees.’

Dit impliseer dat die algemene gebruik van die ‘dag van die Here’ (hulle ‘Sondag’ of ‘Dag van die Son’) vooruitgeloop was deur die Christene en hul eie Sondag byeenkomste. Dus was dit nie meer die Romeine se ‘dag van die Here’ nie, maar eerder ons eie Here se ‘dag van die Here’. Met ander woorde, die Romeine en Christene het dieselfde dag ‘die dag van die Here’ genoem, maar vir verskillende redes. Die Romeine het die son vereer, terwyl die Christene Jesus Christus, die Seun van Geregtighed vereer, wat uit die dood opgestaan het met genesing ‘onder Sy vleuels’ (Maleagi 4:2).

Ons weet uit The Didache soos vroeër aangehaal, dat ‘die Here se dag van die Here’ ‘n term was wat in gebruik was meer as twee dekades voor Johannes van ‘die Here se dag’ melding gemaak het in Openbaring 1:10. Ons weet ook dat die vroeë kerk nie die term aangewend het om die Keiser te vereer nie, maar wel tot eer van Jesus Christus as Koning van konings en Heer van here.

Teen die middel van die tweede eeu het Justin Martyr die volgende in Ante-Nicene Fathers, Vol. 1,186 geskryf aangaande die kerk se gebruike, asof dit normaal was om op Sondag byeen te kom:

‘And on the day called Sunday, all who live in cities or in the country gather together to one place, and the memoirs of the apostles or the wrintings of the prophets are read, as long as time permits.’

Vertaal uit Engels:

‘En op die dag genaamd Sondag, kom almal wat in die stede en die land woon op een plek bymekaar, dan word die handelinge van die apostels of die Geskrifte van die profete voorgelees, so lank as wat tyd toelaat.’

Hy vertel ons weer van die gewone gebruik van sy tyd, wanneer hy sê (Ante-Nicene Fathers, Vol. 1,186):

‘But Sunday is the day on which we all hold our common assembly, because it is the first day on which God, having wrought a change in the darkness and matter, made the world; and Jesus Christ our Saviour on the same day rose from the dead. For He was crucified on the day before Saturn [Saturday]; and on the day after that of Saturn, which is the day of the Sun, having appeared to His apostles and disciples, He taught them these things, which have submitted to you also for your consideration.’

’ Vertaal uit Engels:

‘Maar Sondag is die dag waarop almal die algemene vergadering hou, omdat dit die eerste dag is waarop God, toe Hy ‘n verandering in materie en die duisternis teweeggebring het, die wêreld geskape het; en Jesus Christus ons Verlosser op dieselfde dag uit die dood opgestaan het. Want Hy is gekruisig op die dag voor Saturnus [Saterdag]; en op die dag ná Saturnus, wat die dag van die Son is, nadat Hy aan Sy apostels en dissipels verskyn het, het Hy hulle hierdie dinge geleer wat ook aan julle gebied is vir julle oorweging.

Mens sou natuurlik kon argumenteer dat Ignatius, Justin en al die ander kerkleiers wat gedurende hierdie tydperk geskryf het, verkeerd was in hul siening met betrekking tot byeenkomste op Sondae. Party bied selfs hul skrywes aan as bewyse teen afvalligheid of afgodery. Om egter hul geskrifte as kwaadaardig te verwerp sou ook Johannes self ondermyn, want Ignatius het geskryf terwyl hy onder sy onderrig was. Daar bestaan geen bewyse dat Johannes enige poging aangewend het om die algemene gebruik van byeenkoms op Sondag te verander nie.

Dit is dus onwaarskynlik dat Ignatius verkeerd sou wees, aangesien hy vir ‘n lang tyd ‘n dissipel van Johannes was. Johannes berispe ook nie enige van die sewe gemeentes oor Sondag-byeenkomste nie, maar sê dat hy ‘in die Gees’ was op ‘die dag van die Here’. Hy het die algemene term van sy tyd met betrekking tot Sondag of die eerste dag van die week gebruik.

Daar bestaan baie sulke verwysings in vroeë kerkgeskrifte, met geen bewyse teen die gebruik nie. Toe die Rooms-Katolieke Kerk dus aanspraak maak daarop dat hulle die dag van Saterdag na Sondag verander het, bedoel hulle nie dat ‘n vierde-eeuse Pous die verandering gemaak het nie. Hulle stel dat die apostels die verandering gemaak het - natuurlik met aandrang daarop dat Petrus hul eerste pous was. Dit is natuurlik, soos ons weet ‘n halwe waarheid, aangesien daar geen bewyse bestaan dat Petrus op sy eie besluit het om Sondag as die dag van aanbidding aan te neem, of dat hy die apostels opdrag gegee het wat om te doen nie. Dit was inderdaad Johannes wat van ‘die dag van die Here’ gepraat het, nie Petrus nie.

Verder maak Petrus se bediening aan die ‘besnydes’ en sy neiging om Joodse Christene te paai (Galasiërs 2:11), dit hoogs onwaarskynlik dat hy vir die instelling verantwoordelik was.

Ander veronderstel dat die Romeinse keiser Konstantyn die dag verander het deur ‘n bevel op 7 Maart, 321 A.D. Sy bevel het egter niks verander nie, dit het slegs die dag waarop die kerk reeds vir eeue byeengekom het, wettig verklaar. Hierdie bevel lees as volg:

‘All judges, the inhabitants of cities and those concerned in the occupations of all trades shall rest on the honorable day of the sun. Pheasants, however, shall be free and unhindered in the cultivation of the field, because it often happens that no other day is so fit for sowing corn or planting vines, lest the critical moment being let slip, men should lose the commodities granted them by the providence of heaven.’

Vertaal uit Engels:

‘Alle regters, inwoners van stede en almal betrokke in beroepe met betrekking tot handel, sal rus op die eerbare dag van die son. Boere is vry om onverhinder in die verbouing van lande voort te gaan, aangesien daar dikwels geen beter dag is vir die saai van mielies en plant van wingerde nie, ingeval mens die toegestaande kommoditeite van voorsiennigheid verbeur.

Eusebius sê Konstantyn se lyfwagte het hom vereer, nie omdat hy die heidense ‘dag van die son’ vereer het nie, maar omdat hy sy Christen-soldate toegelaat het om die dag te vier deur ‘n Christen-kerk by te woon op Sondag.

In werklikheid is die sinode van Elvira in Spanje gehou in 306 n.C., gedurende die Diocletiaanse vervolging, ten einde ‘n kerklike uitspraak te lewer wat die tydsduur wat ‘n Christen op Sondag in die kerk spandeer vas te stel. Dit het Christene gedreig met ekskommunikasie vir dié wat kerk drie keer in ‘n ry nie bywoon nie. Hierdie uitspraak is later uitgebrei en deur Justinianus gedurende die sesde eeu in die Romeinse wetstelsel opgeneem toe burgerlike wette gedreig het met wetlike strawwe indien kerk nie bygwoon was nie. Kanonieke reg het toe plaaswerk, hofsittings, publieke byeenkomste, jag en markte verbied en reis op Sondae beperk. Konstantyn se bevel in 321 n.C. het later duidelik min of geen presedent gestel vir kanokieke wet nie.

Om te sê dat Konstantyn Christene (of enigiemand anders) forseer het om op Sondae te aanbid, is dus ongegrond. Daar bestaan baie vroeë-kerk dokumentasie (so vroeg soos die Apostel Johannes in die geval van Ignatius), wat aandui dat Christene op Sondae, wat hulle ‘die Here se dag’ genoem het, byeen gekom het.