God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 5: Onthulling van Christus in die Geskiedenis

Die eerste vyf hoofstukke van die boek van Openbaring is nie histories nie, maar inleidend. Die laaste twee hoofstukke is ook nie histories nie, maar vorm ‘n slot of gevolgtrekking. Dit beteken egter nie dat dit geen historiese fondasie het nie of dat die tonele daarin onwerklik is nie, maar eerder dat dit visioenêr is.

Verder is die tweede en derde hoofstukke (boodskappe aan die sewe gemeentes van Asië) profeties van die tydperke van die kerk. Dus vorm dit ‘n opsomming van die kerkgeskiedenis vanaf die eerste eeu tot op hede. Hierdie hoofstukke rakende die kerkgeskiedenis word onderbreek deur ‘n visioen van die Troon, waar Johannes ‘die einde van die begin af sien’.

Ontsluiering Neem Tyd

Openbaring 1:1-2 sê:

1 The revelation of Jesus Christ, which God gave Him to show to His bond-servants, the things which must soon take place; and He sent and communicated it by His angel to His bond-servant John, 2 who testified [bore witness] to the word of God and to the testimony of Jesus Christ, even to all that he saw.

1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het. 2 Wat getuig het [waargeneem het en daarom getuienis kan lewer] van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus - alles wat hy gesien het.

Soos vroeër verduidelik, is dit ‘n openbaring van Jesus Christus - dit het egter ‘n dubbele betekenis: Terwyl Jesus Christus self geopenbaar word, openbaar Jesus Christus ook profetiese waarheid aan Sy mense. Die historiese gebeure wat geopenbaar word, bied ons weer die progressiewe openbaring van Jesus Christus self.

Op persoonlike vlak moet die vlees oopgeskeur word om die heerlikheid van God wat in die gelowige is te openbaar. Hebreërs 10:20 sê dat Jesus die allerheiligste binnegegaan het deur ‘die voorhangsel heen, dit is Sy vlees,’. Sy vlees het die heerlikheid van God versluier gedurende Sy hele bediening op aarde, behalwe vir ‘n kort rukkie op die Berg toe Hy voor hulle ‘van gedaante verander’ het. So is dit ook met ons. Ons vlees moet oorkom word ‘doodgaan/oopskeur’ sodat dit Christus in ons kan openbaar.

Hierdie proses van openbaring neem tyd. Geen gelowige word dadelik ‘n oorwinnaar nie. Die vlees word stukkie vir stukkie oopgeskeur oor ‘n tydperk, terwyl God in ons ‘werk’ om die afgode van ons harte te oorwin. Dit is die doel van Pinkster, ons tydperk in die wildernis wat ons lei na die Loofhutte-ondervinding wanneer ons ons gedeelte van die erflating in die Beloofde Land ontvang.

Dit is dieselfde met vleeslike nasies. Nasies word ook nie oorwin sodat dit onmiddelik onder die voete van Christus kom nie. Hebreërs 2:8 sê,

1 You have put all things in subjection under His feet. For in subjecting all things to Him, He left nothing that is not subjected to Him. But now we do not yet see all things subjected to Him.

1 Alle dinge het U onder sy voete onderwerp. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie;

Christus se dood, opstanding en hemelvaart waarborg dat alle dinge aan sy heerskappy onderwerp sal word met geen uitsondering, behalwe die Vader self nie (1Korintiërs 15:28). Dit neem egter tyd - tyd is geskiedenis. Geskiedenis is die uitwerking van Profesie. Dus is die openbaring van Jesus Christus in mense en nasies nie oombliklik nie - dit werk uit deur ‘n historiese progressie van tyd.

Ontsluiering AAN ONS - IN ONS

Die doel van die boek Openbaring is dus tweevoudig. Eerstens openbaar dit Christus self aan ons persoonlik en ook aan die nasies van die wêreld. Tweedens openbaar dit Christus in ons en in die nasies. Namate Christus aan ons openbaar word in die geskiedenis, kom Hy tevoorskyn vanuit ons ook, tot die hoogtepunt van openbaring - die openbaring van die Seuns van God aan die res van die wêreld.

Hierdie twee aspekte van Sy koms word eenvoudig verduidelik in Paulus se tweede brief aan die Tessalonisense. Hy verduidelik eers Christus se koms op historiese vlak, waar Hy aan die wêreld openbaar word in 2 Tessalonisense 1:7-8:

7 and to give relief to you who are afflicted; and to us as well, when the Lord Jesus shall be revealed [apokalupsis ‘unveiled’] from heaven with His mighty angels in flaming fire.

7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring [apokalupsis ‘ontsluier’] van die Here Jesus uit die hemel met Sy magtige engele 8 in vuur en vlam ...

Dan verduidelik Paulus byna onmiddelik van die openbaring in ons. 2 Tessalonisense 1:10:

10 when He comes to be glorified in His saints on that day, and to be marveled at among all who have believed - for our testimony to you was believed.

10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.

Dit beeld die openbaring van die Seuns van God uit, wanneer Christus verheerlik word ‘in sy heiliges’ wat ‘bewonder’ word deur almal. Dus vind die twee geleenthede, die een histories en die ander persoonlik, op dieselfde tyd plaas - ‘in daardie dag’. Daar is baie aan wie nie verduidelik is hoe die Seuns van God aan die wêreld openbaar sal word nie, want hierdie waarheid word meestel verberg deur die leerstelling van die wegraping.

Die Wegrapingsleerstelling, wat ontwikkel is met geen kennis van die Loofhuttefees nie, stel voor dat die heiliges weggeraap sal word na die hemel eerder as wat hulle op aarde manifesteer sal word. As hulle die Loofhuttefees verstaan het, sou hulle verstaan het dat die ‘wegraping’ op die agtste dag van die fees gaan plaasvind, wanneer die Seuns van God verheerlik sal word.

Vir ‘n meer gedetailleerde studie van die Loofhuttefees (Fees van Tabernakels) sien my boek The Rapture in the Light of Tabernacles.

Die Diensknegte

Openbaring 1:1 identifiseer Johannes as ‘n ‘dienskneg’ en verklaar dat die boodskap aan ‘Sy diensknegte’ getoon moes word. Die idee van diensknegte of slawe en slavinne moet nie deur Griekse lense gesien word nie, maar vanuit ‘n Hebreeuse perspektief. Paulus het homself ook ‘n dienskneg genoem in Romeine 1:1. Waarom sou Paulus en Johannes hierdie posisie verkies? Waarom noem hulle hulself nie ‘vriende’ of ‘seuns’ van Christus nie? Jesus sê in Johannes 15:15,

15 No longer do I call you slaves, for the slave does not know what his master is doing; but I have called you friends, for all things that I have heard from My Father I have made known to you.

15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Verder lees ons in Johannes 8:34-36:

34 Jesus answered them, ‘Truly, truly, I say to you everyone who commits sin is the slave of sin. 35 And the slave does not remain in the house forever; the son does remain forever. 36 If therefore the Son shall make you free, you shall be free indeed.

34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n slaaf is van die sonde. 35 En die slaaf bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. 36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

‘n Slawemeester het altyd die reg behou om sy slawe vry te laat as hy dit sou verkies. Met ander woorde: om ‘n dienskneg of slaaf te wees, was nie noodwendig ‘n permanente posisie nie. Die Goddelike wet gaan egter verder as net die vrylating van ‘n slaaf. Die vrygelate slaaf het die opsie gehad om na sy familie se eiendom terug te keer, óf hy kon kies om na sy meester terug te keer as ewige dienskneg. Eksodus 21:5-6 sê:

5 But if the slave plainly says, ‘I love my master, my wife, and my children; I will not go out as a free man,’ 6 then his master shall bring him to God; then he shall bring him to the door or to the doorpost. And his master shall pierce his ear with an awl; and he shall serve him permanently.

5 Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my heer, my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie - 6 dan moet sy heer hom na die owerhede bring en hom by die deur of die deurpos bring; en sy heer moet sy oor met ‘n els deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.

Geen slaaf sal begeer om permanent ‘n dienskneg te word tensy hy sy meester liefhet nie. Dit is duidelik dat Bybelse slawerny nie ‘n lisensie vir mishandeling is nie (Eksodus 21:26-27). Die Bybel gee aan geen slawemeester mag oor die lewe of dood van enige slaaf nie (Eksodus 21:20). Dus stel die Bybel die ondenkbare (sover die mens se idee van slawerny betref) - dat ‘n slaaf sy meester sal liefhê en by hom sal wil bly as permanente slaaf.

Sulke diensknegte moes hul ore laat open deur hul oorlel te deurboor met ‘n els. Dit profeteer daarvan dat die dienskneg sy meester se woorde geestelik gehoor het en met die woorde saamstem. Terwyl hy moontlik begin het as onwillige dienskneg, deur wetgewing gedwing om sy meester te dien as gevolg van een of ander skuld (oortreding/sonde), het hy later geleer om sy meester lief te hê en hom begin dien uit liefde eerder as onder dwang.

Dawid het dieselfde omtrent homself gesê - hy het homself as dienskneg geag wat sy Meester lief gehad het. In Psalm 40:7-9 skryf hy:

6 Sacrifice and meal offering Thou hast not desired; My ears You have opened; burnt offering and sin offering You have not required. 7 Then I said, ‘Behold, I come; in the scroll of the book it is written of me; 8 I delight to do Your will, O my God; Your Law is written within my heart.’

7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie. 8 Toe het ek gesê: Kyk ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrewe. 9 Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande.

Dit beeld ‘n dienskneg uit wat vrywillig na sy meester terugkeer, nie onder dwang van ‘n uitwendige wet nie, maar omdat die wet ‘binne-in’ sy ingewande (hart) is. Hy keer terug omdat sy geestlike ore geopen is, sodat hy die stem van sy Meester kan hoor. In Hebreërs 10:5-9 word hierdie gedeelte op Jesus self toegepas, wat dieselfde posisie ingeneem het, al is Hy die Seun van God genoem.

Met ander woorde: hierdie tipe dienskneg is die wettige ekwivalent van ‘n ‘seun’ en ook ‘vriend’ wat sy meester liefhet. Hierdie posisie word bereik wanneer mens van gehoorsaamheid vorder na instemming en van vrees na liefde. Wanneer ‘n dienskneg instem of te wel met sy meester saamstem, word hy sy meester se dubbelgetuie. Die dienskneg sê slegs wat hy sy meester hoor sê en doen slegs wat hy sy meester sien doen. Dit is die aard van instemming en die rede waarom Johannes homself ‘dienskneg’ noem wat die openbaring van Jesus Christus aangaande die woord van God ‘te kenne gee’.

Beide Johannes en Paulus het die vlees oorkom tot die punt waar hulle vrywillig diensknegte van Jesus Christus geword het. Hulle het Hom lief gehad en met Sy Wet saamgestem. Daarom sê Paulus in Romeine 7:16 ‘dan stem ek die wet toe dat dit goed is’. Hy sê verder in Romeine 7:26 ‘so dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God’.

Paulus se getuienis is ewe van toepassing op Johannes, wat die dissipel was wat Jesus liewer gehad het as enige van die ander. Wettig gesproke was hy ‘n vrywillige dienskneg van Jesus Christus, maar as gevolg van sy liefde en instemming, is Johannes bevorder na ‘vriend’ en ‘seun’.

Die Getal 14

Wanneer Johannes die Hebreeuse konsep van ‘n dienskneg aan ons voorhou, word die belangrikheid daarvan deur getalle ondersteun. Die Griekse woord doulos (dienskneg) word veertien keer in die boek Openbaring gebruik (Openbaring 1:1 [2 keer]; 2:20; 6:15; 7:3; 10:7; 11:18; 13:16; 15:3; 19:5; 19:18; 22:3; 22:6).

Veertien is die Bybelse getal wat ‘verlossing’ of ‘vrylating’ verteenwoordig. Om hierdie rede is Israel ‘verlos’ uit slawerny in Egipte op die veertiende dag van die eerste maand (Paasfees). In die boek Openbaring is die diensknegte van Christus dié wat vrygelaat is, maar wat vrywillig terugkeer om permanente slawe van die Meester te word, omdat hulle Hom liefhet. Hulle keer terug as ‘vriende’ en is vereerde ‘seuns’, want dié wat deur die Seun vrygespreek word is ‘waarlik vry’ (Johannes 8:36).

Sodra ons die wet van vrywillige diensknegte verstaan, en insien hoe Jesus Sy dissipels vrygespreek het met die heerlike vyheid van die seuns van God, kan ons ook die term ‘waarlik vry’ verstaan.

My vriend Mark, wat vir baie jare Grieks bestudeer het, het my vertel wat die term doulos letterlik beteken - ‘om ‘n mens se wil te laat ingesluk deur die wil van ‘n ander’. Dit is wat gebeur wanneer ‘n vrywillige dienskneg tot volkome instemming met die wil van sy Meester kom. So ‘n eenheid is die volle uitwerking van goddelike liefde. Markus het eens die vraag gevra: ‘Wat is die perfekte uitbeelding van die Vader se liefde?’ Sy antwoord was: ‘Agapé-liefde word uitgebeeld deur die dienskneg’.

Daarom gebruik Johannes die term doulos veertien keer om aan ons te verduidelik dat hierdie nie sommer enige diensknegte is nie, maar vrywillige diensknegte wat teruggekeer het as vriende en seuns van God.

Die Memra van God

Die boek Openbaring is ‘n verlenging van Daniël, maar ook ‘n vervolg op die Evangelie van Johannes. Die inleiding van die boek Openbaring, met die klem op die konsep van ‘n slaaf is soortgelyk aan die inleiding van die evangelie van Johannes, waar Christus voorgestel word as die Logos – ‘die Woord’.

Geen vertaling druk die Hebreeuse konsep van die Logos voldoende uit nie. Dit is die ekwivalent van Memra (Hebreeus), wat ek verduidelik in die laaste hoofstuk van my boek Dr. Luke, Healing the Breaches, Book 1. Die Memra is die top posisie bo gewone rabbi’s en selfs bo rabbi’s ‘met gesag’. Dit was ‘n Messiaanse term wat ‘n rabbi met outoriteit beskryf het wat so perfek was dat sy lewe die vervulling van die wet was. Hy was dus die woord in vlees - die lewende woord, wat die woord geopenbaar het in alles wat hy gesê en gedoen het.

Die Joodse Ensiklopedie sê vir ons dat Memra die ekwivalent van die Griekse woord Logos is. Dit verduidelik verder dat ‘Memra die fondasies van die aarde gelê’ het (Targ. Isa. xlviii. 13) Die Memra is ‘die verterende vuur’ en Shekinah - manifestasie van God.

Dalk is die mees betekenisvolle beskrywing van Memra in die Joodse Ensiklopedie (vir ons doel voor oë) die volgende stelling:

‘My Memra shall be unto you like a good plowman who takes off the yoke from the shoulder of the oxen.’

Vertaal uit Engels:

‘My Memra sal vir jou wees soos ‘n genadige ploeër wat die juk van die skouers van die osse afhaal.’

Die beeldspraak hierin wys dat die Memra geroep is om die slawe te bevry. Dít is wat Jesus gedoen het toe Hy Sy dissipels vrygespreek het. Dit is die krag agter die titel ‘slaaf’ of dienskneg wat deur Paulus en Johannes gebruik word.

Effektief het die Memra gekom om ons te seën deur die diensknegte van God in slawe van liefde te verander. Hulle is die geseëndes wat die boek Openbaring met insig lees, sodat hulle in ooreenstemming kan kom met die denkwyse van Christus.

Die geseëndes

Openbaring 1:3 is die finale vers van die inleiding van die boek Openbaring:

3 Blessed is he who reads and those who hear the words of the prophecy, and heed the things which are written in it; for the time is near.

3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Die woord ‘salig’ (geseënd) is vertaal van makarios af. Dit is die woord wat in die Saligsprekinge gebruik word om iemand te beskryf wat ‘n geseënde lewe leef. Dit is nie dieselfde as die aksie om iemand of iets te seën nie - daarvoor word die woord eulogio gebruik, soos in Matteus 14:19 toe Jesus die brood geseën het.

Die Septuagint wys dat die Griekse woord makarios die ekwivalent van die Hebreeuse woord asir of asher is. Asher is die naam van een van Jakob se seuns, want met sy geboorte het sy moeder haarself as ‘gelukkig’ of ‘geseënd’ geag. Dit is die eerste woord van die eerste Psalm: ‘Welgeluksalig is die man...’ Die woord beskryf die kondisie van iemand wat in die vreugde van die Here wandel. Dit beskryf die staat van ‘n vrywillige, permanente slaaf.

Dus gebruik Johannes die woord makarios om die kondisie te beskryf van die mense wat die boek Openbaring lees. Dit bring ongetwyfeld ‘n glimlag van ongeloof op baie gesigte. Meeste mense word ontmoedig wanneer hulle dit lees, want hulle ‘hoor’ nie wat hulle lees nie. Sonder die openbaring van die Heilige Gees, bly hierdie boek verseël, al het Johannes die oopbreek van die seëls waargeneem.

Lees, Hoor en Let op

Johannes se opdrag is lees, hoor en let op die inhoud van die boek. Dit is volgens die Hebreeuse konsep waar gehoor en gehoorsaamheid van dieselfde woord - shema kom. Met ander woorde: wanneer iemand bevestig dat hulle iets gehoor het, maar daarin faal om op ‘n sekere manier op te tree, beteken dit dat hulle nie werklik ‘gehoor’ het nie. ‘Gehoor’ is meer as om met jou ore te hoor. Dit sluit ‘n reaksie ook in - soos verduidelik in die evangelie van Jakobus (James). Hy sê in Jakobus 1:22:

22 But prove yourselves doers of the word, and not merely hearers who delude themselves.

22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

Jakobus 2:17-18 sê ook:

17 Even so faith, if it has no works, is dead, being by itself. 18 But someone may well say, ‘You have faith, and I have works; show me your faith without the works, and I will show you my faith by my works’.

17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. 18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.

Geloof kom van gehoor (Romeine 10:17), maar die Hebreeuse konsep van gehoor sluit ‘n reaksie in - net die dooies reageer nie. Daarvolgens verduidelik Johannes die staat van ‘n geseënde mens wat lees, hoor en oplet. Dus moet ons op die uitkyk wees vir geleenthede om die instruksies wat ons lees op ‘n koers van positiewe aksie of werke te rig. Die sewe gemeemtes het elk ‘n spesifieke opdrag ontvang wat ‘n verandering in hul harte vereis het, wat weer ‘n verandering in hul optrede of dade moes veroorsaak.

In werklikheid het selfs die historiese profesië in die Bybel die krag om ons optrede te verander. Om hierdie rede sluit die goddelike oordele soos beskryf in hierdie boek (Openbaring) ook ‘n oproep tot bekering in - soos ons binnekort sal sien. Ons vind dat die kerk oor die algemeen ongelukkig geweier het om te bekeer, ten spyte van die openbaring in hoofstuk nege van Islam wat tot mag kom. Hulle besef nie dat God Islam opgewek het om hulle vir hul eie oortredings te straf nie. Openbaring 9:21 sê:

21 and they did not repent of their murders nor of their sorceries nor of their immorality nor of their thefts.

21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

Daar is ‘n spreekwoord wat lui: ‘Dié wat nie die geskiedenis ken nie, is verdoem om dit te herhaal.’ Die boek Openbaring profeteer die geskiedenis van die kerk, sodat die geseënde mens kan lees, hoor en oplet. Geskiedenis is inderdaad eintlik God se verhaal. Ons behoort te erken dat Hy die outeur van geskiedenis is en dat geskiedenis ‘n verslag is van die progressie van God se Koninkryk. Wanneer ons die profesie van geskiedenis ‘hoor’, kan ons óf gereed maak vir die toekoms óf leer uit die verlede, afhangend van die tyd waarin ons leef.

Dinge wat Binnekort Moet Gebeur

Johannes sê in die eerste vers dat hy dinge ‘wat gou moet gebeur’ gesien het. Dit is ‘n verwysing na historiese gebeure waarvan in die boek self melding gemaak word. Die Griekse woord vir ‘gou’ is takhos, wat ‘spoed’ of ‘vinnig’ beteken. Jakobus 1:19 gebruik dieselfde term wanneer hy sê elke mens moet ‘gou wees om te hoor’.

Die woord impliseer dat die boodskap van die boek Openbaring iets is wat vroeër volbring sal word, eerder as later. Die woord pas die historikus se siening beter as dié van die futuris, wat die gebeure in die verre toekoms plaas. Die tyd is egter onbepaald en God se ‘gou’ kom nie ooreen met ons sterflike perspektief van tyd nie. Dus kan ons die aangeleentheid nie te veel druk nie. Vir die term om egter enige betekenis te hê vir iemand wat Johannes se belydenis aanhoor, blyk dit dat die gebeure in aanvang sou neem in Johannes se dae of kort daarna.