God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 13: Smirna (64 - 313 A. D.)

Smirna is ongeveer 35 myl Noord van Efese geleë, teen die hoofpad tussen die hawe van Efese en die regeringsetel in Pergamus. Dus was dit altyd ‘n belangrike oorstaanplek vir beamptes wat hierdie reis onderneem het. Smirna was ook ‘n pragtige hawestad, maar die meeste hoogwaardigheids-bekleërs het verkies om deur Efese in Klein Asië te arriveer.

Terwyl Efese se hoofaanbiddingsentrum die tempel van Artemis was, was Smirna se hoof-aanbiddingsentrum die tempel van die godin Cybele. Dit was teen die voet van die berg Pagos, net onder die vesting bekend as ‘Die Kroon van Cybele’ wat op die kruin geleë was. Gesien van die hawe se kant af, was die berg beskou as die ‘kop’ van Cybele, gekroon met die vesting en met die ‘Straat van Goud’ as halsnoer om die ‘nek’. Cybele se halsnoer van marmer kolomme het van Oos na Wes om die tempel van Zeus na die tempel van Cybele gelei.

Die ander hoofpad wat die ‘Straat van Goud’ gekruis het, was die ‘Heilige Weg’ wat by die hawe begin het en Suid teen die gradiënt opgelei het na die vesting self. Al met hierdie straat langs was daar ‘n magdom ander bedevaartplekke, altare en tempels asook ‘n groot aantal winkels.

Die Stadion en die Teater het die naaste aan die versting gestaan aan die bopunt van die berg Pagos. Die Teater was die eerste van sy soort in die gebied en die beskermgod daarvan was Dionysus, die god van wyn, geselligheid en losbandigheid. Dionysus was ook die beskermgod van die toneelspelers. Die Stadion, een van die grootstes in Klein Asië het sitplek gehad vir 30 000 mense. Dit was die agtergrond vir bloedbaddens waar baie Christene gedood of aan wilde diere gevoer was. Polikarpus was die mees bekende Christen wat in hierdie Stadion vermoor is in 155 v.C.

Smirna was geleë aan die einde van die langste pad in die wêreld, wat die stede van Ninivé en Babilon verbind het en uiteindelik in Susa of Shushan die hoofstad van Persië doodgeloop het. Hierdie 1 500-myl lange hoofpad was bekend as die ‘Koninklike Weg’, omdat die koning van Persië dit in die vyfde eeu voor Christus bevonds het. Handelaars vanuit die Ooste het deurlopend hierdie drie-maande lange reis onderneem om hul ware, wat moeilik bekombaar was in ander dele van die ryk, te smous. Dus was die stad se markplein ‘n koper’s paradys.

Die bekende Griekse digter, Homer is in Smirna gebore en daarom het die stad geldstukke laat munt met sy beeld daarop.

In antieke tyd was Smirna ‘n vooruitstrewende stad, maar as gevolg van interne struwelinge en oorlog het die stad totaal ineen gestort in ongeveer 600 v.C. Die tempels daarvan was verlaat en het ten gronde gegaan. 300 Jaar later het Aleksander die Grote in hierdie gebied gejag en toe hy oornag het op die berg Pagos, het hy van die tweeling godinne, bekend as Nemeses gedroom. Hul name was onderskeidelik ‘Regverdige Woede’ en ‘Wraak’ en hulle het hom opdrag gegee om Smirna weer na sy voormalige glorie te herstel.

Aleksander het geglo dat die Nemeses ‘n ongewone manifestasie van die godin Cybele was. Hy het die restourasie van Smirna begin, maar omdat hy jonk oorlede is, is die taak nie afgehandel tot die regering van Lysimachus (301 - 281 v.C.) nie. Smirna was een van die eerste beplande stede in die wêreld, daarom is die strate daarvan in reguit lyne uitgelê wat mekaar kruis om ‘blokke’ te vorm.

Die Cybele-kultus

Hoewel die kultus van Cybele as een van die erkende godsdienste van die Romeine erken is in 205 v.C. het dit afstootlik gebly vir meeste van die Romeine self, omdat die rituele daarvan bloedvergieting en selfverminking ingesluit het. Rick Renner vertel vir ons in A Light in Darkness, Vol. 1, pp. 368, 369 daarvan:

‘According to one of the primary legends concerning the origin of the cult, Cybele was an offspring of Zeus who was both male and female. When Zeus saw his new child, he was horrified and ordered the male organs to be removed - transforming the creature into the female goddess Cybele.’

‘Because the act of castration was involved in the creation of Cybele, the rituals connected to this pagan worship emphasized the virtues of self-mutalation and self-castration ... A myth fundamental to Cybele worship states that Attis, a god who fell in love with Cybele, was brutally castrated and bled to death. Therefore, on March 24 of each year, the chief priestess of Cybele - who was in fact a castrated man made into a ‘priestess’ - came into the temple, slit his arms, drew blood, and offered it to Cybele in memory of Attis’ bungled castration. This annual event was called ‘The Day of Blood’.

‘For the most part, males served Cybele as eunuch-priests, called ‘galli’ ... These ‘galli’ had to emasculate themselves and then, from that point on, dress in feminine garments in order to be more closely identified with Cybele and deemed worthy to be called her ‘priestesses’.

‘Once their male organs had been removed, Cybele’s neutered ‘priestesses’ were considered a ‘third gender’ - neither male nor female. The transformation of these men into ‘galli’ was dramatic. They took female names, and their physical appearance became so feminine that they were frequently mistaken for genetically born women when they ventured beyond the pemple grounds.’

Vertaal uit Engels:

‘Volgens een van die vernaamste legendes met betrekking tot die oorsprong van die kultus, was Cybele die kind van Zeus wat beide manlik en vroulik was. Toe Zeus sy nuwe kind sien, was hy geskok en het opdrag gegee dat die manlike geslagsorgane verwyder moes word - waardeur die skepsel in die vroulike godin Cybele verander is.’

‘Omdat ontmanning deel gevorm het van die skepping van Cybele, beklemtoon deugde soos selfverminking en gewillige kastrering die rituele van hierdie heidense aanbidding... ‘n mite fundamenteel tot Cybele aanbidding vertel dat Attis, ‘n god wat verlief geraak het op Cybele, brutaal ontman is, en dood gebloei het. Daarom gaan die owerpriesteress van Cybele - wat in werklikheid ‘n gekastreerde man was - op 24 Maart van elke jaar in die tempel, sny sy arms, neem die bloed en offer dit aan Cybele ter nagedagtenis aan Attis se verbroude ontmanning. Hierdie jaarlikse gebeurtenis staan bekend as ‘Die Dag van Bloed’.’

‘Cybele word meestal deur ‘eunug-priesters’ bekend as ‘galli’, gedien... Hierdie ‘galli’ moes hulself ontman en van daardie oomblik af vroulike kleredrag dra om meer intensief met Cybele te identifiseer. Hierdeur word hulle dan ook waardig geag om haar priesteresse gemoem te word.’

‘Sodra hul manlike geslagsorgane verwyder is, is Cybele se gekastreerde ‘priesteresse’ as ‘n derde geslag gereken - nie manlik of vroulik nie. Die transformasie van hierdie ‘galli’ was dramaties. Hulle het vroulike name aangeneem en hul fisiese voorkoms het so vroulik geword dat hulle dikwels foutief as geneties vroulik aangesien is, wanneer hulle dit buite die pempel gronde gewaag het.’

Dít was die toestand van die stad toe die eerste Christene arriveer het. Onder andere was die fanatiese heidene van die stad hoogs vyandiggesind teenoor Christene wat enige plek in die Ryk, Jerusalem ingesluit, gevind kon word. Daar was in werklikheid ‘n groot Joodse gemeenskap in Smirna en hulle het verstaan hoe om die gesindheid van die stad teen die Christene te gebruik.

Die Romeinse Ryk het Judaïsme erken as ‘n gelisensieërde godsdiens ‘religio licita’, daarom het die heidene nie beswaar gemaak teen die teenwoordigheid van Joodse Sinagoges nie. Aanvanklik was Christenskap as ‘n sekte van Judaïsme beskou, wat aan Christene ‘n mate van beskerming teen Joodse vervolging verleen het. Na Paulus se eerste verdediging gedurende sy verhoor in Rome in 63 n.C., het Nero egter besef dat Christenskap apart en verskillend van Judaïsme was en dat hulle nie meer offers gemaak het nie.

Dit was ‘n vereiste dat enige godsdiens offers maak, óf aan Caesar self óf aan God namens Caesar. Judaïsme het laasgenoemde in die tempel gedoen, maar Chirstene kon nie aan enige van die twee vereistes voldoen nie. Daarom het vervolging teen Christenskap in aanvang geneem as ‘religio ellicita’, ‘n ongelisensieërde godsdiens wat nie die reg om bestaan in die Ryk geniet het nie.

Dit het Smirna selfs meer gevaarlik gemaak vir Christene, omdat hulle geen beskerming van die Romeine - nie die heidene óf die Jode, kon verwag nie. Die heidene was geinspireer deur die tweeling Nemeses van Regverdige Woede (m.a.w. godsdienstige ywer) en Wraak om die ‘ateïsiese’ Christene te vermoor wat nie hul heidense gode aanbid het nie. Die Jode was inspireer deur die Ou Verbondsyweraars van Judaïsme, wat baie soos Paulus in sy vroeër dae opgetree het. Hy beskryf homself in 1 Timoteus 1:13 as volg: ‘... ‘n lasteraar en ‘n vervolger en ‘n geweldenaar ...’

Die Griekse woord vertaal as ‘geweldenaar’ is hubristes, wat ‘sadis’ beteken. Dit vorm deel van Paulus se beskrywing van ‘n ‘verdorwe verstand’ (slegte gesindheid) in Romeine 1:30. Paulus bely dat hy motiveer was deur sadisme in sy hantering van die kerk in sy vroeër jare as godsdienstige yweraar met ‘n goeie reputasie by die tempel.

Smirna en die Bitter smaak van Mirre

Smirna is dus die kerk van martelare. Vervolging in die stad Smirna het die profetiese patroon van die Smirna kerk-tydperk in kerkgeskiedenis onder Rome van 64 - 313 n.C. ingestel. Histories het die Smirna kerk-tydperk begin toe Nero in 64 n.C. aktief die kerk begin vervolg het. Dit het uiteindelik geëindig met Konstantyn se Edik van Milan in 313 n.C., aan die einde van ‘n intense dekade van vervolging van 303 - 313 n.C.

Smirna beteken ‘mirre’, ‘n bitter kruie wat die dood verteenwoordig. Mirre is ‘n salwingsolie wat gebruik was in die voorbereiding van dooies vir begrafnis. Hoe meer dit gekneus word, hoe soeter die geur daarvan. Tertullian, ‘n Christen prokureur (145 - 202 n.C.) het in sy ‘Verskoning’, hoofstuk 50 aan die Romeinse Keiser die volgende geskryf:

‘The oftener we are mown down by you, the more in number we grow; the blood of Christians is seed.’

Vertaal uit Engels:

‘Hoe meer ons deur jou afgemaai word, hoe meer groei ons getalle; die bloed van Christene is saad.’

Dit was die geval met martelare van hierdie tydperk. Hulle is deur die volle woede van die Romeinse Ryk getref, maar hoe meer hulle vermoor is, hoe soeter was die aroma voor God en mens. Mense was verwonderd deur hul geweldige moed en het vinniger bekeer tot Christenskap as wat Rome hulle kon vermoor.

Die Boodskap

Openbaring 2:8-9 sê:

8 And to the angel of the church in Smyrna, write: The first and the last, who was dead, and has come to life, says this: 9 I know your tribulation and your poverty (but you are rich), and the blasphemy by those who say they are Jews and are not, but are a synagogue of Satan.

8 En skryf aan die leraar van die gemeente van Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het- 9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede (maar jy is ryk) en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die satan.

Christus het hierdie vervolgde kerk aangespreek deur die titel ‘die eerste en die laaste’. Dit was om hulle te herhinder dat Hy as alfa en omega (of alef en tau), vooraf alles geweet het van hulle vervolging en in beheer daarvan was. Dit is natuurlik vir dié wat vervolg word om te wonder of God van hulle vergeet het, of dat Hy beheer oor aardse gebeure verloor het. Christus se egter: ‘Ek ken jou ... verdrukking’. Christus was deeglik bewus van hulle verdrukking, daarom verseker Hy hulle dat Hy die Outeur van die geskiedenis is. Hierdie vervolging het die kerk geleentheid gegee om deel te neem aan Christus eie lyding.

Verder sê Christus dat Hy ‘dood was en lewend geword het’. Met ander woorde, omdat Hy die dood oorwin het deur daardeur te gaan, het Hy die kerk van Smirna aangemoedig om Sy voorbeeld te volg, want Hy weet dat hulle ‘n beter opstanding sal ontvang. Hebreërs 11:35 sê:

35 Women received back their dead by resurrection; and others were tortured, not accepting their release, in order that they might obtain a better resurrection.

35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry.

Dié Wat Fals Aanspraak Maak Om Jode te Wees

Toe Jesus aarde toe gekom het om die troonreg van Sy vader Dawid te eis, het die leiers van die tempel Sy aanspraak betwis. Hulle wou ‘n ander tipe messias hê, een wat teen die Romeine sou veg om hulle ‘n onafhanklike nasie te maak. Jesus het egter verstaan dat God Rome opgewek het as die Yster-Ryk soos beskryf word in Daniël 7:7. Om die mag van God te gebruik om hierdie vierde Ryk omver te werp, sou teen Sy raadsbesluit gaan - toe Hy wêreldmagte opgewek het om Juda in gevangenskap te neem gedurende die tyd van Jeremia.

Wat meer is, die godsdienstige leierskap het nie met Jesus se leerstelling saamgestem nie, want hulle het aangeleerde mensegebooie eerbiedig, waardeur hulle God verniet aanbid het (Jesaja 29:13 aangehaal in Matteus 15:7-9).

Die regmatige erfgenaam van die troon van Juda het in Sy hande die reg om ‘n Judahiet (Jood in Grieks) genoem te word. As enige man van Juda (of groep Jode) in opstand sou kom teen die koning, of na ‘n ander land sou trek om hul eie onafhanklike nasie te begin, was hulle uit ‘n wetlike oogpunt nie meer Judahiete nie. Hulle afstamming sou natuurlik nie verander nie, maar hulle sou nie meer Joodse burgers wees nie. Hulle sou ook nie status as ‘ware Jode’ kon eis vir hulle nasie nie.

Juda was die gebied en sluit alleenlik dié in wat deur die wettige koning regeer word - in hierdie geval Koning Jesus.

‘n Goeie voorbeeld is te vinde in die verhaal van Absalom se opstand teen Dawid. Toe Dawid en sy lojale volgelinge Jerusalem vir ‘n tyd lank as vlugtelinge verlaat het, sou mens kon vra watter groep werklik Judahiete was. Was dit die meerderheid van die Jode wat deur Absalom regeer was? Of was dit die klein groepie wat lojaal was teenoor Dawid? Waar was Juda uit ‘n wetlike standpunt op daardie oomblik? Was die ware Juda nie in ballingskap saam met Dawid nie?

Aangesien die Nuwe Testament-konflik eenvoudig ‘n herhaling van Absalom se wederregtelike inbesitneming van Dawid se troon was, sien ons dieselfde vraag opkom in die eerste eeu. Jesus was die wettige erfgenaam van die troon, maar Sy troon is wederregtelik deur die owerpriesters oorgeneem wat soos geestlike ‘kinders van Absalom’ opgetree het.

‘n Duisend jaar later, toe Jesus na Juda gekom het as regmatige erfgenaam van die troon van Dawid, het dié wat Sy wettige reg erken het, Judahiete (Jode) gebly, maar dié wat Hom verwerp het, het hulle reg om Jode genoem te word verloor.

Met dit ingedagte het Paulus die volgende in Romeine 2:28-29 gesê:

28 For he is not a Jew who is one outwardly; neither is circumcision that which is outward in the flesh. 29 But he is a Jew who is one inwardly; and circumcision is that which is of the heart, by the Spirit, not by the letter; and his praise [‘Judah’] is not from men, but from God .

28 Want nie hý is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof [‘Juda’] is nie uit mense nie, maar uit God.

Dié wat deur mense as Jode erken was, was nie die groep wat God as Jode erken het nie. Die opinie van mense, al is dit die opinie van die meerderheid, word altyd verkeerd bewys wanneer dit in konflik met God se waarheid staan. As ons dus na hedendaagse Jode verwys as Jode, word verstaan dat ons bloot mense se definisie van die term tegemoetkom. Met Goddelike perspektief en kennis van die wet, verstaan ons dat dié wat die Koning van Juda volg ware Jode is - indien nie genealogies nie, dan beslis deur wettinge burgerskap.

In Romeine 2:29 sê Paulus dat ‘n ware Judahiet iemand is wat lof aan God bring, want Juda beteken ‘om te loof’. Die Jode in Smirna was hoegenaamd nie ware Jode nie, omdat hulle teen God gelaster het deur die Christene te vervolg. Onthou uit 1 Timoteus 1:13 dat Paulus homself as ‘n bekeerde en hervormde ‘lasteraar’ beskou het.

Johannes het dit goed verstaan. Geen genetiese verbintenis met Abraham, Isak, Jakob of Juda gee sulke Jode die God-gegewe reg om Jood genoem te word nie. Die sewe Geeste van die Here (en die verheerlikte Christus) het Johannes opdrag gegee om oor ‘dié wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan’ te skryf. Soos ons binnekort sal sien, word hierdie boodskap herhaal in die brief aan die gemeente in Filadelfia (Openbaring 3:9).

Vir ‘n volle bespreking hiervan, sien my twee boeke Who is a Jew? en Who is an Israelite?

Ons weet uit Bybelgeskiedenis dat die sogenaamde Jode die eerste vervolgers van die kerk was. Nadat baie Christene uit Judea verdryf was, het Jode uit ander stede dikwels amptelik klagtes ingedien teen Christene om te veroorsaak dat Rome hulle arresteer. Beide Johannes en Paulus was ooggetuies van hierdie gebeure en het breedvoerig oor hierdie koflik geskryf.

Dit was ook normaal vir owerhede om die eiendom van dié wat van onwettige optrede beskuldig was te konfiskeer. Daarom ken Christus die ‘armoede’ van die Smirna gemeente, tog sê Hy ‘maar jy is ryk’. Hulle was arm aan wêreldse goedere, maar ryk aan geloof, want hulle het vir hulself ‘skatte bymekaar gemaak in die hemel’ (Matteus 6:20).

Die Griekse woord vir ‘ryk’ is plousios, wat ‘geweldig vermoënd’ beteken - iemand met ‘n oorvloed van besittings en finansies. Tog het die Christene in Smirna afgryslike armoede beleef. Meeste werk in Smirna was beskikbaar slegs vir dié wat aan ‘n vakbond (gilde, of collegia) behoort het, Dié vakbonde het beheer gehad het oor spesifieke tipes werk.

Gilde het ook beskermgode and -godinne gehad, wat van hul lede offers vereis het om huldeblyk te bring aan die onderskeie heidense gode. Die Christene kon nie by gilde aansluit sonder om die betrokke beskermgode te aanbid nie. Dus het die Christene van Smirna hulself nie alleen arm nie maar ook volkome behoeftig bevind - gelykstaande aan hedendaagse haweloosheid. Christene het ook geen toevlug gehad om regsadvies of wetlike beskerming nie, omdat hulle deel gevorm het van ‘n onwettige godsdiens. Hulle was uitgesluit van voorregte en beskerming wat selfs die armste heidene toegestaan was.

Wees Getrou Tot die Dood Toe

Openbaring 2:10 sê:

10 Do not fear what you are about to suffer. Behold [idou], the devil is about to cast some of you into prison, that you may be tested, and you will have tribulation ten days. Be faithful until death, and I will give you the crown of life.

10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk [idou], die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

Rick Renner sê in A Light in Darkness. Vol. 1, bl. 442 die volgende van die Griekse woord vertaal as ‘kyk’.

‘The word ‘behold’ is the Greek word idou, a word that is very difficult to translate. The King James Version translates it as ‘behold’, but in our contemporary world, this ancient Greek word might be better rendered ‘wow!’.

Vertaal uit Engels:

‘Die woord ‘kyk’ is die Griekse woord idou, ‘n woord wat baie moeilik is om te vertaal. Die King James Version vertaal dit as ‘kyk’, maar in ons moderne wêreld sal dit beter verstaan word as ‘Sjoe!’.

Thayer se Greek Lexicon vertel ons dat idou gebruik is wanneer iets spesifiek ‘onmoontlik voorkom, maar tog gebeur’. Renner stel verder op bl. 442,

‘Although not a literal translation, it carries the idea: ‘Wow - if you could see what I see! What is about to happen to you nearly leaves Me speechless. Yes, I am the One who knows the end from the beginning - but even I am amazed to see what you are about to endure... ’

Vertaal uit Engels:

‘Hoewel nie ‘n letterlike vertaling nie, dra dit die idee van: ‘Sjoe - as jy kon sien wat Ek sien! Wat op dit punt is om met jou te gebeur laat My byna sprakeloos. Ja, Ek is die Een wat die begin van die einde kan onderskei - maar selfs Ek is verbaas om te sien wat jy binnekort moet deurstaan...’

Die mens is altyd bang vir vervolging en lyding, maar as hulle verstaan dat God met hulle is en dat die vervolging deel vorm van die goddelike plan, kan hulle troos daarin vind dat dit vir ‘n goeie doel is. Smirna word vertel dat hulle ‘getoets’ word om seker te maak dat hul geloof eg is.

Jesus het hulle meegedeel dat sommige van hulle in die tronk gegooi sou word. ‘n Romeinse tronk was ‘n aaklige plek. Gevangenes was gewoonlik met ‘n leer af laat klim tot in ‘n vensterlose vertrek en sodra die deur bo hulle gesluit is, het hulle in totale duisternis agtergebly. Daar was geen toiletgeriewe en geen kos of water nie, behalwe wat hul vriende toegelaat was om vir hulle te bring.

Mense was nooit gevonnis om vir ‘n vasgestelde tydperk tronk toe te gaan nie. Hulle was daar in afwagting om tereg gestel te word, hoewel baie gesterf het voordat dit kon gebeur. Toe die Christene in Smira dus vooraf gewaarsku was dat sommige van hulle in die tronk gegooi sou word, het hulle beslis verstaan dat sommige van hulle in ‘n verskriklike plek sou sterf en dat hul liggame saam met riool in die naby rivier gestort sou word.

Hierdie profesie is eerstens vervul in Smirna self, maar ook op ‘n groter skaal in die hele Ryk gedurende die Smirna-kerk tydperk van 64 - 313 n.C.

Verdrukking

Jesus het vir hulle in Openbaring 2:10 gesê hulle sou tien dae lank ‘verdrukking hê’. Die Griekse woord vertaal as ‘verdrukking’ is thlipsis, ‘n woord aanvanklik gebruik om die metode van teregstelling van ‘n man in vroeër dae te beskryf. Hy is op sy maag laat lê en ‘n rots is stadig op hom laat sak. Die gewig van die rots het hom stadig doodgedruk - dit is thlipsis. Dit verwys na druk wat nood veroorsaak.

Die Gees fokus op verdrukking ‘tien dae lank’ wat profeteer het van die tien afsonderlike tydperke van verdrukking wat in die tydperk van Smirna begin het.

1

Nero

67

n.C.

2

Domitianus

81

n.C.

3

Trajanus

108

n.C.

4

Marcus Aurelius Antoninus

162

n.C.

5

Severus

192

n.C.

6

Maksiminus

235

n.C.

7

Decius

249

n.C.

8

Valerianus

257

n.C.

9

Aurelianus

274

n.C.

10

Diocletianus

303

n.C.

Die finale vervolging (onder Diocletianus van 303 - 313 n.C.) het tien jaar geduur voordat dit deur Konstantyn stopgesit is. Diocletianus die Romeinse Keiser het opdrag gegee dat alle kerke verwoes en alle Bybels verbrand moes word en dat alle Christene aan die Romeinse gode moes offer. Hierdie verordeninge was geproklameer in Nicomedia, die hoofstad van die Oostelike helfte van die Ryk.

Eusebius, biskop van Caesarea in daardie dae, vertel ons dat hy baie van die martelaarskappe persoonlik in die stad Tirus aanskou het, waar mense aan die wilde diere gevoer is. Twee jaar in die vervolging in, is Diocletianus met geestesongesteldheid getref. Dit het hom in 305 n.C. tot aftrede geforseer en hy is deur Maksimian opgevolg, wat op sy beurt deur Lisinius vervang is.

In daardie dae was daar vier keisers - twee in die Ooste en twee in die Weste. Diocletianus het self vroeër in 285 n.C. die Ryk verdeel en elke helfte onder twee keisers geplaas. Die vervolgings het meestal in die Ooste plaasgevind. In die Weste het die keisers nie met die beleid van vervolging saamgestem nie, daarom het hulle minimaal vervolg bloot om die amptelike regering tevrede te hou. Konstantyn was een van hierdie Westerse keisers en namate sy mag toegeneem het, het hy ‘n einde aan vervolging gemaak in die gebied wat onder sy beheer was. Konstantyn was ‘n Britse prins - sy moeder Helen van York was ‘n sterk Christen.

Konstantyn het ‘n bevel geproklameer in 306 n.C. wat aan Christene in Spanje, Gallië en Brittanje godsdienstige verdraagsaamheid verleen het. Namate Konstantyn grondgebied verwerf het, het hy sy beleid van godsdienstige verdraagsaamheid uitgebrei tot hy uiteindelik die tydperk van vervolging totaal in 313 n.C. beëindig het nadat hy Rome ingeval het. Die einde van vervolging het ook die kerk in die Pergamus-tydperk geplaas - in ‘n nuwe situasie met nuwe uitdagings.

Die Oorwinnaars se Beloning

Openbaring 2:11 sê:

11 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. He who overcomes shall not be hurt by the second death.

11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Voorheen in vers 10, is oorwinnaars in Smirna ‘die kroon van die lewe’ belowe. Die kroon was nie ‘n waardevolle goue kroon nie, maar ‘n eenvoudige krans (stephanos) soos dié wat wenners ontvang by ‘n atletiek byeenkoms. Die Griekse woord vir wenner is ‘oorwinnaar’ of ‘kampioen’. Die waarde van ‘n wennerskrans was die publieke erkenning van oorwinning wat bewondering van die mense meegebring het. Paulus verwys na hierdie krans in 1 Korintiërs 9:24-25 wanneer hy sê:

24 Do you not know that those who run in a race all run, but only one receives the prize? Run in such a way that you may win. 25 And everyone who competes in the games exercises self-control in all things. They then do it to receive a perishable wreath [stephanos], but we an imperishable.

24 Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. 25 En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles - húlle nogal om ‘n verwelklike krans [stephanos] te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.

Wanneer God aan Sy mense ‘n stephanos gee, is dit ‘n ironiese feit dat Hy erkenning gee aan dié wat ‘uitvaagsels van die wêreld ... die afskraapsel van almal’ (1 Korintiërs 4:13) is. Jakobus 1:12 maak ook melding hiervan deur te sê:

12 Blessed is a man who perseveres under trial; for once he has been approved, he will receive the crown of life, which the Lord has promised to those who love Him.

12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.

Dit is ongetwyfeld dieselfde kroon waarop Paulus teen die einde van sy lewe aanspraak gemaak het, toe hy in 2 Timoteus 4:7-8 die volgende geskryf het:

7 I have fought the good fight, I have finished the course, I have kept the faith; 8 in the future there is laid up for me a crown of righteousness, which the Lord, the righteous Judge, will award to me on that day; and not only to me, but also to all who have loved His appearing.

7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het.

Miskien het Johannes hierdie kroon as ‘n kontras vir die ‘kroon van Cybele’ verstaan - wat was hoe die stad Smirna die vesting op die berg Pagos beskou het. Die berg was gesien as die kop van die godin met die mure en torings van die vesting as die kroon daarop.

Die algemene verwagting was dat ‘n spesiale beloning - uitgebeeld as ‘n kroon, oorhandig sou word aan dié wat martelaarskap ondergaan het, of wat getrou gebly het gedurende vervolging. Party het sover gegaan om te sê dat ‘n gelowige vermoor moes word om ‘n oorwinnaar te wees. Dit het aanleiding gegee dat die betekenis van ‘martus’ of martelaar verander het. Die oorspronklike betekenis van die woord was ‘getuie’, maar dit het spoedig begin verwys na iemand wat ‘vermoor’ is omdat hy/sy getuig het van Christus.

Nie alle martelaars word egter vermoor nie. ‘n Oorwinnaar is nie noodwendig iemand wat vermoor is nie, maar wel iemand wat getuig van Christus as ‘n ‘Amen-persoon’. Dit is iemand met ‘n oor wat hoor wat die Gees aan die gemeentes sê, want deur gehoor is mens daartoe in staat om te getuig deur Amen te sê.

Die Korag Kerk

Die Smirna-kerk stem ooreen met die Korag-kerk onder die Ou Verbond. Meer spesifiek, die vals Jode of ‘sinagoge van die Satan’ (Openbaring 2:9) maak melding van die Korag rebellie. Numerie 16:1-3 sê:

1 Now Korah the son of Izhar, the son of Kohath, the son of Levi, with Dathan and Abiram, the sons of Eliab, and On the son of Peleth, sons of Reuben, took action, 2 and they rose up before Moses, together with some of the sons of Israel, two hundred and fifty leaders of the congregation, chosen in the assembly, men of renown, 3 And they assembled together against Moses and Aaron, and said to them, ‘You have gone far enough, for all the congregation are holy, every one of them, and the Lord is in their midst; so why do you exalt yourselves above the assembly of the Lord?.

1 Ek Korag die seun van Jishar, die seun van Kohat, die seun van Levi saam met Datan en Abiram, seuns van Eliab, en On, die seun van Pelet, seuns van Reuben het manne geneem, 2 en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam. 3 En hulle het bymekaar gekom teen Moses en Aäron en vir hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is onder hulle! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die Here?

Die oorsaak van hierdie rebellie word in Numerie 16:9-10 gegee,

9 Is it not enough for you that the God of Israel has separated you from the rest of the congregation of Israel, to bring you near to Himself, to do the work of sevice of the tabernacle of the Lord, and to stand before the congregation to minister to them 10 and that He has brought you near, Korah, and all your brothers, sons of Levi, with you? And are you seeking for the priesthood also?

9 Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat naderkom, om die dienswerk van die Here se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie? 10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou - dat julle nou ook die priesteramp begeer?

Korag was ‘n Leviet, maar nie ‘n priester nie - met ander woorde, hy was nie ‘n afstammeling van Aäron nie. Hy was ontevrede met sy roeping as Leviet om te bedien in die tabernakel. Hy het begeer om Aäron as hoërpriester te vervang - met ander woorde, hy het die opdrag van God dat Aäron hoërpriester moes wees verwerp (Eksodus 28:1).

Korag se primêre motief was afguns en ambisie, wat veroorsaak het dat hy gerebelleer het teen die woord van God. Korag was egter daartoe in staat om 250 leiers van die vergadering te oortuig dat Moses en Aäron onbevoeg was om Israel na die Beloofde Land te lei. Vroeër (in Numerie 13 en 14) het die volk geweier om in die Beloofde Land in te gaan as gevolg van hul vrees vir reuse. Die vooruitsig om vir 40 jaar in die wildernis te swerf totdat dié generasie almal uitgesterf het, was té veel vir hulle om te aanvaar. Hulle het gevoel dat dit beter sou wees om na Egipte terug te keer en in slawerny te bly.

Eeue later het die priesterlike leiers in Jerusalem in opstand gekom teen die Een wat soos Moses was. Deur Jesus Christus te verwerp, het die priesters die mense terug gelei na Egipte en die huis van slawerny. Deur te weier om Jesus as die Lam van God te erken - die Paaslam, het hulle gefaal om die bloed aan hul lateie (voorhoofde) en deurkosyne (ore) te wend, daarom was hulle nie daartoe in staat om die huis van slawerny te verlaat nie.

Jerusalem was hulle Egipte (Openbaring 11:8) en sonder geloof in Jesus Christus, kon hulle nie van bo verwek word nie. Daarom was die aardse Jerusalem hul moeder en het hulle kinders van die vlees gebly in die huis van slawerny in geestelike Egipte.

Die Probleem met Outoriteit

Die eerste probleem met outoriteit, soos ons gesien het in die geval van die Moses-kerk, was dat die volk ‘n mens wou hê om hulle voor God te verteenwoordig, eerder as om direkte kommunikasie met God te hê. Die tweede probleem was dat die volk dié wat God werklik geroep het as leiers verwerp op grond daarvan dat God almal demokraties ‘geroep’ het.

Korag het God se uitnodiging in Eksodus 20 aan almal, teen Moses gebruik. Sy argument was as volg: ‘die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die Here is onder hulle (Numerie 16:3). Die stelling was wel waar, maar het nie die individuele roepings van God in ag geneem nie. ‘n Roeping, ongeag hoe klein of groot dit mag voorkom, gee ‘n mens die outoriteit om daardie roeping te vervul. Wanneer enige persoon binne sy/haar roeping funksioneer moet almal anders, van apostels tot onderwysers, hulle onderwerp aan die woord of aksie wat deur die geroepe persoon in werking is.

Moses en Aäron het in hul roepings gefunksioneer, maar Korag wou Aäron vervang en blykbaar wou 250 leiers van die vergadering Moses vervang met hul demokrasie. Indien hulle geslaag het, sou hulle deur hul eie vleeslike denke gelei word eerder as deur die Gees van God. Elke belangrike kwessie sou met behulp van ‘n stemming beslis word, waar die ja’s oorheersend teen die nee’s, die tradisies van mense demokraties sou instel.

God wil beslis direk met die mens kommunikeer, maar Hy het ook outoriteit op aarde ingestel. Hy het ‘n vyfvoudige bedienning implimenteer soos gelys in Efesiërs 4:11:

11 And he gave some as apostles, and some as prophets, and some as evangelists, and some as pastors and teachers.

11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars.

Daarom moet ons beide probleme wat mens met outoriteit het verhoed. Ons moet die outoriteit van mense vermy, terwyl ons gelyktyding onderdanig bly aan die woord van God wat in mense is. Wanneer enigiemand die woord van God spreek, moet selfs apostels en profete onderdanig word aan die woord van God, ongeag die tuig waarin dit mag kom.

Moses en Aäron was werklik deur God ‘geroep’, maar Korag het die ‘Woord’ (openbaring van God se oordeel) hanteer asof dit uit Moses en Aäron eie vleeslike denke gekom het. Korag en sy trawante het die openbaring nie erken toe hulle dit van Moses en Aäron gehoor het nie. Korag was toe daartoe in staat om voordeel te trek uit die leiers van die volk se gebrom ná die oordeel uitgespreek was.

Die Rebellie in Smirna

Die gemeente in Smirna het dieselfde probleem in die gesig gestaar, soos ons in Korag se rebellie gesien het. Dit is in Openbaring 2:9 aangeteken, waar God gesê het dat Hy hul verdrukking en armoede ken en ‘die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie’. Die Joodse leiers in Jerusalem (en moontlik van ‘n naby sinagoge in Smirna) was die Nuwe Testament ekwivalent van die Korag-groep in Numerie 16.

Moses was ‘n tipe Christus (Deuteronomium 18:18; Handelinge 3:22). So ook Aäron, want hy was die hoërpriester van sy orde, terwyl Jesus Christus die Hoërpriester van die Orde van Melgisedek was en is (Hebreërs 7:17). Jesus wat die Een was wat gesalf en geroep was om beide Koning en Hoërpriester te wees, is verwerp deur die leiers in Jerusalem - hulle dryfveer was die wederregtelik inbesitneming van Sy outoriteit vir hulself.

Die boodskap aan die gemeente in Smirna bevat geen kritiek nie, daarom is dit duidelik dat dié wat die Korag-rebellie verteenwoording, in die plaaslike sinagoge van Smirna was. Daar is ‘n duidelike onderskeid tussen die ware Jode wat werklik eer aan God betoon en die sogenaamde Jode wat teen God gelaster het deur hul opstand teen die Koning en vervolging van die gemeente.

Eienaardig genoeg, was geen uitdruklike oplossing vir die probleem aangebied nadat die probleem in hul midde uitgewys was nie. Die gemeente was slegs meegedeel dat hulle, soos Moses en Aäron verdrukking en vervolging sou beleef.

Ons kan die gevolgtrekkings maak wanneer ons die Smirna-probleem met die Korag-rebellie vergelyk. Daarin is die voordeel wat ons het deur kennis van hoe die Ou Verbond Kerke herhaal word in die Nuwe Verbond Kerke. Dinge wat in die Ou Verbond Kerke plaasgevind het, dien as waarskuwing aan die Nuwe Verbond Kerke, sodat dieselfde patrone van die verlede nie herhaal word nie. Die enigste manier om sulke herhalings te vermy is om die Nuwe Verbond en die bemiddelaar daarvan volkome aan te neem, die Ou Verbond ‘moeder’ agter te laat en Sarah as nuwe moeder aan te neem.

Die Progressie van Openbaring

Ons neem ‘n progressiewe openbaring van Efese na Smirna waar. Die mees noemenswaardige progressie is die tweeledige vraag van outoriteit. Die tweede is hoe dissipline en verdrukking in die tweede kerk teweeggebring is, nadat die kerk sy eerste liefde verlaat het. Deur op hierdie manier daarna te kyk, is dit duidelik dat die algehele doel van hierdie verdrukking ‘n suiwering van die gemeente ten doel gehad het, sodat dit insig in die doel van outoriteit en behoorlike gebruik daarvan sou bekom.

Die les is as volg: Ontwikkel eerstens ore om te hoor wat die Gees aan die gemeente sê. Moet in die tweede plek nie die ware outoriteit van mense se roepings verwerp nie, want God het hulle toegerus vir die opbouing van die gemeente, soos Paulus in Efesiërs 4:12-13 sê:

12 for the equipping of the saints for the work of service, to the building up of the body of Christ; 13 until we all attain to the unity of the faith, and of the knowledge of the Son of God, to a mature man to the measure of the stature which belongs to the fullness of Christ.

12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus; 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.

Wanneer ons leer om God se stem te onderskei wanneer Hy deur mans en vroue, of enige ander bron praat, kan ons ‘n mate van geestelike volwassenheid ontwikkel. Ons behoort nie die stem van mense te hoor nie, maar die stem van God deur mense, wanneer dit spreek. Ons behoort ook op te merk dat God nie aan een mens alles meedeel nie, maar Sy openbaring versprei onder baie mense. Hy doen dit sodat daar ‘n begeerte kan ontstaan om as een liggaam te funksioneer, om eenheid en liefde onder lede te bevorder.

Dit is die stem van die Gees van verstand of begrip, die spesifieke Gees uit die sewe Geeste van God wat aan Smirna gegee is. Dié wat hoor sal verstaan wat hulle hoor, sodat hulle die goddelike plan kan insien en daarvolgens lewe.