Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

Hierdie boek is die eerste van agt in die reeks en behels ‘n studie van Openbaring 1 en 2. Dit eindig met Openbaring 2:17 Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Jesus Christus word geopenbaar of bekendgestel deur Sy regverdige optrede. Dit vind op twee vlakke plaas - persoonlik en universeel. Beide is die gevolg van God se plan, ongeag of ons fokus persoonlik of op die geskiedkundige werk van God is. Die Nuwe Verbond is die mees prominente belofte van God om in te gryp op aarde, sodat Sy doel bereik kan word - soos Hy dit bedoel het van die begin af. Die noulettende aard van God se belofte is te sien in Deuteronomium 29:10-15, waar Hy sweer om die mensdom Sy mense te maak en hulle God te wees. So ‘n belofte verg die goddelike ingrype van die soewereine God.
Uiteindelik sal ons dit volbring sien: eers in Openbaring 5:13, waar die hele skepping Christus eer as Koning en ook in Openbaring 15:3-4 deur die Lied van Moses en die Lied van die Lam.
3 ... Great and marvelous are Thy works, O Lord God, the Almighty: Righteous and true are Thy ways, Thou King of the nations. 4 Who will not fear, O Lord, and glorify Thy name? For Thou alone are holy; for all the nations will come and worship before Thee, for Thy righteous acts have been revealed [phaneroo ‘brought to light’.
3 ... Groot en wonderlik is U werke, Here God, die Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en U naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat U regverdige dade openbaar [phaneroo ‘aan die lig bring’] geword het.
Hier tref ons ‘n kombinasie van twee Hebreeuse konsepte aan, voorgestel in die Hebreeuse alfabet. Die regverdige dade of werke, word uitgebeeld deur die jod as ‘n toe hand en die ajin as ‘n oog, wat sien of manifesteer uitbeeld. As die werke van God ‘openbaar’ word, word dit sigbaar vir almal. Dit verg ‘n regverdige daad van God om blindheid te genees en die ‘uitgespreide sluier wat al die volke omsluier’, te verwyder (Jesaja 25:7).
Die klassieke Griekse kultuur was behep daarmee om die ideale mens te ontdek. Hul obsessie met mooi kuns en beeldhouwerk (en skoonheid oor die algemeen) getuig van hierdie denkwyse. Dit is natuurlik ‘n hoë doelwit en min sal rede vind om dit te bevraagteken, maar die Hebreeuse denkwyse was anders.
Die Hebreeuse kultuur was op dade gebaseer, of regverdige optrede as uitdrukking van ‘n mens se hart. Die Bybel bied twee weë om van te kies ten einde hierdie doel te bereik, elk gekenmerk deur ‘n Verbond. Die Ou Verbond stel regverdige dade voor wat vloei uit die mens se wil. Die Nuwe Verbond stel die regverdige dade van God voor wat in ons op persoonlike vlak en oor die algemeen op die aarde werk. Beide verbonde beskik oor die wet, maar onder die eerste is dit ‘n regverdige standaard van buite afgedwing op onwillige vlees, terwyl die ander verbond die belofte van God is - dat die wet op ons harte geskryf sal word, sodat ons tot instemming met Hom sal kom.
Die jod is ‘n toe hand wat die ‘werking van die wet’ uitbeeld en die Apostel Paulus gebruik hierdie frase baie keer. Dit is die tiende letter van die Hebreeuse alfabet, wat die getal is wat die wet aandui. Kort na Paulus se bekering het hy na die berg Sinaï in Arabië gegaan, waar God aan hom die openbaring van die Nuwe Verbond gegee het. Daarna het hy verstaan dat regverdiging en regverdigheid as gevolg van ‘n daad van God gebeur, nie ‘n mens se eie werk nie. Met ander woorde: regverdigheid kom deur die ‘hand’ - werk - (jod) van God, nie deur die ‘hand’ - werk - (jod) van ‘n mens nie.
Die tydperke van Israel en Juda se gevangeniskap toon dat die mens se beloftes aan God, hoe goed die intensies daarvan mag wees, niemand kan red nie - eenvoudig omdat geen mens sy beloftes ten volle kan vervul nie. Aan die ander kant het God nie hierdie probleem nie:- Hy vervul Sy beloftes aan ons volkome. Die mislukking van die Ou Verbond-roete waar gepoog word om regverdig te word deur die wil van die mens, staan in skerp kontras teenoor die sukses van die Nuwe Verbond-roete deur die wil van God.
Die Evangelie van Jakobus weerspreek Paulus nie, maar stel ‘n duideliker Hebreeuse denkwyse voor. Hy dring daarop aan dat ‘n mens se dade deur sy geloof manifesteer word. As ‘n mens dus sê dat hy ‘n gelowige is omdat hy in Jesus Christus glo, behoort bewyse daarvan deur die werk van God is sy lewe sigbaar te wees - in sy karakter en deur sy dade. Hierdie bewyse gaan nie oor mense wat goeie werk doen omdat hulle regverdige karakters verkry het deur die Ou Verbond belofte nie. Dit gaan eerder oor mense wat goed doen as bewys van die Heilige Gees wat in sulke gelowiges werk.
Die boek Openbaring stel die regverdige werke van God op die aarde en in nasies bekend. Wat van nasies gesê word is ewe waar van die individue wat deel vorm van daardie nasies. Met ander woorde: wanneer nasies Christus aanbid as gevolg van Sy regverdige optrede, het hulle dieselfde motivering as individuele gelowiges wat die werk van God in hul persoonlike lewens toon. In beide gevalle is die regverdige optrede van God die vervulling van die Nuwe Verbond.
Die ajin word voorgestel as ‘n ‘oog’, maar is ook die Hebreeuse getal 70. Hierdie getal dui op ‘alle nasies’. In Genesis 10 sien ons dat die oorsprong van nasies 70 in totaal is. Dit (70) is ook die Bybelse getal vir ‘restourasie’ of herstel. Om hierdie rede het Adam gesterf in die ouderdom van 930 jaar (Genesis 5:5), kort van die ‘heerlikheid’ van God (1000), met presies 70 jaar. Die getal 70 is dus nodig vir alle nasies om gerestoureer te word, soos uitgebeeld in Openbaring 15:3-4.
Daar is mense wat die hele boek van Openbaring vergeestelik en individueer. Hulle neig om die geskiedenis van God se werk onder die nasies mis te kyk. Daardeur volg hulle ‘n Griekse denkwyse eerder as om die boek Openbaring met ‘n Hebreeuse denkwyse te interpreteer.
Die grootste deel van die vroeë kerk is deur vervolging uit Judea verdryf (Handelinge 8:1). As gevolg van hierdie verstrooiing het die vroeë kerk hul Hebreeuse denkwyse verloor, omdat Griekse bekeerdes vinnig hul Judeër eweknieë oorweldig het. Die kerk het kort voor lank die Griekse sinnebeeldige metode van interpretasie aangeneem. Die Griekse geloof was gebaseer op mitologie -stories wat kwansuis betekenis gehad het. Die stories was egter nie werklike historiese gebeure nie.
Die Ou Testament se verhale van brutale geweld en massamoord was vir die Grieke onaanvaarbaar en die kerk het vinnig begin aanneem dat hierdie verhale bloot sinnebeelde eerder as historiese gebeure was. Dus was dit nie lank voor die kerk die Ou Testament van die ‘meer huidige’ geskiedenis geskei het nie. Hulle het natuurlik met die geskiedkundigheid van die Evangelies volgehou, maar omdat hulle nie die boek van Openbaring verstaan het nie, het hulle dit ook sinnebeeldig begin interpreteer.
Die probleem is dat Openbaring die geskiedenis van die Westerse nasies en die kerk voorspel het. Hierdie geskiedenis het skaars begin in die eerste eeu, wat aan ‘n historiese interpretasie daarvan geen bevestiging verleen het nie. Dit het honderde jare geneem voor genoeg geskiedkundige gebeure plaasgevind het wat ‘n historikus sou toelaat om die boek te interpreteer en teen daardie tyd was die sinnebeeldige interpretasie daarvan reeds diep gewortel in die kerk.
Dit was nie tot die ontwikkeling van onderskeidelik die drukpers en die Protestantse Hervorming in die vyftiende eeu, dat die Bybel verlos is van kettings waarmee dit aan altare van katedrale vasgemaak was en aan gewone mense beskikbaar gestel is nie. Die oomblik toe die Bybel onafhanklik bestudeer kon word, het die hervormers ontdek dat Openbaring ‘n geskiedenisboek is wat Johannes geskryf het deur van simboliek gebruik te maak. Dít is hoe die geskiedkundige siening van Openbaring spoedig die dominante siening van die vroeë protestante groepe geword het. Dit is eers in die laat 1800’s vervang met ‘n futuristiese siening deur die leerstellings van Darby Scofield.
Die futuristiese siening wat hedendaagse Evangelie- en Pinksterkerke domineer, is ‘n derde en meer moderne ontwikkeling van die Christelike denkwyse. Ongelukkig neem baie aan dat hierdie siening nog altyd bestaan het, maar dit is nie so nie. Sekere elemente van futurisme is te vinde in die vroeë sinnebeeldige interpretasies, maar is tog uniek. Waar ‘allegoriste’ (sinnebeelders) Openbaring van geskiedenis geskei het, ontken ‘futuriste’ eenvoudig die geskiedenis van die grootste gedeelte van die boek wat reeds vervul is.
Terwyl ‘allegoriste’ alles vergeestelik, verletterlik ‘futuriste’ weer alles en omdat hulle geen geskiedkundige rekord van die aarde en see wat verwoes word waarneem nie, plaas hulle hierdie dinge in die toekoms - in die sewe-jaar tydperk van groot verdrukking.
Ek het dit ten doel om ‘n alternatief voor te stel teenoor beide hierdie sienings. Die ‘historikus’ se siening stel voor dat Johannes se visioene geskiedkundige gebeure uitgebeeld het, nie deur letterlike interpretasie nie, maar deur verborge simbole en tekens. Hierdie siening behandel die boek Openbaring op dieselfde manier as waarop die boek Daniël behandel word. Die ‘beeld’ in Daniël 2, die ‘boom’ in Daniël 4 en die ‘diere’ in Daniël 7 en 8 was nie bedoel om letterlik interpreteer te word nie, al was dit ongetwyfeld ‘n realiteit. Dit was simbole wat die geestelike kragte agter konings en nasies verteenwoordig het.
So ook is die ‘draak’ in Openbaring 12 en die ‘diere’ in Openbaring 13, hoewel nie letterlik nie, ‘n realiteit. Dit is beelde van geestelike realiteite wat manifesteer deur nasies en ander entiteite op aarde - baie soos ‘n bose gees manifesteer in die individu wat daardeur besit word.
Die uiteinde van die saak is dat die historikus se siening die boek Openbaring interpreteer op dieselfde sinnebeeldige manier as wat die Apostel Paulus Abraham se twee vroue in Galasiërs 4 interpreteer. Paulus betwyfel nie die geskiedkundigheid van die verhaal nie, maar verduidelik hoe die twee vroue die twee Verbonde sinnebeeldig verteenwoordig. Met ander woorde: in die Hebreeuse denkwyse is ‘n sinnebeeld geskiedenis met ‘n geestelike of simboliese betekenis. Paulus skei nie geskiedenis van die sinnebeeld soos die Grieke nie. Die Grieke het geen nodigheid gesien om godsdiens te baseer op letterlike geskiedkundige gebeure, as hulle eerder die sinnebeelde daarvan as lerings kon voorhou nie.
Die Bybel is egter gebaseer op gesiekdenis - werklike gebeure, nie bloot geïnspireerde stories of gelykenisse nie. Die feit dat hierdie historiese gebeure vol geestelike betekenis en profesie is as voorbeelde van toekomstige gebeure dui op die soewereiniteit van God in die progressiewe geskiedenis van die skepping. Daarom het Daniël visioene gesien van historiese gebeure wat in die toekoms sou plaasvind, soos verduidelik in my studie van Daniël.
Die boek Openbaring is dus gebaseer op dieselfde Hebreeuse denkwyse as Daniël. Die feit dat Daniël ‘n onvoltooide boek was wat slegs die eerste drie ‘diere’ gedek het, impliseer dat ‘n ander boek later geskryf moes word om die profesie van die ‘dier’-nasies gedurende hul tydperke van heerskappy te voltooi. Die boek van Daniël eindig effektief in 163 B.C. met die hoogtepunt van die Griekse ‘dier’. Johannes se boek fokus op die vierde ‘dier’ (Rome) en spesifiek die ‘ander honing’, met detail in Openbaring 13 wat aan Daniël onbekend was.
Dit is geskiedkundige gebeure, hoewel Johannes geestlike kragte agter die ‘dier’ en die ‘ander horing’-verlenging daarvan openbaar. Dit is net so min blote sinnebeelde as wat dit na ‘n toekomstige sewe-jaar periode oorgedra kan word. In werklikheid sien ons ‘n panorama van verdrukkingsgeskiedenis wat ‘n lang tydperk van ‘sewe tydperke’ beslaan - dit is ‘n tydperk van 7 x 360 jaar. Daniël dek minder as 500 jaar van hierdie tydperk van verdrukking. Johannes gee ons die res van hierdie verhaal.