God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 6: Johannes aan die sewe gemeentes

Hoewel die eerste drie verse Johannes se inleiding tot die boek Openbaring is, begin Johannes in vers vier sy boodskap met ‘n begroetingsinleiding. Openbaring 1:4-5 sê:

4 John to the seven churches that are in Asia: Grace to you and peace, from Him who is and who was and who is to come; and from the seven Spirits who are before His throne; 5 and from Jesus Christ, the faithful witness, the first-born of the dead, and the ruler of the kings of earth.

4 JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor Sy troon is, 5 en van Jesus Christus, die getroue Getuie, die Eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde!

Hierdie gedeelte van Johannes se boek is gerig aan die sewe gemeentes in die vorm van ‘n brief. Dit is nie van nét Johannes af nie, maar ook van Jesus Christus af. Die pen was Johannes s’n, maar die boodskap Jesus s’n.

Genade en Vrede

Hy stuur twee dinge aan die kerke - genade en vrede. Dit was ook die begroeting in beide Petrus se briewe en dit was Paulus se standaard groet (Titus 1:4, Romeine 1:7, 1 Korintiërs 1:3, 2 Korintiërs 1:2 ens.)

‘Vrede’ behoort verstaan te word as die standaard Hebreeuse begroeting: ‘Shalom’, wat ‘n holistiese groet in gesondheid, veiligheid, volheid, welstand en harmonie is. ‘Genade’ kom voor om ‘n Nuwe Testamentiese toevoegging tot hierdie standaard groet te wees (Johannes 1:17).

Wanneer Shalom in verwante vorms aangewend word het dit ander implikasies. Wikipedia https://en.wikipedia.org/wiki/Shalom noteer:

‘The conjugated verb has other spins that are worth noting, such as: ‘Hishtalem’, meaning ‘it was worth it’ or ‘Meshulam’ as in ‘paid in advance’. Hence one can jokingly say that, ‘when it’s paid-for, then there is peace’.

Vertaal uit Engels:

‘Die saamgestelde werkwoord het ander verbuigings wat opmerklik is, soos ‘Hishtalem’, wat ‘dit was die moeite werd’ beteken of ‘Meshulam’ wat ‘vooruit betaal’ beteken. Dus kan mens spottenderwys sê dat ‘indien daarvoor betaal is, is daar vrede’.

Dít was blykbaar in Johannes se gedagtes toe hy in Openbaring 1:5 gesê het ‘Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed’. Sy roeping was om vrede te maak en ons volle verhouding met God te restoureer deur die skuld vir die sonde van die hele wêreld te vereffen (1 Johannes 2:2). Sonder die kruis, en die verlengde genade daarvan, sou Shalom bloot ‘n verlange en hoop - op iemand wat kwalifiseer om dit te vermag - bly. In daardie sin het Moses die hoop op vrede gebring, maar Jesus het die genade wat dit moontlik maak gegee. Toe die wettige implikasie van sondeskuld in die Goddelike hof vereffen is en die houvas wat die wet op ons gehad het daardeur beëindig is, kon die Regter genade aan ons bewys. Dit is ‘n gunstige uitspraak!

Wat meer is, genade beskryf ‘n staat van eer waarin ons onsself in die goddelike hof bevind, wat dit moontlik maak vir voorbidders om sake en petisies aan die hof voor te hou.

Die Here (Yahua), die Ewige God

Johannes beskryf God as ‘n tipies Hebreeuse paradoks: ‘... [Hy] wat is en wat was en wat kom,’ Dit is wesenlik die definisie van Yahua, die ewig-lewende, ewig-bestaande, tydlose Een wat oor die verlede, hede en toekoms strek. In Genesis 21:33 roep Abraham ‘... die Naam van die Here, die ewige God ...’ aan

Yahua is olam (verborge, onbekend, duister) vertaal as ‘ewig’ in vers 6. Die woord word meer spesifiek verstaan as ‘n bestaanstydperk wat onbekend is - in hierdie geval, omdat ons verstand self eindig en beperk is, en daarom nie ewigheid kan begryp nie. Die Psalmskryfwer het hieroor gedink toe hy Psalm 90:1-2 geskryf het:

1 Yahweh, Thou hast been our dwelling place in all generations. 2 Before the mountains were born, or Thou didst give birth to the earth [eretz, ‘land, territory’] and the world [tebel, ‘inhabitable globe’], even from everlasting [olam, ‘unknown past’] to everlasting [olam, ‘unknown future’] Thou art God.

1 ... Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag. 2 Voordat die berge gebore was en U die aarde [eretz, ‘land, terrein’] en die wêreld [tebel, ‘bewoonbare koepel’] voortgebring het, ja, van ewigheid [olam, ‘onbekende verlede’] tot ewigheid [olam, ‘onbekende toekoms’] is U God.

Groete van die Sewe Geeste

Johannes bring ook groete aan die gemeentes ‘van die sewe Geeste wat voor sy troon is,’. Die Apostel het duidelik met die sewe Geeste kommunikeer nadat hy deur die oop deur opgeneem is na die troon (Openbaring 4:1-2). Hul teenwoordigheid word bevestig in Openbaring 4:5:

5 And there were seven lamps of fire burning before the throne, which are the seven Spirits of God

5 ... en sewe vuurfakkels ... wat die sewe Geeste van God is;

Johannes het teruggekeer met nie net ‘n boodskap van God Homself af nie, maar ook van die sewe Geeste van God af. Volgens Jesaja 11:2 is hierdie Geeste as volg:

1 Die Gees van die Here (Yahhua)

2 Die Gees van Wysheid (Chokmah)

3 Die Gees van Verstand (Biynah)

4 Die Gees van Raad (Etsah)

5 Die Gees van Sterkte (Gevurah)

6 Die Gees van Kennis (Da’ath)

7 Die Gees van Vrees (Yira) van die Here (Yahhua)

Hierdie Geeste is nie onpersoonlike kragte nie, maar engele - aartsengele, of moontlik engele wat hoër as die aartsengele self staan. As engele met persoonlikhede en roepings, kon hulle met Johannes praat en so groete aan die sewe gemeentes stuur. Daar is ‘n menigte engele van minder belang wat direk aan elk van hierdie sewe Geeste rapporteer.

Hebreërs 1:14 sê van engele oor die algemeen,

14 Are they not all ministering spirits, sent out to render service for the sake of [dia ‘through’] those who will inherit salvation?

14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir die diens uitgestuur word terwille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Kollektief vorm die sewe Geeste die Heilige Gees, wat met Pinkster aan die kerk gegee is. Die Heilige Gees woon in ons en bedien aan ander deur ons, net soos al die ander engele wat aan ons toegewys is. Ons engele bepaal ons roepings en bemagtig ons om daardie roepings te vervul.

Daarom lees ons in Handelinge 8:26 ‘... ‘n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê ...’ gaan na Gasa en ontmoet daar ‘n hofdienaar/staatsamptenaar van Ethiopië. Maar Handelinge 8:29 sê:

29 And the Spirit said to Phillip, ‘Go up and join this chariot.’

29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa.

In hierdie geval was Filippus se ‘engel’ ook ‘die Gees’ wat deur hom bedien het. Soos ons later sal sien, was die sewe Geeste versprei onder die sewe gemeentes om die hemel aarde toe te bring en die volheid van die Koninkryk van God te openbaar. Elke gemeente was egter onvolmaak, maar die sewe Geeste het deur die oorwinnaars van elke kerk-tydperk gewerk, sodat die Koninkryk aan die einde kan manifesteer.

Die Getroue Getuie

Volgens Openbaring 1:5 is hierdie boek ook ‘n boodskap van ‘... Jesus Christus, die getroue getuie,’. Later, in die boodskap aan die gemeente van Laodisea, word Jesus ‘... die Amen, die getroue en waaragtige Getuie ...’ genoem (Openbaring 3:14). Dit bied ‘n meer volledige beeld wat ons help om ‘n ‘getroue getuie’ te definieer.

‘n Getuie is iemand wat rapporteer wat hy gesien of gehoor het. Getuies word geroep om die volle waarheid en niks anders as die waarheid te vertel nie. Die probleem is dat baie vroeë getuies verskillende dinge gesien het. Jesus is egter ‘die Amen’ van God, wat alleenlik getuig van wat Hy gesien en gehoor het. Die feit dat Hy ‘n ‘getroue’ getuie is, beteken dat Hy getrou was om die ‘volle’ waarheid te rapporteer. Met ander woorde, Hy het niks anders as die waarheid vertel nie.

Die Eersgeborene Uit die Dode

Openbaring 1:5 verduidelik dat Jesus nie net ‘die getroue getuie’ is nie, maar ook die ‘die eersgeborene uit die dode’. Ander was uit die dood opgewek in die dae van Elia en Elisa en Jesus het Lazarus uit die dood opgewek, voordat Hyself uit die dood opgewek is. Al hierdie mense was egter opgewek tot ‘n sterflike toestand en hulle is almal later oorlede. Jesus is die eerste geborene wat uit die dood opgewek is tot ‘n staat van onsterflikheid.

Die Emphatic Diaglott verduidelik Hom as ‘die hoofgeborene van die dooies’. Die term is prototokos, waar proto die betekenis van ‘eerste’ in beide tyd en rang dra. Dit is dus ‘n sinoniem vir monogenes, of ‘Eersgeborene’ of ‘eersgebore’ Seun. Paulus gebruik die term prototokos in Kolossense 1:18, waar hy dit koppel aan Christus se voorrang in die skepping,

18 He is also head of the body, the church; and He is the beginning, the first-born from the dead, so that He Himself might come to have first place in everything

18 En Hy is die hoof van die liggaam, die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Hierdie idee kom van die wet van die eersgeborene in Deuteronomium 21:15-17. Die wet verduidelik die regte van ‘n eersgebore seun, sodat hierdie regte beskerm kan word ingeval hy gehaat word of nie geliefd is nie. In hierdie geval is Jesus Christus die eersgeborene, hoewel die grootste deel van die mensdom Hom nie lief het nie en baie gelowe Hom vervang met hul eie gode of profete. Die wet laat dit egter nie toe nie en uiteindelik sal die wet van die Eersgebore Seun afgedwing word.

Die Owerste Oor die Konings van die Aarde

Openbaring 1:5 noem Jesus ook die Owerste of Prins wat oor die konings van die aarde heers. Openbaring is die drama van geskiedenis wat aandui hoe die opposisie teen Christus stadig maar seker oorkom word tot Hy gekroon word as die Koning van konings en Heer van here. Openbaring 17:14 toon hierdie opposisie aan die einde daarvan wanneer dit sê:

14 These will wage war against the Lamb, and the Lamb will overcome them because He is Lord of lords and King of kings, and those who are with Him are the called and chosen and faithful

14 Hulle sal teen die Lam oorlog maak, en die Lam sal hulle oorwin - want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings - en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.

Johannes verduidelik dat die Lam Sy posisie verwerf, omdat Hy die Heer van die here is. Die onderliggende implikasie hiervan is dat die goddelike wet Jesus erken as die Heer van die here en Koning van die konings, omdat Hy die Eersgebore Seun is. Die wet maak die wil van God bekend (Romeine 2:18), en dit is profeties, want God sal altyd Sy sin kry en Sy doel bereik. Die historiese opposisie kan bloot tydelik wees, want die wil van die mens en konings sal nooit die wil van God oorheers nie.

Hy Wat Ons Lief Gehad Het

Jesus Christus is die Eersgeborene uit die dode (ek), omdat Hy gewillig was om te sterf. Dit was Sy liefde wat Hom motiveer het om vir die sondes van die wêreld te sterf. Sy dood het die boete betaal en ‘ons van ons sondes gewas ... in Sy bloed’ (Openbaring 1:5), waardeur genade aan almal betoon is.

Openbaring 1:6 gaan voort om van Jesus te praat:

6 and He has made us to be a kingdom, priests to His God and Father; to Him be the glory and the dominion forever and ever [aionas ton aionon, ‘for the ages of the ages’]. Amen.

6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid [aionas ton aionon, ‘vir die tydperk van die tydperk’]! Amen.

Die Koninkryk

Die hoofrede vir ons ontslag van sonde (vers 5) is om ‘n koninkryk met ons te vorm. Dit is vergelykbaar en direk verwant aan vroeër tye toe God Sy Koninkryk in Eksodus 19:6 vasgestel het, deur te sê: ‘... julle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.’ Dit is hoe ons Openbaring 1:6 ook moet interpreteer, hoewel die NASB vertalers nie hierdie konsep verstaan het nie. Hulle het moontlik in Grieks gedink instede van Hebreeus.

Die Wycliffe Bible Commentary, p 1502, lewer die volgende kommentaar aangaande Openbaring 1:6:

‘The statement that Christ has made us to be a kingdom of priests unto God (v 6) is from the basic declaration in Exodus 19:6, quoted centuries later by Peter (1 Peter 2:5, 9).’

Vertaal uit Engels:

‘Die stelling dat Christus ons gemaak het om ‘n koninkryk van priesters vir God te wees (v6) kom van die oorspronkle verklaring in Eksodus 19:6, eeue later deur Petrus aangehaal (1 Petrus 2:5, 9).’

Hierdie koninkryk word gevorm in twee stappe: eerstens ‘n Pinkster-koninkryk met voorbeelde volgens die koninkryk van koning Saul. Die tweede stap is ‘n Loofhutte-koninkryk volgens die voorbeelde van koning Dawid se koninkryk. Saul is gekroon op die dag van die ‘koringoestyd’ (1 Sameul 12:17), met ander woorde Pinkster. In kontras is koning Dawid gekroon op die nege-en-vyftigste Jubileum vanaf Adam.

Pinkster is wel ‘n wettige koninkryk, maar dit is ‘gesuurd’ (Levitikus 23:17). Die oplossing wat vir die suur aan die gemeente gegee was, is die doop deur vuur (Matteus 3:11-12), sodat die kaf ‘verbrand’ kan word. Dié wat die doop deur hierdie onuitblusbare vuur van God se teenwoordigheid ontvang, onderhou werklik Pinkster.

Priesters

Tweedens verander Christus ons in ‘priesters’. Weereens word twee tipes priesters in die Skrif beskryf - die een goed en die ander sleg. Esegiël bespreek beide in die konteks van die Ou Verbond, maar profeteer ook van ‘n later tyd wanneer die kerk priesters sal hê wat goed en sleg is.

In die Ou Verbond era was Eli en sy seuns die hooftipe slegte priesters. In die NASB noem Esegiël 44:10-12 hulle afvallig en afgodsdienaars, terwyl die 1933 AV sê dat hulle ‘weggedwaal het agter hulle drekgode aan’. Die goeie priesters is ‘die kinders van Sadok’ (Esegiël 44:15). Sadok was natuurlik die hoërpriester wat die laaste van Eli se bloedlyn vervang het (1 Konings 2:27, 35). Hierdie verhaal profeteer hoe die Orde van Melgisedek die Levitiese Orde priesters wat korrup geword het, sal vervang. ‘n Verbuiging van die naam Sadok kom in Melgisedek voor.

Esegiël het ook profeteer van ‘n tyd in die toekoms, wanneer die kerk se priesterdom hulself sou toelaat om korrup te word. Daardie priesters keer terug na die Ou Verbond praktyke en denkpatrone, waardeur hulle hulself laat diskwalifiseer uit die Orde van Melgisedek. Dus sonder die boodskap aan die sewe gemeentes ‘hom wat oorwin’ uit, in kontras met dié wat nie oorwin nie. Die oorwinnaars is dié wat deur Christus opgelei sal word om priesters te wees in die tydperk wat kom.

Net soos Abjatar (die laaste van Eli se bloedlyn) onder die Ou Verbond gediskwalifiseer was, is daar ‘n priesterdom onder die Nuwe Verbond wat gediskwalifseer sal word. In beide gevalle word die gediskwalifseerdes vervang met waardiges. Dit vorm een van die hoofpunte van die eerste opstanding in Openbaring 20:6, waar die oorwinnaars opgewek word tot onsterflikheid as koning-priesters van die Melgisedekorde.

Díe tema is gewortel in voorbeelde en sinnebeelde lank voor die geboorte van Christus. Hierdie voorbeelde was verduidelik deur die profete - veral Esegiël. Die boek Openbaring voltooi hierdie progressie van openbaring. Johannes kan beswaarlik verstaan word sonder kennis van wat Esegiël ons vertel het en die stories van Eli en Sadok, wat die fondasie van Esegiël se profesieë vorm.

In werklikheid word kwalifikasies vir die priesterdom deur die wet voorgeskryf. Volgens Levitikus 21:17-21 word priesters van die Ou Verbond gediskwalifiseer wanneer hulle enige geboortedefek het, maar omdat die wet geestelik is (Romeine 7:14), is dieselfde wet op geestelike vlak van toepassing op priesters van die Nuwe Verbond. Elke fisiese gebrek het ‘n ooreenstemmende geestelike gebrek wat mense uit die Orde van Melgisedek diskwalifiseer.

Tot in Alle Ewigheid

Openbaring 1:6 sê: ‘aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.’ Baie vertalings maak hierdie fout. Daar is ander vertalings wat meer korrek is, byvoorbeeld:

‘to Him be the glory and the might for the ages of the ages. Amen.’ (The Emphatic Diaglott)

‘to Him is the glory and the power to the ages of the ages. Amen.’ (Young’s Literal Translation of the Holy Bible)

‘unto Him be the glory and the dominion, unto the ages. Amen’ (Rotherham, The Emphasized Bible)

‘to Him be glory and might for the eons of the eons. Amen.’ (The Concordant Literal New Testament)

Niemand stry oor die feit dat Christus die heerlikheid en krag sal hê tot in ewigheid nie. Tog word die term ‘aionas ton aionon’ baseer op die onbepaalde woord aion, wat ‘n onmeetlike tydperk of -span is. Uiteindelik moet ons die term definieer volgens die Hebreeuse weergawe daarvan, naamlik ‘olam’ wat verborge, onbepaald of onbekend beteken. Onafhanklik kan nie aion óf olam gebruik word om ‘n onmeetlike tydperk te beskryf nie. ‘Onmeetlik’ het nie dieselfde betekenis as ‘ewig’ nie. Onmeetlik mag moontlik verwys na ‘n ewigheid, maar slegs wanneer die konteks dit vereis.

In die geval van Openbaring 1:6, waar Christus se heerlikheid en mag ‘aionas ton aionon’ sal duur, weet ons dat Sy heerlikheid nooit sal eindig nie. Sy Koninkryk sal ook nie eindig nie, want Daniël 2:44 vertel vir ons ‘... in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie’.

Johannes se bewoording in Openbaring 1:6 met betrekking tot Christus se krag is egter nie so duidelik nie. Indien hy verwys na die koninkryk, sal dit beslis nooit vernietig word nie, maar vir ewig bestaan. As hy na Christus se persoonlike heerskappy verwys, sê 1 Korintiërs 15:25-26 die volgende:

25 For He must reign until He has put all enemies under His feet. 26 The last enemy that will be abolished is death.

25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Paulus sê dat Christus se heerskappy op ‘n stadium sal verander. Hoe sal dit gebeur? Die antwoord is te vinde ‘n paar verse later, in 1 Korintiërs 15:28

28 and when all things are subjected to Him, then the Son Himself also will be subjected to the One who subjected all things to Him, that God may be all in all.

28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Dit beteken nie dat Christus heeltemal sal ophou regeer nie, maar wel dat iets nuut implimenteer sal word, nadat die dood vernietig is. Christus sal die vervolmaakte Koninkryk aan die Vader voorhou. In hierdie sin kan mens redeneer dat die Koninkryk nie meer Christus s’n sal wees nie, maar die Vader s’n. Die mag in absolute sin, sal verskuif van Christus na die Vader, sodat Christus onderdanig sal wees aan die Vader, hoewel Hy Sy outoriteit oor die mens en die skepping sal behou.

Nou dat mens dit weet, kan gevra word wat Johannes dan bedoel het met Openbaring 1:6 waar hy sê dat Christus se mag ‘tot in ewigheid’ sal duur. Ons kan dit op twee maniere interpreteer: Eerstens kan ons aanneem dat die konteks ‘n onbepaalde tyd, ‘aionas ton aionon’ vereis wat nimmereindigend is, aangesien Christus altyd outoriteit oor die skepping sal geniet, al is Hy tweede in bevel onder die Vader. In die tweede plek kan ons argumenteer dat Johannes aspris hierdie onbepaalde term ‘aionas ton aionon’ (eeue van die eeue) gebruik het om aan te dui dat Christus se oppermag in die verre toekoms sal verander, nadat die laaste vyand vernietig is.

In my opinie is beide standpunte korrek, maar ons het nie genoegsame inligting om te bewys presies wat Johannes bedoel het nie.

Johannes se ‘Amen’ aan die einde van die vers bewys sy loyaliteit en bevestig die waarheid van wat gesê is.