God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 14: Pergamus (313 - 529 A. D.)

Pergamus het sestig myl Noord van Smirna en ongeveer vyftien myl vanaf die Egeïese See in die binneland in gelê. Hierdie stad was baie name genoem: Pergamus, Pergamon en Pergamos. Dit moet egter nie verwar word met moderne Pergamon wat in Ciprus geleë is nie.

Pergamus was nie ‘n belangrike stad nie, tot in 281 n.C. toe dit vergroot is en die hoofstad geword het van die nuwe Pergamus Koninkryk onder die Attaliede-dinastie. Hulle het kort daarna met Rome in alliansie getree en een van Rome se mees lojale ondersteuners geword.

Aan die einde van die Derde Masedoniese Oorlg (171 - 168 B.C.), waarin Pergamus Rome ondersteun het, het die dankbare Romeine die hele gebied wat hulle van die Seleukiede in Klein Asië verower het, aan hulle toegestaan. Dit het van Pergamus ‘n belangrike stad gemaak en dit het vinnig gegroei. Attalus is in 133 n.C. sonder ‘n erfgenaam oorlede en om ‘n burgeroorlog te verhoed, het hy sy nasie aan Rome gewillig. Daarna was dit deel van die Romeinse Ryk en het dit Rome se hoofstad vir die ganse provinsie in Asië geword.

In sy fleur, het die stad Pergamus ‘n populasie van ongeveer 200, 000 gehad. Die mees bekende tempel daarin was dié van Asklepios, die god van genesing. Die stad was ook bekend vir sy groot biblioteek, tweede naas die Groot Biblioteek in Aleksandrië, Egipte. Dit word beweer dat daar nagenoeg 500, 000 dokumente of boeke in Aleksandrië was, teenoor ongeveer 200, 000 in Pergamus.

Toe Pergamus sy biblioteek begin opbou, deur van papirus uit Egipte gebruik te maak, het die aanvraag na papirus Egipte se vermoë om dit te produseer, oortref. Die stygende prys van papirus het die mense van Pergamus forseer om perkament van verwerkte diervelle te gebruik, wat as pergamena bekend geword het. Perkament was vroeër in Asië gebruik, maar Pergamus het die proses verfyn en het bekend geword daarvoor.

Die amptelike hoofkwartier van die prokonsul van Rome in Asië was in Pergamus, hoewel hy teen die eerste eeu in Efese gewoon het. Teen hierdie tyd het die belangrikheid van Pergamus afgeneem en die invloed van Efese het toegeneem. Selfs Smirna het toe al belangriker voorgekom as Pergamus, as gevolg van die kort afstand tussen Efese en Pergamus en ook omdat dit die einde van die Koninklike Weg tussen Susa en Persië was.

Die Pergamus-Kerk Tydperk

Die Smirna-kerk tydperk het geëindig in 313 n.C. met Konstantyn se bevelskrif van Milan, wat ‘n einde aan die Romeinse vervolging gemaak het. Dit het ‘n nuwe Christen era in die geskiedenis van die Romeinse Ryk begin. Konstantyn het ‘n Christen geword kort voor die verowering van Rome in 312 n.C.

Konstantyn

Konstantyn se vader Konstantius was ‘n Romeinse Keiser en militêre generaal met min belangstelling in Christenskap en tot op daardie stadium het Konstantyn in sy voetspore gevolg. Nietemin was beide vader en seun gunstig teenoor Christene, ongetwyfeld as gevolg van die invloed van Helena, Konstantyn se moeder - wat ‘n sterk Christen was. Om hierdie rede is die kerke in die Westelike deel van die Ryk waar hulle geheers het, nie vervolg nie. Nog ‘n rede vir hulle verdraagsaamheid word deur James Carrol in sy boek, Constantine’s Sword, p. 168 aangebied.

‘Under Diocletian, Christians were liable to be put to death almost everywhere in the empire, with the exception of the North-Western provinces over which Constantius ruled. This was ... because, as general of an army made up in large part of tribal recruits who maintained loyalty to their own gods and cults, Contantius had learned the value of religious tolerance.’

Vertaal:

‘Onder Diocletianus, was Christene aanspreeklik om byna oral in die Ryk ter dood veroordeel te word, met die uitsondering van die noord-westelike provinsies waaroor Konstantius geheers het. Dit was ... omdat, as generaal van ‘n leër bestaande uit meestal stamrekrute wat lojaliteit gehandhaaf het jeens hul eie gode en kultusse, Konstantius die waarde van godsdienstige verdraagsaamheid geleer het.’

Toe Diocletianus in 305 n.C. afstand doen van sy amp weens geestesongesteldheid, het Konstantius van Helena geskei en met Maksiminus se dogter Theodora getrou, om ‘n beter verbintenis met die Romeinse regering te bewerk. Konstantius het egter die daaropvolgende jaar siek geword en in York gesterf. Sy seun Konstantyn het hom in die ouderdom van ongeveer agtien jaar opgevolg.

Intussen het Diocletianus vir Maksimian (sy ondergeskikte mede-keiser) forseer om sy voorbeeld te volg en uit die amp te bedank, maar Maksimian het kort daarna sy reg om te regeer herbevestig. Konstantyn het Maksimian toe behandel as wederregtelike troonrower en begin planne beraam om hom omvêr te werp.

Maksimian het dadelik om vrede ontwil na Triers gereis om met Konstantyn te beraadslaag. Die jong Konstantyn het Maksimian as die senior keiser (‘Augustus’) erken en ‘n huwelik het die eenheid verseël. Konstantyn is met Fausta, een van Maksimian se dogters getroud.

Maksimian se seun Maksentius het uitgelaat gevoel en sy aanspraak gemaak as keiser van die Weste. Maksimian het sy seun se posisie ten koste van Konstantyn ondersteun en dit het die konflik teweeg gebring. Maksimian is dood in die stryd van Marseilles en Konstantyn se leër het toe voortbeweeg na Rome wat versterk was deur Maksentius. In Italië was Konstantyn se leër vêr van die huis en ontmoedig. Carroll skryf op bladsy 171,

‘But the night before the battle at the Mivian Bridge, on the Tiber, Constantine saw a cross in the sky, above the legend, In Hoc Signo Vinces (‘In This Sign Conquer’). With the news of this vision, a signal of favor from the Christian God, Constantine’s troops rallied, went firmly into battle the next day, and won. Constantine himself threw Maxentius off the bridge into the Tiber, where he drowned. On the strength of that vision, and its fulfillment, the emperor became a Christian, so did his army, and, ultimately, so did the empire.’

Vertaal uit Engels:

‘Maar die nag voor die stryd op Mivian Brug, oor die Tiber, het Konstantyn ‘n kruis in die hemel, bo die legende In Hoc Signo Vinces (‘In Hierdie Teken Wen Jy’) gesien. Met die nuus van hierdie visioen, ‘n gunstige teken vanaf die Christene se God, het Konstantyn se leër saamgetrek, die volgende dag sterk in die geveg gegaan en oorwin. Konstantyn het vir Maksentius van die brug afgegooi in die Tiber Rivier, waarin hy verdrink het. Na aanleiding van die krag van daardie visioen en die vervulling daarvan het die Keiser ‘n Christen geword, so ook sy leër en uiteindelik die hele Ryk’

Konstantyn het daarna oor die hele Westelike deel van die Romeinse Ryk geheers. Hoewel hy vir nog ‘n paar jaar mag gedeel het met die keisers van die Ooste, het sy Bevelskrif van Milan in 313 n.C. die vervolging amptelik beëindig en die koers van beide Romeinse- en die Kerkgeskiedenis verander.

Konstantyn word dikwels onregverdig as ‘n heiden voorgestel wat voorgee om ‘n Christen te wees, waarvan die motiewe boos was. As nuwe gelowige, is daar geen twyfel dat hy nog vleeslik was nie - sy enigste opleiding was om sy doel te bereik deur die gebruik van militêre mag.

Daar is geen kans dat hy die konsep om ‘deur die Gees van bo verwek te wees’, verstaan het nie. Hy het eerder ‘n godsdienstige persoon geword, toegewy aan die Christendom as ‘n godsdiens op die enigste manier wat aan hom bekend was. Die goeie nuus is dat hy die erge vervolging stopgesit het en daarvoor was die Christene van sy tyd baie dankbaar. Die onopsetlike gevolg was dat Konstantyn se toenemende guns teenoor die kerk aan Biskoppe wat dikwels net so vleeslik as godsdienstig was, politieke mag gegee het.

Met verloop van tyd het die aanvaarding van bevelskrifte, geloof in Christus self vervang. Konstantyn se droom as sekulêre Keiser om die Ryk te verenig was verstaanbaar, maar die kerk het gou dieselfde doel aangeneem en dieselfde liefdelose metodes aangewend om ‘n gedwonge eenheid te bereik.

Gevolglik het die derde profetiese kerk in Openbaring 2 begin ontstaan, toe die vervolgde kerk (Smirna) deur Pergamus of Pergamos vervang is.

Die Betekenis van Pergamos (or Pergamus)

Party reken dat Pergamos van die Griekse woord pyrgos afkomstig is, wat ‘toring’, ‘versterkte plek’, ‘hoogte’ of ‘oplig’ beteken. Ander sê weer dit kom van ‘n saamgestelde woord peri - ‘rondom, met betrekking tot’ en gamos - ‘huwelik’. Die Griekse term gamos word in Openbaring 19:9 gebruik:

9 And he said to me, ‘Write, ‘Blessed are those who are invited to the marriage [gamos] supper of the Lamb.’ And he said to me, ‘These are the true words of God’.

9 Toe sê hy vir my: Skryf - salig is die wat genooi is na die bruilofs- [gamos] -maal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.

Dit wil vir my voorkom of beide afleidings van die naam Pergamus ‘n element van waarheid bevat. Die woord pyrgos is aan ons oorgelaat in die term ‘burg’ of ‘burgh’, wat ‘n verhoogte plek is - fisies en polities. ‘n Burgomaster is die hoof magistraat of burgemeester van sommige hedendaagse Europese stede. Hierdie afleiding spreek van politieke mag wat beslis die kerk se toename in mag van 313 - 529 n.C. verduidelik.

As ons die idee agter beide pyrgos en gamos kombineer, kan ons Pergamus se naam as ‘n profesie sien met betrekking tot ‘getroud met mag’. Dit beskryf in elkgeval die kerk gedurende hierdie tydperk van kerkgeskiedenis duideliker.

Die Twee Swaarde

Openbaring 2:12 sê:

12 And to the angel of the church in Pergamum write: The One who has the sharp two-edged sword says this:

12 En skryf aan die engel van die gemeente in Pergamus: Dit sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:

Die boodskap kom van dieselfde Christus as die boodskappe aan die ander gemeentes, maar in elke geval neem Christus ‘n ander titel aan, om die spesifieke probleem en oplossing van elke betrokke gemeente te beklemtoon. In hierdie geval is Christus die Een ‘wat die skerp tweesnydende swaard het.’ Waarom verwys Hy na Homself op hierdie manier?

Hebreërs 4:12 sê:

12 For the word of God is living and active and sharper than any two-edged sword, and piercing as far as the division of soul and spirit, of both joints and marrow, and able to judge the thoughts and intentions of the heart.

12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Die woord van God word uitgebeeld as ‘n swaard. Paulus noem dit ‘die swaard van die Gees’ (Efesiërs 6:17), sodat hy dit met ‘n fisiese swaarde kan kontrasteer. Die probleem was dat die kruis wat Konstantyn gesien het in ‘n ‘swaard’ verander het. Die twee Verbonde het elk ‘n eie swaard. Onder die Ou Verbond was die Beloofde Land oorwin deur die krag van fisiese swaarde, omdat die mense nie gereed was vir die Nuwe Verbond met hul eerste Pinkster by die Berg Sinaï nie. Toe hulle geweier het om die woord van God te hoor (Eksodus 20:19), het hulle bloot fisiese swaarde ontvang om die Kanaäniete mee te oorwin.

In Handelinge 2 het 120 disiepels egter tydens Pinkster onder die Nuwe Verbond die woord van God ontvang in die bo-kamer. Met hierdie swaard wat skerper is as enige tweesnydende swaard, is hulle opdrag gegee om die wêreld te oorwin - nie deur hulle met die dood te dreig nie, maar deur die woord te verkondig. Gelowiges is dan gedoop in ‘n geestelike dood-en-opstanding ondervinding in, volgens die Groot Sendingsopdrag wat Jesus hulle gegee het voor Sy hemelvaart. Matteus 28:18-20 sê:

18 And Jesus came up and spoke to them, saying, ‘All authority has been given to Me in heaven and on earth. 19 Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and the Son and the Holy Spirit, 20 teaching them to observe all that I commanded you; and lo, I am with you always, even to the end of the age.

18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. 19 Gaan dan heen, maak disiepels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Christus se inleiding tot Sy boodskap aan Pergamus veronderstel dat die kerk gedurende hierdie tydperk van fisiese swaarde en vleeslike metodes gebruik sou maak om die Groot Sendingsopdrag te voltooi. Dus het Konstantyn se visioen van ‘n kruis (swaard) saam met die woorde ‘In Hoc Signo Vinces (‘In Hierdie Teken Wen Jy’) die belangrikste kenmerk van die Pergamus tydperk vanaf 313 - 592 n.C. geword.

As sy visioen werklik was, moes hy dit interpreteer het volgens die Nuwe Verbond swaard, eerder as die Ou Verbond swaard. Sy aandag was egter gevestig op die stryd voor hom waarin fisiese swaarde betrokke was. Fisiese swaarde skei wel hoofde van liggame, maar die woord van God is skerp genoeg om siel van gees te skei, asook gedagtes en bedoelings van die hart.

Die wortel van die probleem was dat die kerk nie werklik die verskil tussen die twee Verbonde en hul twee swaarde verstaan het nie. Hulle het nie onderskei tussen siel en gees nie, daarom het hulle die siel se neigings (natuur) misgis vir wat geestelik was. Daardeur het hulle ‘n ‘sielerige kerk’ geword wat funksioneer het op die krag van die vleeslike, natuurlike denke van die ‘ou mens’ - Adam. Hulle het die gemeente verander in ‘n godsdiens deur die gees van denominasionalisme en lidmaadskap het belangriker geword as ‘n transformasie van die hart. ‘n Verhouding met God was ondergeskik gemaak aan godsdienstige rituele en leerstelling.

Satan se troon

Openbaring 2:13 sê:

13 I know where you dwell, where Satan’s throne is; and you hold fast My name, and did not deny My faith, even in the days of Antipas, My witness, My faithful one, who was killed among you, where Satan dwells.

13 Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan My Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat doodgemaak is by julle waar die Satan woon.

Pergamus was bekend vir sy magdom tempels, drie van hulle toegewy aan die Romeinse Keisers self. Die mees betekenisvolle was egter die tempel van Zeus, die koning van die Griekse gode. Dit het ‘n groot troon genaamd ‘The Great Altar of Zeus’ gehad wat die verwoestings van geskiedenis oorleef het. Dit was in die laat 1800’s gekoop by die Ottoman Ryk, uitmekaar gehaal, verskeep na Berlyn en weer aanmekaar gesit van 1910 - 1930.

Van 1934 - 1937, het Adolf Hitler die platvorm of verhoog by Zeppelin Field in Nuremberg gebou om vir Nazi saamtrekke gebruik te word. Die Pergamus altaar was as model gebruik en Hitler se podium was in die middel van hierdie platvorm geplaas. In 1948 het die Sowjet die altaar na Leningrad geneem, maar weer teruggeneem in 1958. Omdat die geskiedenis en geestelike betekenis daarvan bekend was wil dit voorkom of baie Satan se troon vir hulself wou neem.

Geskiedenis van Satan se troon

Pergamus was nie altyd ‘Satan se Troon’ nie. Uit ‘n profetiese oogpunt was Babilon sy troon, maar ná die val van Babilon het van Babilon se priesters die troon na Pergamus oorgedra. Die hoof van dié priestersorde was die Pontifeks Maksimus, Latyn vir ‘hoërpriester’. ‘n Paar dekades voor die geboorte van Christus het Julius Caesar die titel as hoërpriester in Pergamus bekom en toe hy keiser in Rome word, het hierdie titel saam met hom na Rome gegaan.

Vir die volgende 400 jaar is die titel van Pontifeks Maksimus aan al die keisers van Rome oorgedra tot die tyd van Maksimus III (383 - 388 n.C.) Vandaar het die keisers nie langer die titel geëis nie en dit is oorgedra na die Biskoppe van Rome, wat dit tot vandag toe nog gebruik. Namate die tydperk van die vier dier-ryke Wes beweeg het, het Satan se troon ook Wes beweeg en uiteindelik in Rome, in die Romeinse Kerk ‘n tuiste gevind. Die Romeinse Kerk is die ‘ander horing’ - ‘n verlenging van Keiserlike Rome.

Die burgers van Pergamus was bekend as die ‘Tempelwagters van Asië’. Daar was onder meer drie tempels wat opgedra was aan die Romeinse Keisers, ‘n tempel vir Athena en ‘n tempel of genesingsentrum met die naam Asklepieion (toegewy aan Asklepios, die slang-god van genesing).

Antipas, die Getroue Getuie

Openbaring 2:13 verwys met lof na Antipas. Hy was die Biskop van Pergamus wat in 92 n.C. daar gemartel was, kort voor Johannes as banneling na Patmos weg is. Die priesters van Pergamus was kwaad vir die Christene, omdat hulle die basiese beginsels van die Griekse godsdiens ontken het - dat daar baie gode was. Die heidenpriesters het by die Romeinse regering gekla dat die gebede van Antipas hulle geeste uit die stad uitgedryf het en die aanbidding van hul gode tot niet gemaak het.

Die heerser het Antipas toe opdrag gegee om aan die standbeeld van die Keiser te offer en die Keiser as ‘heer en god’ te verklaar. Hy het natuurlik geweier, en daarom is hy gevonnis om geoffer te word op die Groot Altaar van Zeus. Op die hoogste punt van die altaar was ‘n groot uitgeholde brons bul. Hulle het die bul opgewarm en soos dit warmer geword het, het die slagoffers binne-in gekerm en geskreeu. Hulle stemme is dan uit die bek van die bul gehoor. Dit het die mense laat dink dat die bul lewendig word as gevolg van die offer. Antipas is dus in 92 n.C. gemartel vir sy getuienis van Christus en die waarheid.

Antipas, as Profetiese voorbeeld

Die naam Antipas word blykbaar afgelei van die woord anti, ‘in stede-‘ of ‘in plek van’ en pater, ‘vader’. Die naam word dus vertaal as ‘soos vader’, maar beteken nie ‘teen of in teenstelling met vader’ nie.

‘Soos vader’ is ongetwyfeld die primêre betekenis van die naam en dit veronderstel dat hierdie getroue getuie soos sy hemelse Vader was. Met ander woorde, hy was een van die Amen-mense. Met ander woorde: op aarde ‘n dubbel getuie van sy hemelse Vader, Sy woorde en Sy dade.

Die Griekse woord pas (soos in Anti-pas), beteken ‘almal’. Dit word op baie plekke gebruik, soos in Romeine 11:32:

32 For God has shut up all [pas] in disobedience, that He might show mercy to all [pas].

32 Want God het hulle almal [pas] in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal [pas] barmhartig te kan wees.

Weer sê 1 Timoteus 4:9-10:

9 It is a trustworthy statement deserving full acceptance. 10 For it is for this we labor and strive, because we have fixed our hope on the living God, who is the Savior of all [pas] men, especially of believers.

9 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word. 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n Behouder is van alle [pas] mense, insonderheid van die gelowiges.

As ons oorweeg dat pas die afleiding van die laaste deel van die naam Antipas is, sien ons weer ‘n dubbel profetiese betekenis, soortgelyk aan wat ons met die naam Pergamus (of Pergamos) gesien het.

Om Antipas volgens hierdie tweede metode te interpreteer, kan ons hom as verteenwoordigend van ‘almal’ in ‘n universele sin sien. Hy is beide ‘soos Vader’ en ‘soos almal’. As verteenwoordiger van die universele ‘almal’, word sy martelaarskap simbolies van die dood van ‘n leerstelling van Universele Versoening wat in die jaar 400 gedurende die Pergamus tydperk (313 - 529 n.C.) voorgekom het.

Universele Versoening

Tot in die jaar 400 n.C. was die leer van Universele Versoening beide algemeen en ‘normaal’ in die kerk, of ten minste in die mees invloedryke sentrums van die Christen denkwyse. Uiteenloping van opinie het begin toeneem so vroeg soos die jaar 203 n.C., toe twee invloedryke Christene, Klemens en Tertullianus, teenoorgestelde posisies ingeneem het oor die aard van oordeel. Tertullianus, die Christen Romeinse Prokureur het in De Spectaculis, 30, geskryf:

‘How I shall admire, how laugh, how rejoice, how exalt, when I hehold so many kings ... groaning in the lowest abyss of darkness, so many magistrates who persecuted the name of the Lord, liquefying in fiercer flames than they ever kindled against Christians; so many sage philosophers blushing in raging fire.’

Vertaal uit Engels:

‘Hoe sal ek bewonder, hoe lag, hoe jubel, hoe verhef, wanneer ek soveel konings sien ... kreunend in die diepste afgrond van duisternis, so baie landdroste wat die Naam van die Here vervolg het, vloeibaar word in feller vlamme as wat hulle ooit aangesteek het teen Christene; so baie wyse filosowe blosend in woedende vuur.’

Sy siening van ‘n letterlike brandende hel was later deur die Romeinse Kerk aangeneem, maar op dieselfde tyd (203 n.C.) het Klemens van Aleksandrië die volgende in Stromata VII, 26 geskryf:

‘God does not wreak vengeance, for vengeance is to return evil for evil, and God punishes only with an eye to the good.’

Vertaal uit Engels:

‘God saai nie wraak nie, want wraak is om kwaad met kwaad te vergeld, en God straf net met die oog op die goeie.’

In kommentaar op 1 Timoteus 4:9-11, skryf Klemens die volgende:

‘And how is He Savior and Lord, if not Savior and Lord of all? But He is the Savior of those who have believed ... and the Lord of those who have not believed ... for all things are arranged with a view to the salvation of the Universe by the Lord of the Universe, both generally and particularly ... But necessary corrections, through the goodness of the great Overseeing Judge, both by the attendant angels , and through various preliminary judgements, or through the Great and Final Judgment, compel egregious sinners to repent.’

Vertaal uit Engels:

‘En hoe is Hy Redder en Heer, indien nie Redder en Heer van almal nie? Maar Hy is die Redder van dié wat geglo het ... en die Heer van dié wat nie geglo het nie ... want alle dinge is gereël met die oog op die verlossing van die Heelal deur die Heer van die Heelal, beide in die algemeen en in die besonder ... Maar nodige regstellings, deur die goedheid van die Groot Toesighoudende Regter, beide deur die bedienende engele, en deur verskeie voorlopige oordele, of deur die Groot Finale oordeel, dwing verskriklike sondaars om te bekeer.’

Klemens skryf verder (Stromata VII, 6):

‘We say that fire purifies not the flesh but sinful souls, not an alldevouring vulgar fire, but the ‘wise fire’ as we call it, the fire that ‘pierceth the soul’ which passes through it.’

Vertaal uit Engels:

‘Ons sê dat vuur nie die vlees louter nie maar sondige siele, nie ‘n alles-verterende vulgêre vuur nie, maar ‘n ‘wyse vuur’ soos ons dit noem, die vuur wat die siel deurboor wanneer dit daardeur gaan.’

Weer sê hy (Ecl. Phroph. XXV, 4):

‘Fire is conceived of as a beneficent and strong power, destroying what is base, preserving what is good; therefore this fire is called ‘wise’ by the Prophets.’

Vertaal uit Engels:

‘Vuur word verstaan as ‘n mag weldadig en sterk, dit vernietig wat basies is en bewaar wat goed is; daarom word hierdie vuur deur die Profete ‘wys’ genoem.’

Klemens het hierdie stellings geskryf in die tyd van Origenes, wat die eerste groot teoloog van die kerk van sy dae was. Hoewel hy die meer algemene uitgangspunte van die kerk oortuigend kon oordra, het Origenes nie mense oortuig van sy denkwyse, naamlik:- dat God uiteindelik alle mense sal red en dat Sy vurige oordeel ontwerp is om mense ‘reg te help’ en ‘verskriklike sondaars’ te ‘dwing tot bekering’ nie.

Tertullianus het egter die teenoorgestelde posisie ingeneem, hoewel syne die siening van ‘n minderheid was. Klemens van Aleksandrië het nie sy posisie van die Egiptiese Kultuur van die tydperk, waarmee hy omring was afgelei nie. Egiptiese godsdiens het spesialiseer in leerstellings oor ‘n brandende hel. Jaques le Goff skryf in sy boek, The Birth of Purgatory, pp. 19, 20, die volgende:

‘The Egyptian Hell was particularly impressive and highly refined ... Confinement and imprisonment played an important role. The tortures were bloody, and punishment by fire was frequent and terrifying ... When it came to the topography of Hell, the Egyptian imagination knew no limits ... Intermediate states of phases in the other-worldly process of purification did not exist.’

Vertaal uit Engels:

‘Die Egiptiese Hel was besonders indrukwekkend en hoogs verfyn ... Inperking en gevangenskap het ‘n belangrike rol gespeel. Die marteling was bloedig en straf deur vuur was gereeld en skrikwekkend ... Wanneer dit by die topografie van die Hel gekom het, het die Egiptiese verbeelding geen perke geken nie ... Tussentoestande van fases in die anderwêreldse proses van loutering het nie bestaan nie.’

Op bladsy 53, lig Jaques le Goff ons ook in van die kontras tussen die Egiptiese siening van goddelike oordeel en dié van die vroeë Christene, wanneer hy skryf (The Birth of Purgatory, p. 53):

‘From the Old Testament, Clement took the notion that fire is a divine instument, and from the New Testament the idea of baptism by fire (from the Gospels) and the idea of a purificatory trial after death (from Paul).’

Vertaal uit Engels:

‘Uit die Ou Testament het Klemens die idee dat vuur ‘n goddelike instument was geneem en uit die Nuwe Testament die idee van ‘n vuurdoop (uit die Evangelies) met die idee van ‘n reinigingende verhoor ná die dood (van Paulus).

Die standaard siening van die grootste meerderheid van Christene, veral onder die sewe gemeentes in Asië asook dié in Palestina en Aleksandrië, was dat die ‘poel van vuur’ nie ‘n letterlike put van marteling was nie, maar wel ‘n doop van die Heilige Gees en ‘vuur’. Hierdie leerstelling is deur byna al die groot kerkvaders gedurende die vierde eeu verkondig, insluitend Gregorius van Nazianzus en Gregorius van Nyssa, twee van die grootste teoloë aan die einde van die vierde eeu. Dit was selfs deur Jerome verkondig tot die groot omstredenheid uitgebars het in die jaar 400 n.C.

Die Omstredenheid

Die omstredenheid het begin toe ‘n ryk weduwee van Aleksandrië geld wou skenk om arm weduwees te onderhou. Omdat sy geweet het dat Theofilus, die biskop van Aleksandrië, meer belang gestel het in geboue as in arm weduwees, het sy die geld in die geheim aan Isidorus (die superintendent van die aalmoeshuis van die kerk in Aleksandrië) oorhandig. Dit is egter onmoontlik om geld te spandeer sonder dat die waarheid aan die lig kom. Theofilus het gal afgegaan en Isidorus verban met vals aanklagte.

Isidorus het na die woestyn tussen die Nitriaanse monnike gevlug. Theofilus het troepe gestuur om die monnike in te val, hul kloosters af te brand en dié wat geweier het om Isidorus oor te gee, te martel. Christene in Aleksandrië was verskrik. Tagtig van die monnike het ontsnap en na Konstantinopel gevlug waar hulle by die biskop, John Chrysostom geappelleer het.

‘n Verhoor is byeengeroep en Theofilus was ontbied. Deur subtiele sameswering was Theofilus daartoe in staat om John te onttroon en hy is in ballingskap uitgedryf waar hy spoedig gesterf het.

Hierdie politieke omstredenheid het oorgeloop na die leerstellige arena. Theofilus het die geskrifte van Isidorus verban. Isidorus was besig was om ‘n huldeblyk genaamd ‘Love of the Beautiful’, aan Origenes te skryf. Dié boek het meestal oor Universele Versoening gehandel. Theofilus het egter sy standpunt skielik verander na ‘n leerstelling van ewige pyniging en het universele versoening as kettery verban. Tot op daardie stadium was Universele Versoening die leerstelling van die kerk wat deur Thomas in Aleksandrië gestig was.

Gedurende hierdie omstredenheid het Jerome, die biskop van Betlehem aan die biskop in Rome geskryf om hom te vra watter kant van die saak hy moes kies. Die Romeinse Pous het hom aangeraai om die kant van ewige pyniging te kies. Jerome het toe begin met ‘n leerstelling van ewige marteling, waar hy voorheen Universele Versoening verkondig het. Jerome was vir sy hele studente-tyd ‘n bitter en wraaksugtige mens, duidelik aan almal ná sy aanvalle op Rufinus. Hierna het hy ‘n nuwe vyand gekry en ‘al sy gevoelens van ordentlikheid en waarheid verloor’ (Hans von Campenhausen, The Fathers of the Latin Church, p. 178).

Steeds het Universele Versoening egter vir ‘n lang tyd die dominante siening gebly. Kerk biskoppe het dit nodig gevind om Origenes gedurende die Vyfde Algemene Raadsitting van 553 n.C. te veroordeel, hoewel Origenes se leerstelling dieselfde was as wat sy voorgangers in Aleksandrië sedert daardie kerk se stigting in die eertse eeu geglo het.

Vreemd genoeg, het die kerkraad nie Origenes se leerstellings met betrekking tot Universele Versoening teëgegaan nie. Hulle het wel sy siening dat Satan en sy engele ook uiteindelik versoen sou word teëgestaan. Met verloop van tyd is die veroordeling verbreed om die idee van God as Redder van alle mense in te sluit, terwyl twee van die mees bekende doktore van die kerk - Gregorius van Nazianzus en Gregorius van Nyssa - terselfdertyd lof toegeprys is. Miskien het die mees noemenswaardige oordeel vanaf Keiser Justinianus (527 - 565 n.C.) gekom. In sy Anatema IX (‘n banvloek) lees ons:

‘If anyone says or thinks that the punishment of demons and of impious men is only temporary, and will one day have an end, and that a restoration will take place of demons and of impious men, let him be anathema.’

Vertaal uit Engels:

‘As enigiemand sê of dink dat die straf van demone en van goddelose mense bloot tydelik is, en eendag ‘n einde sal hê, en dat herstel plaas sal vind van demone en van goddelose mense, laat hulle vervloek wees.’

Dit is miskien gepas dat Justinianus die Bybel se verkondiging van Universele Versoening soos die wet van Jubileum voorskryf afgekeur het. Justinianus was die Keiser wat amptelik ‘n einde gebring het aan die Pergamus-tydperk en die begin van die Thiatire-tydperk (529 - 1517 n.C.) ingestel het. Sy grootste projekte was die nuwe kalender en die Romeinse (Kerk) Wette, wat die tydperk van die ‘ander horing’ begin het.

Vir ‘n breedvoerige studie van die geskiedenis van Universele Versoening en hoe dit deur die kerk verwerp was, sien my boek, A Short History of Universal Reconciliation.

Die punt is dit: Die martelaarskap van Antipas het aan die gemeente van Pergamus profeteer van ‘n tipe dood van Universele Versoening, wat moontlik die mees merkwaardige omstredenheid van die profetiese Pergamus-tydperk (313 - 529 n.C.) was.

Die Raad van Bileam

Openbaring 2:14 kritiseer die kerk van Pergamus, wanneer dit sê:

14 But I have a few things against you, because you have there some who hold the teaching of Balaam, who kept teaching Balak to put a stumbling block before the sons of Israel, to eat things sacrificed to idols, and to commit acts of immorality.

14 Maar ek het enkele dinge teen jou, dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

Die Ou Verbond kerk wat ooreenstem met dié van Pergamus, is die Bileam-kerk van Moses se dae. Om hierdie rede vind ons dat Pergamus sy eie Bileam-predikers in sy midde gehad het. Dit is natuurlik hoogs onwaarskynlik dat dié leraars Bileam as hul mentor sou erken, maar die Een met die tweesnydende swaard kon die gedagtes en voornemens van hul harte onderskei.

Bileam was ‘n profeet met ‘n begeerte vir mag en geld. Sy verhaal is opgeskryf in Numerie 22 - 24. Die koning van Moab was doodbang vir die vorderende Israeliete, daarom het hy en die oudstes van Midian die profeet gehuur om Israel te vervloek (Numerie 22:6). Bileam het God toestemming gevra om Israel te vervloek (vers 10 - 11), maar God het hom belet: ‘jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd’ (vers 12).

Hy moes daarby volstaan het, maar Bileam wou die guns van Balak, die koning van Moab wen. Toe die koning hom dus ‘n groter beloning beloof, het Bileam weer vir God gevra of hy Israel mag vervloek (Numerie 22:19). God het toe vir hom gesê dat hy saam met Balak se manne kon gaan, maar slegs die woorde kon spreek wat God hom sou gee. Bileam het toe so gemaak, maar ‘die toorn van God het ontvlam omdat hy weggetrek het’ (Numerie 22:22). God se woede was ongetwyfeld gemik op Bileam se beweegrede, omdat hy steeds gehoop het om Israel te vervloek en daardeur Balak se guns te wen.

Die engel van die Here het toe met ontblote swaard in die pad gestaan. Bileam se esel kon die engel sien, maar Bileam kon nie. Die esel het van die pad afgegaan, maar Bileam het kwaad geword en die esel begin slaan. Uiteindelik het God die esel se bek geopen en die esel het die eertse in die geskiedenis geword om ‘in tale’ te praat (Numerie 22:28).

Bileam het toe met die esel argumenteer voordat hy besef het dat die esel sy lewe gered het. Die profeet het uiteindelik sy fout erken (Numerie 22:34). Hy het sy sonde om nie die engel te sien nie erken, maar nie sy werklike sonde nie - dat sy begeerte nie die wil van God was nie. Hy was besig om sy profetiese gawe te gebruik om dinge te vestig wat nie God se wil was nie.

Hierdie is ‘n Pinkster verhaal uitgebeeld deur ‘n esel wat deur ‘n profeet met vleeslike denke gery word. In die Skrif verteenwoordig esels pinkstermense, terwyl perde die oorwinnaars van die Loofhuttefees verteenwoordig (Sien my boek, The Wheat and Asses of Pentecost). Die verhaal is spesifiek van toepassing op die kerk van Pergamus waar daar in Johannes se dae profete was wat die voorbeeld van Bileam gevolg het. Hierdie profete moes na hul ‘esels’ (geesvervulde gelowiges) geluister het.

Omdat Bileam verhoed was om Israel te vervloek, en hulle net kon seën, het hy koning Balak aangeraai om ‘n ander benadering te gebruik. Hy het aanbeveel dat Balak Israel uitlok om te sondig deur immorele optrede. Numerie 25:1-3 sê:

1 While Israel remained in Shittim, the people began to play the harlot with the daughters of Moab. 2 For they invited the people to the sacrifices of their gods, and the people ate and bowed down to their gods. 3 So Israel joined themselves to Baal of Peor, and the Lord was angry against Israel.

1 Toe Israel in Sittim gebly het, het die volk begin hoereer met die dogters van die Moabiete - 2 dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode. 3 So het Israel hom dan gekoppel aan Baal-Peor, en die toorn van die Here het teen Israel ontvlam.

As gevolg hiervan het God Israel opdrag gegee om die Moabiete en Midianiete, in ‘n oorlog te verslaan en Bileam is ook gedood (Numerie 31:8). Ons lees verder in Numerie 31:16,

16 Behold, these caused the sons of Israel, through the counsel of Balaam, to trespass against the Lord in the matter of Peor, so the plague was among the congregation of the Lord.

16 Kyk, Hulle was, deur die raad van Bileam, vir die kinders van Israel ‘n oorsaak van troubreuk teenoor die Here in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die Here was.

Hier word ons meegedeel dat dit Bileam se plan was om Israel te verlei deur immoraliteit. Bileam het geweet dat dit die enigste manier was hoe God se vloek oor Israel gebring kon word.

Die Pergamus Kerk Aanvaar Bileam se Raad

Dit kom voor of dieselfde raad van Bileam in die kerk van Pergamus opgeduik het. Ons weet nie presies watter kerk in die besonder betrokke was nie. Wat belangriker is, is die effek wat dit op die kerk in die Pergamus-tydperk (313 - 529 sy eie) gehad het. Dáár vind ons die Bileam-gees wat in die kerkgeskiedenis posgevat het.

Gedurende die Smirna-tydperk van vervolging, het Rome die kerk probeer vervloek, maar dit het net vinniger gegroei. Dus was ‘n ander benadering gebruik. Rome (Konstantyn) het die kerk geseën, maar daar van vleeslikgesinde kerkleiers wat daarop uit was om met heidene te verenig in ‘n poging om hulle na die Christen-godsdiens te bekeer. Hierin het hulle die verhaal van Bileam herhaal, maar in plaas van heidene bekeer tot Christus, het die Christen-godsdiens heidense gode en hul gebruike aangeneem. Heidense tempels is omskep in Christen kerke, heidense gode is die name van Christelike heiliges gegee, heidense standbeelde is herdoop en heidense vakansiedae is verchristelik. Standbeelde van Persefone is byvoorbeeld aangeneem as afbeeldings van moeder Maria.

Onder Konstantyn en sy opvolgers was dit voordelig om ‘n Christen te wees en veral om die biskop van vername stede te wees het groot mag en rykdom beteken. Binnekort was ambisieuse mans in die bediennig ingetrek vir die verkeerde redes. Die leerstelling (of raad) van Bileam het daarin geslaag om die kerk te verlei om die woord van God te laat vaar. Christenleiers het oor die eeue al hoe meer vleeslikgesind geword en afgodery het ferm wortel geskiet, vermom as afbeeldings van Christus, Maria en die Heiliges.

Die raad van Bileam was om die Israeliete te oorreed om in immorele optrede met die Midianitiese vroue betrokke te raak, as hulle net voor Baal-Peor sou buig. Die taktiek het goed gewerk, maar 24 000 Israeliete het deur die plaag gestef toe God die volk veroordeel het (Numerie 25:9).

Die huwelik met die heidendom in die tyd van Moses is herhaal in die tyderk van die kerk van Pergamus. Dit verleen steun aan die stelling dat Pergamus (of Pergamos) te doen het met ‘gamos’, wat ‘huwelik’ beteken - dit word bewys deur die uitwerking van profesie self.

Die Gees van Raadgewing

Die boodskap aan die gemeente in Pregamus het van die Gees van Raad, een van die sewe Geeste van God, gekom. Die Gees van Raad was veronderstel om die raadgewing van Bileam teë te werk. Dus was die boodskap aan die gemeente van Pergamus dít: om nie na dié wat ‘die leer van Bileam’ verkondig te luister nie (Openbaring 2:14).

Die Gees van Raad het die gemeente ook gewaarsku om hulle daarvan te weerhou om goed wat aan afgode geoffer word te eet (Openbaring 2:14). Isreal was hieraan skuldig toe hulle met die Moabitiese vroue gehoereer het, soos ons in Numerie 25:2 lees:

2 For they invited the people to the sacrifices of their gods, and the people ate and bowed down to their gods.

2 Dié het die volk na die offers van hulle gode uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.

Dit was deur die wet profeteer in Eksodus 34:15,

15 lest you make a covenant with the inhabitants of the land and they play the harlot with their gods, and sacrifice to their gods, and someone invite you to eat of his sacrifice.

15 Maak tog nie ‘n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, dan sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet.

In Handelinge 15:29, is gedurende die eerste Kerkraadsvergadering besluit:

29 That thou abstain from things sacrificed to idols and from blood and from things strangled and from fornication.

29 dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery.

Dit was heel moontlik om hierdie rede dat baie gelowiges gedink het dat dit ‘n sonde was om vleis te eet, omdat dit op die markplein aangebied was. Die tempels het gewoonlik baie meer offers gehad as wat die priesters ooit kon opeet, daarom was baie van die vleis op die markte verkoop om geld in te samel vir die tempels. Die vraag was of dit vir ‘n Christen wettig was om hierdie vleis te koop en dit dan te eet.

Paulus het nie gevoel dat die eet van sulke vleis beteken het dat mens hoereer of verbonde sluit met mense wat vreemde gode aanbid het nie. Dit sou heel ‘n ander storie gewees het as Christene saam met heidense vriende na heidense tempels gegaan het om voor vreemde gode te buig en ‘n gemeenskapsete saam met hulle gehou het.

Wanneer Paulus dus Christene se gemeenskap aan voedsel bespreek, sê hy in 1 Korintiërs 10:18-21 die volgende:

18 Look at the nation of Israel; are not those who eat the sacrifices sharers in the altar? 19 What do I mean then? That a thing sacrificed to idols is anything, or that an idol is anything? 20 No, but I say that the things which the Gentiles sacrifice, they sacrifice to demons, and not to God; and I do not want you to become sharers in demons. 21 You cannot drink the cup of the Lord and the cup of demons; you cannot partake of the table of the Lord and the table of demons.

18 Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? 19 Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? 20 Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeemskap moet hou nie. 21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

Om vleis op die mark te koop, al was dit vroeër aan afgode geoffer, was nie ‘n verbreking van die verbond nie. Om vleis aan afgode te offer het niks aan die vleis verander nie. Die afgode het nie die diere gemaak nie en het hulle dus nie besit nie, want vers 26 sê: ‘die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan’.

Met ander woorde; ignoreer die kwessie, behalwe as iemand dit bevraagteken en as iemand aan jou vleis bedien wat aan vreemde gode geoffer was, ‘eet dan alles wat julle voorgesit word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete’ (vers 27). Die verbod is slegs van toepassing indien die maaltyd deel vorm van ‘n heidense aanbiddingseremonie, want dan moet dit as ‘n vals gemeenskap aan voedsel of ‘die tafel van duiwels’, beskou word.

Paulus vergelyk die Here se tafel met die tafel van duiwels. Die Here se tafel is waar ons Christus se vlees en bloed eet en drink volgens die geestelike beginsel in Johannes 6:54. In teenoorgestelde sin beteken eet aan die tafel van duiwels, om die vlees en bloed van ‘n vals god of vals messias te eet en drink. Omdat ons is wat ons eet (en assimileer), is dit duidelik dat ons nie die manifestasie van demoniese aktiwitiet moet word nie, maar eerder die lewende woord van Christus moet word.

Dit is dus die betekenis van die verbod soos bepaal deur die Gees van Raad in Openbaring 2:14. Dit het ‘n verbintenis met die verhaal van Bileam. Die gemeente was gewaarsku om hulle daarvan te weerhou om alles te doen wat die Israeliete gedoen het toe hulle die dogters van Midian in die aanbidding van Baal-Peor aangesluit het.

Openbaring 2:15 sê:

15 Thus you also have some who in the same way hold the teaching of the Nicolaitans.

15 So het jy ook mense wat aan die leer van die Nikolaïete vashou wat Ek haat.

Aangesien dit reeds in ons studie van die Efese kerk bespreek is, staak ons enige vêrdere kommentaar, behalwe om te sê dat dieselfde probleem in die Pergamus kerk te vinde was. Uit ‘n profeties-, historiese standpunt het die saad van Nikolaïete leerstelling (heers oor die leke), in die eerste kerk-tydperk van 33 - 67 n.C. begin, maar teen die Pergamus tydperk (313 - 529 n.C.) het dit meer volledig ontwikkel namate die hiërargie van die kerk in mag toegeneem het.

God Dreig om Oorlog te Voer Teen die Kerk

Openbaring 2:16 sê:

16 Repent therefore; or else I am coming to you quickly, and I will make war against them with the sword of My mouth.

16 Bekeer jou. Anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog maak met die swaard van my mond.

Net soos God ‘n plaag oor Israel laat kom het, omdat hulle met die Moabiete gehoereer het, so het God gedreig met oorlog teen die Pergamus kerk, tensy hulle bekeer. Die oorwinnaars het bekeer; die res van die kerk het nie. Wat noemenswaardig is, is dat dit voorkom of die groot omstredenheid rondom Universele Versoening juis in die jaar 400 n.C. begin het, en Rome net tien jaar later deur Alaric die Goot verwoes is, wat ‘n reeks goddelike oordele begin het , waarby oorlog betrokke was.

Hierdie traumatiese gebeurtenis het plaasgevind net 30 jaar nadat keiser Theodosius in 380 n.C. Christenskap die geloof van die staat gemaak het. Die verwoesting van Rome het Augustinus, die biskop van Hippo (naby Kartago in Noord-Afrika), motiveer om sy invloedryke boek City of God, te skryf, waarin hy verduidelik dat Rome nie die Nuwe Jerusalem was nie, maar dat die ‘Stad van God’ ‘n geestelike stad was. Met ander woorde: die Gote het nie die Nuwe Jerusalem omvergewerp nie.

Hoewel sy basiese uitgangspunt beslis waar was, was die onvermydelike waarheid die feit dat God toegelaat het dat ‘n Christelike Ryk onder goddelike oordeel geplaas word. Net God se oordeel oor die gemeente vir sy afvalligheid, wat meeste kerkamptenare moontlik nie eens begryp of erken het nie, kan dit verduidelik. Die Gees van Raad se boodskap aan die gemeente van Pergamus help om te verduidelik waarom God Rome veroordeel het.

Soos ons later sal sien, was Alaric die Goot die eerste oordeel oor Rome, toe die engel die eerste trompet geblaas het in Openbaring 8:7.

Die swaard wat uit God se mond kom, is die swaard van die Gees - God se tong word vergelyk met ‘n vurige swaard. Die metafoor word uitgebeeld in fisiese terme, maar dit is in werklikheid ‘n saak van Sy woord - Sy woord is Wet. Sy woord is ‘n bevel uit die hof van die hemel, wat dan deur mense op aarde toegepas word. In hierdie geval het God die Gote opgewek om goddelike oordeel oor ‘Christelike Rome’ te bring vir hul afvalligheid - Alaric en sy leër het fisiese swaarde gebruik om Rome te verwoes.

Verborge Manna

Die vergoeding vir oorwinning word in Openbaring 2:17 bekend gemaak.

17 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. To him who overcomes, to him I will give some of the hidden manna, and I will give him a white stone, and a new name written on the stone which no one knows but he who receives it.

17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeente sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Die verborge manna is ‘n verwysing na die pot manna wat Moses saam met die kliptafels van die verbond en Aäron se staf in die Verbondsark geplaas het. Hebreërs 9:3-4 sê:

3 And behind the second veil there was a tabernacle, which is called the Holy of Holies, 4 having a golden altar of incense and the ark of the covenant covered on all sides with gold, in which was a golden jar holding manna, and Aaron’s rod which budded, and the tables of the covenant.

3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, 4 waarin ‘n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond.

Blykbaar het Moses van die manna op die eerste dag waarop dit uit die hemel verskein het eenkant gesit, hoewel die verbondsark toé nog nie gebou was nie. Eksodus 16:31-34 sê:

31 And the house of Israel named it manna, and it was like coriander seed, white; and its taste was like wafers with honey. 32 Then Moses said, “This is what the Lord has commanded, ‘Let and omerful of it be kept throughout your generations, that they may see the bread that I fed you in the wilderness, when I brought you out of the land of Egypt’.” 33 And Moses said to Aaron, “Take a jar and put an omerful of manna in it, and place it before the Lord, to be kept throughout your generations.” 34 As the Lord commanded Moses, so Aaron placed it before the Testimony, to be kept.

31 En die huis van Israel het dit Manna genoem. En dit was wit soos Koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek. 32 Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die Here beveel het: ‘n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe ek julle uit Egipteland uitgelei het. 33 Moses sê toe vir Aäron: Neem ‘n kruik en gooi ‘n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die Here neer, om dit vir julle geslagte te bewaar. 34 Soos die Here Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word.

Die Manna was ‘n sinnebeeld vir die woord van God, wat die volk daagliks moes eet sodat hulle geestelik kon groei. Maar die ‘kerk’ in die wildernis onder leiding van Moses het gou moeg geword vir die Manna en eerder vlees begeer. Die verhaal staan in Numerie 11 geskryf, waar die volk in vers 6 gesê het ‘net die manna is voor ons oë’, daar is niks anders nie.

Manna verteenwoordig die woord van God. Die volk wou vlees eet. Die les hierin is dat, die gemeente nie ‘vlees’ van die kansel af uitgedeel, moet begeer nie. Hulle behoort die ware woord van God te begeer, sodat hulle by wyse van spreke Christus se vlees kan eet en Sy bloed kan drink.

Dit word ook deur die brood en wyn van nagmaal voorgestel. Die Manna het Christus verteenwoordig, want Hy het in Johannes 6:48-51 gesê:

48 I am the bread of life. 49 Your fathers ate the manna in the wilderness, and they died. 50 This is the bread which comes down out of heaven, so that one may eat of it and not die. 51 I am the living bread that came down out of heaven; if anyone eats of this bread, he shall live forever; and the bread also which I shall give for the life of the world is My flesh.

48 Ek is die brood van die lewe. 49 Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. 50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. 51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

Daarom kan ons sê dat die Israeliete wat die Manna in die wildernis verwerp het, in werklikheid vir Christus verwerp het sonder om dit te besef. In die Nuwe Testament Kerk vind ons ‘n soortgelyke patroon. Daarom word die ‘verborge manna’ aan die oorwinnaar gegee, wat insinueer dat die res van die kerk, soos die Israelitiese ‘kerk’ in die wildernis, nie die manna sou ‘ontvang’ nie.

Met ander woorde: die grootste deel van die kerk het Christus verwerp op soortgelyke manier as waarop die Israeliete dit voorheen gedoen het. Hulle leiers het al hoe vleesliker en godsdienstiger geword en hul boodskappe het nie deur openbaring gekom nie, maar eerder as gevolg van ‘n verstandelike studie van die Skrif en tradisies.

Terwyl Moses en Aäron bloot manna in ‘n kruik gesit en later in die Ark gebêre het, het die Gees van Raad dit interpreteer as ‘verborge manna’. Ons moet dus verstaan dat die woord van God gedurende die Pergamus-tydperk van die kerk, van die kerk as ‘n geheel verborge sou wees. Slegs die oorwinnaars sou ore hê om te hoor wat die Gees aan die gemeente sê. Dit wil sê: Van 313 - 529 n.C. het kerkbeleid openlik begin om mense te verbied om self die stem van God te hoor.

Kerkbeleid Vervang Die Vermoë om God se Stem te Hoor

Geskiedenis dui aan dat die kerk, kerkrade in plek begin kry het om amptelike belydenisskrifte op te stel om ware gelowiges mee te definieer, eerder as om dit uit liefde te doen. Die mag om lidmaatskap vas te stel is so van God na mense oorgedra, en dit het die waardes van godsdienstige mense weerspieël eerder as God se waardes. Ware gelowiges se lidmaatskap was nie meer aangeteken in hemelse registers nie (Hebreërs 12:23). Mense het toe hulleself die reg gegee om mense se name op aarde aan te teken of uit te wis en het dan aangeneem dat die hemel hulle leiding sou volg.

Hierdie misbruik van gesag dink dat God die kerk die reg gegee het om Sy wil te bepaal, eerder as om die wil van God toe te laat om hul optrede te beslis.

Dieselfde het in Judaïsme gebeur – byvoorbeeld: waar die man wat deur Jesus van blindheid genees was deur die tempel priesters uit die tempel gegooi was, (Johannes 9:34). Dié wat só uitgegooi was, was as ‘sondaars’ gereken en verhoed om in die tempel te aanbid. Daardie priesters het nie volgens die wil van God opgetree nie, maar gedink dat God aan hulle die reg gegee het om volgens hul eie verstandelike redenasies op te tree – met ander woorde: volgens die tradisies van mense.

Die Pergamus-kerk het die voorbeeld van die Israelitiese kerk in die wildernis gevolg, sonder om te besef dat hul afsku van manna hulle gediskwalifiseer het om die wil van God te ken.

Die oorwinnaars daarenteen, is dié wat die waarheid herken wanneer hulle dit hoor. Hulle het die woord van God lief, want hulle is lief vir Christus, omdat Hy ‘die Woord’ is wat ‘vlees geword het’. Wie nie die woord van God liefhet nie, ken Christus ook nie werklik nie. Mens moet die geskrewe Woord deur die openbaring van die woord ken. Om dit in wetlike terme te stel: mens moet rein, geesgelike ‘kos eet’. Mens moet die Skrif eet (lees of hoor) en dit dan herkou (Levitikus 11:3) om die Heilige Gees toe te laat om dit van vlees na gees te verander - of om ‘n vleeslike, verstandelike redenase in ‘n openbaring te verander.

Op hierdie manier het die oorwinnaars toegang tot die verborge manna wat in die Verbondsark is.

Die Wit Keursteen

Soos voorheen aangehaal uit Openbaring 2:17, sal die oorwinnaars ook ‘n wit keursteen ontvang. Wanneer regters byeengekom het om oor ‘n saak te besluit, was dit die gebruik om hul stem vir skuldig of onskuldig te werp deur óf ‘n swart keursteen óf ‘n wit keursteen te gebruik. Die Wit steen het onskuld aangedui terwyl die swart steen skuldig beteken het.

Hier gee God aan die oorwinnaars ‘n wit keursteen. Weereens beteken dit dat die kerk as ‘n geheel nie die wit keursteen ontvang het nie, maar die swart steen. Die skuldigbevinding word gesien as ‘n waarskuwing aan die kerk en ‘n oproep tot bekering (Openbaring 2:17).

Die Nuwe Naam

Die wit keursteen wat aan oorwinnaars gegee word, het ‘op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe’. Die naam word nie gemoem nie en is aspris versluier, want dit is ‘n naam ‘wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang’.

Ek dink dit is die naam van die ‘Nuwe Skepsel Mens’ wat in ons verwek is deur die woord van God. Dit is ons geestelike naam, die naam wat in die hemelse register erken word as ‘n seun van God. Daarom noem 1 Petrus 2:4-5 ons ‘lewende stene’ in die geestelike tempel wat God oprig. Elke lewende steen vorm ‘n deel van Sy tempel (Efesiërs 2:20-21).

Ons ‘Ou Mens’ wat die vleeslike mens is, word benoem met geboorte. Net so het die ‘Nuwe Mens’ ook ‘n naam wat slegs deur openbaring bekend kan wees. Die doel van ‘n naam is om ‘n persoon se geaardheid te onthul. Name is dus gegee en later verander om van ‘n verandering in iemand se lewe te getuig. Stephen is die naam wat aan my Adamiese mens gegee is, maar die naam van my Geesverwekte Nuwe Skepsel Mens is anders. Dit is dieselfde met almal van ons, sodra ons uit God wedergebore is.

Elke persoon is verantwoordelik daarvoor om te weet wie hulle in Christus is - hul roeping, hul doel op aarde en hul bestemming. Hulle moet weet waar hul plek in die liggaam van Christus is asook in die tempel van God. Dit word alles openbaar in hul nuwe naam.

Ek glo dat ons nuwe naam deur ons engel (of engele) openbaar word, deur dié wat daaraan toegewys is om deur ons te bedien aan die wêreld as geheel. Engele is boodskappers van die Woord van God. Ten minste een engel is aan elkeen van ons toegesskryf, maar in baie gevalle bly hulle eksterne helpers of beskermers. Eers wanneer ons hulle aanneem, aan hulle gelyk word en met hulle saamsmelt, kan ons ons engel se geaardheid en die woord (naam) wat in die engel is begin manifesteer.