God's Kingdom Ministries
Serious Bible Study

GKM

Donate

Hoofstuk 10: Die Misterie van die Kandelaar

Toe die stem met Johannes gespreek het, het hy omgedraai om te sien wie praat en onmiddelik op die grond neergeval soos ‘n dooie. Tog is die splitsekonde visioen van die verheerlikte Seun van die mens in sy geheue geëts, sodat hy dit kon onthou toe hy die boek Openbaring begin skryf het. Openbaring 1:17 sê:

17 And when I saw Him, I fell at His feet as a dead man. And He laid His right hand upon me, saying ‘Do not be afraid ...’

17 En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan Sy voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie skrik nie ...

Om die glorie van God van naby te sien is meer as wat ons in die vlees kan hanteer. Dit was dieselfde met die stam van Israel toe God in vuur neergedaal het om hulle toe te spreek in Deuteronomium 4:33:

33 Has any people heard the voice of God speaking from te midst of the fire, as you have heard it, and survived?

33 Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jý gehoor het, en in die lewe gebly?

Later het ‘n engel aan Daniël verskyn en hy het in ‘n diep slaap geval. Ons lees in Daniël 10:7-9:

7 Now I, Daniël, alone saw the vision, while the men who were with me did not see the vision; nevertheless, a great dread fell on them, and they ran away to hide themselves ... 9 I fell into a deep sleep on my face, with my face to the ground.

7 En ek, Daniël, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het ‘n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg. 9 ... en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my gesig, met my aangesig na die aarde toe, vas aan die slaap geraak.

Dus sien ons dat sondige mense nie in die teenwoordigheid van God staande kan bly, wanneer hulle Sy glorie aanskou nie. Self Esegiël was vir ‘n volle week verstom, nadat die Gees hom opgeneem en na die Kebarrivier weggevoer het, waarheen die Israeliete deporteer was (Esegiël 3:15). Toe Johannes God se glorie op Patmos ervaar het, het hy op dieselfde manier neergeval ‘soos ‘n dooie’.

Om Sy Stem te Hoor en Oorleef

Wat is hierdie doodservaring? Ek glo dat dit die dood van die vlees is, soos Paulus dit beskryf. Dit maak nie ‘n mens fisies dood nie, maar dit verskuif die bewustyd van siel na gees. Die siel ervaar dat dit sterf en is daarom bevrees, omdat dit sedert die sondeval die dominante posisie ervaar. Die intrede van sonde het die ‘bewustyd’ verskuif van gees na siel en van daardie oomblik af word die mens beheer deur sy natuurlike denke (siel), eerder as sy gees.

Paulus verduidelik die stryd vir dominansie tussen siel en gees in Romeine 7. Die ‘lede’ (siel) is onderdanig aan die wet van sonde en daarom die dood, terwyl die ‘gemoed’ (gees) tot die wet van God instem (Romeine 7:22, 23, 26). Wanneer ons daarin slaag om die leiding van die gees-mens te volg, wat op sy beurt weer deur die Heilige Gees gelei en bemagtig word, is dit asof die siel-mens sterf of in ‘n diep slaap val.

Alle gelowiges behoort in die gees te leef, omdat dit tot die wet van God instem. Die gees hoef nie deur die wet onderwerp te word nie (dit is nie onder die wet nie), omdat dit die wet nie teenstaan nie. Net die ‘ou mens’ is teen die wet, want dit is ‘gevange onder die wet’ (Romeine 7:23). Die siel-mens kan nie help om te sondig nie, want Paulus sê dit is ‘n slaaf van sonde. Paulus sê weer in Romeine 8:6-8:

6 For the mind set on the flesh is death, but the mind set on the Spirit is life and peace, 7 because the mind set on the flesh is hostile toward God; for it does not subject itself to the law of God, for it is not even able to do so; 8 and those who are in the flesh cannot please God.

6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Dit is verstommend, aan die lig van Paulus se duidelike stelling, hoeveel ‘Gees-vervulde’ gelowiges die wet van God opsy skuif en hulself die reg gee om enige wet wat hulle nie verstaan nie te oortree. Dit is die denkwyse van die ‘ou mens’, nie die ‘nuwe mens’ wat hulle voorgee om na te streef nie. Miskien verwar hulle die siel met die gees en glo dat hulle geroep is om die siel te hervorm, eerder as om deur die gees gelei te word.

Wat ookal die geval is, gelowiges word kontak met God gebied deur hul gees. Om God se stem te hoor geskied deur ‘n mens se gees, nie siel nie - hoewel die siel beslis besef wat die gees aanhoor. Om die waarheid te sê, glo ek dat dit die oorsprong van vrees, angs en selfs die dood is wat gepaard gaan met die aanskoue van God of die geluid van Sy stem. Dit is die ‘ou mens’ - die vleeslike siel-persoon wat ineenstort in die teenwoordigheid van God. Sodra dit gebeur, ontwaak die ‘nuwe skepsel mens’ - die gees-persoon en neem leiding in ‘n mens se lewe.

Die mens was nog altyd bang om die stem van God the hoor. Die Israeliete was nie uniek in hul reaksie toe God met hulle gepraat het op die berg nie (Eksodus 20:19). Om God se stem te hoor laat altyd ‘n deel van die vlees afsterf, want dit eis dat die ‘ou-mens’ opsy staan of ‘slaap’, sodat die ‘nuwe skepsel’ outoriteit kan oorneem.

Hoekom Nie Bang Wees Nie?

Die Seun van die mens het Johannes beveel om nie bang te wees nie. Hoekom nie? Die rede is opgeskryf in Openbaring 1:17-18:

17 ... I am the first and the last, 18 and the living One; and I was dead, and behold, I am alive forevermore [aionas ton aionan, ‘for the ages of the ages’], and I have the keys of death and of Hades.

17 ... Ek is die eerste en die laaste 18 en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid [aionas ton aionan, ‘vir die tye van die tye’]. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

As Alfa en Omega is God die primêre oorsprong van alle dinge en Hy sal daar wees aan die einde van tyd. Uit Hom en tot Hom is alle dinge (Romeine 11:36). Sodra ons hierdie konsep verstaan, sal ons geen rede meer hê om die dood of ‘n gevoel van ewige verwerping te vrees nie. Hy is die bron van lewe, die ‘lewende Een’. Hy het ‘n manier gevind om te sterf sonder om alle lewe in die heelal te vernietig.

Besit van die ‘sleutels van die doderyk’ verleen aan Hom die mag om iemand uit die dood op te wek wanneer Hy so besluit. Die Bybel vertel ons van Sy voorneme en plan om almal, groot en klein, uit die dood te laat opstaan om voor die Groot Wit Troon te staan te kom (Openbaring 20:11-12). Die Bybel vertel ook vir ons dat God beloof het om aan te hou werk tot elke knieg voor Hom buig en elke mond getrouheid aan Hom sweer (Jesaja 45:23-25).

Dit is ‘n belofte aan almal (groot en klein) wat reeds gesterf het, nie net aan Johannes wat soos ‘n dooie op die grond geval het nie. Hulle lotgevalle is nie in hul eie hande nie, nog minder in die hande van die duiwel. Jesus alleen hou die sleutels van die doderyk. Hoewel die mens outoriteit op aarde ontvang het (Genesis 1:26-28), was soewereiniteit nooit aan hom toegestaan nie.

Outoriteit is wettig, maar beperk. Die mens is gevorm uit die grond van die aarde (Genesis 2:7). Die mens is deel van die aarde wat God geskape het en besit. God maak aanspraak op die aarde deur die skeppingsreg, daarom het die mens geen reg om sy ‘grond’ permanent te verkoop nie (Levitikus 25:23). Die mens mag sy ‘grond’ verkoop (i.e. homself) vir ‘n tydperk, maar uiteindelik sal hy altyd na sy erfdeel terugkeer, wat ‘n verheerlikte liggaam is. Die aarde sal die heerlikheid van God vertoon - fisiese materie sal die pit van die kers van God wees, wat Sy lig in die donker sal laat skyn. Die mens se outoriteit sal uiteindelik toegee aan die soewereiniteit van God.

Die Merafoor van die Tempel

Openbaring 1:19 sê:

19 Write therefore the things which you have seen, and the things which are, and the things which shall take place after these things.

19 Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur;

Johannes is aangesê om te getuig van als wat hy reeds gesien het, sowel as wat hy op daardie oomblik gesien het en alles wat hy nog sou sien. Johannes het natuurlik saam met Jesus beweeg in sy jonger dae. Later het hy sy evangelie geskryf om die ander evangelies te komplimenteer en nou was hy op die punt om iets nuuts te skryf.

Openbaring 1:20 sluit af:

20 As for the mistery [secret symbol] of the seven stars which you saw in My right hand, and the seven golden lampstands; the seven stars are the angels of the seven churches, and the seven lampstands are the seven churches.

20 Die verborgenheid [geheime simbool] van die sewe sterre wat jy gesien het in my regterhand, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die leraars van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.

Jesus het onderskeid getref tussen die sewe sterre en die sewe kandelaars. Die vuurvlamme (ligte) voorgestel deur sterre (leraars) word ondersteun deur die sewe gemeentes (kandelaars). Die gemeente dra die lig van die leraars.

Die sleutel tot die misterie, soos met vele ander, is insig tot die verhouding tussen hemel en aarde - of tussen geestelik en fisies. Moses het die tabernakel volgens ‘n ‘voorbeeld’ gebou (Eksodus 25:9), wat hy in die ‘hemel’ gesien het, terwyl hy op die berg was. Later het Dawid ‘n soortelyke ‘voorbeeld’ gesien vir die tempel van Salomo (1 Kronieke 28:19). Die Hebreeuse woord vir voorbeeld of patroon is tabniyth, wat ‘model’ of ‘bloudruk’ beteken. Met ander woorde: Moses en Dawid het ‘n fisiese replika op aarde gebou, gebaseer op die ‘bloudruk’ van ‘n geestelike tempel of tabernakel in die ‘hemel’. Hulle het geestelike konsepte uitgedruk in fisiese vorms.

Moses het ‘n tent gebou; Salomo het ‘n tempel gebou. Dit dui progressiewe openbaring aan wat groei en ontwikkeling reflekteer in die Koninkryk van God. Onder die Nuwe Verbond sien ons verdere ontwikkeling, want dit is nie meer ‘n fisiese tent of tempel in Jerusalem nie, maar ‘n tempel wat God bewoon op aarde, gemaak van ‘lewende stene’ (1 Petrus 2:5). Paulus beskryf hierdie tempel in Efesiërs 2:19-22:

Hierdie nuwe tempel word op aarde gebou volgens ‘n groter voorbeeld van die tempel in die hemel. Onder die Ou Vebond het die voorbeeld gevorder van tent na tempel. Dit is dieselfde onder die Nuwe Verbond waar ons die tempel van Dawid aanvanklik opgerig sien (Handelinge 15:16), opgevolg deur ‘n nuwe tempel. Pinkster is die tydperk waarin hierdie bouprojek progessief uitgevoer word.

Openbaring 1:20 fokus hoofsaaklik op een aspek van hierdie nuwe tempel - die een van die sewe kandelaars. Die kandelaars in die hemel is die geestelike voorbeeld (bloudruk) van die sewe gemeentes op aarde. Die aardse gemeentes is onvolmaak en om hierdie rede is ‘n boodskap aan hulle gestuur, sodat hulle kan aanpas volgens die ‘hemelse’ voorbeeld. Hulle is onderskeidelik geroep om te oorwin, maar die implikasie is dat slegs ‘n oorblyfsel dit sal regkry.

Deur te verstaan hoe God die tempel van Salomo vernietig het nadat die volk nie langer die heerlikheid daarvan weerspieël het nie, kan ons ‘n patroon in die sewe gemeentes waarneem. Pinkster moet toegee aan die Loofhuttefees. Pinkster, hoewel dit goed is, is ‘gesuurd’ (Levitikus 23:17) en daarom is daar relatief min oorwinnaars gedurende hierdie tydperk.

Net so was koning Saul ‘n voorbeeld van die Pinkster-tydperk kerk. Hy is ook gekroon op die dag van die koringoestyd (1 Sameul 12:17), later bekend as Pinkster. Saul was ‘gesuurd’ gedurende sy heerskappy - hy het die oorwinnaars (voorgestel deur Dawid) vervolg. Uiteindelik was hy nie toegelaat om ‘n blywende dinastie te vestig nie, maar is vervang met Dawid, wie se dinastie geëindig het in die oneindige heerskappy van Jesus Christus.

Die sewe gemeentes van die Pinkstertydperk is dieselfde. Die kerk soos ons dit ken moet toegee aan iets beter wat sal deurstaan tot die einde van die tydperk wat kom. Die boodskap aan die sewe gemeentes was Jesus se waarskuwing. Dit is bedoel om mense te roep om hulself van die gemak van hul dinominasie-godsdiens denkwyse te verwyder. Dié wat hoor en luister na hierdie waarskuwing het die geleentheid om oorwinnaars te wees en saam met Christus in die Loofhutte-tydperk, wat binnekort volg, te heers.