Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.

Hierdie boek is die eerste van agt in die reeks en behels ‘n studie van Openbaring 1 en 2. Dit eindig met Openbaring 2:17 Aanhalings uit NASB en 1933 AV tensy anders vermeld.
Category - Bible Commentaries
Die eerste hoofstuk van Openbaring stem ooreen met die eerste letter van die Hebreeuse alfabet - die alef. Dit beteken letterlik ‘n ‘bul’, maar dui ook ‘eerste’, ‘primêr’ of ‘krag’ aan. Dus word Christus in die eerste hoofstuk van Openbaring voorgestel as die ‘alfa en omega’ in Grieks (Openbaring 1:8), wat sinoniem is met ‘die eerste en die laaste’ (Openbaring 1:17). In hierdie geval is die fokus op die ‘eerste’, hoewel dit gekoppel is aan die ‘laaste’, wat die Griekse omega en Hebreeuse tau is. Jesus word ook voorgestel as die ‘eersgeborene uit die dode’ (Openbaring 1:5).
The eerste hoofstuk word ook in ‘n sekere sin gekoppel aan die laaste hoofstuk, wat die laaste letter van die alfabet – tau, beklemtoon.
Die tweede hoofstuk van Openbaring is die bet-hoofstuk. Bet is die tweede letter van die Hebreeuse alfabet. Dit beteken ‘huis’ of ‘huishouding’. Dus verteenwoordig die kerk (gemeente) God se ‘huishouding’ (familie), of soos Paulus dit stel: ‘huisgenote van die geloof’ (Galasiërs 6:10).
Die woord vertaal as ‘kerk’ kom van die Griekse woord ecclesia, wat die gebruiklike woord vir ‘gemeente’ is. Dit beteken ‘die samekoms van burgers wat uit hul huise geroep word om in ‘n publieke plek bymekaar te kom’.
Die nasie van Israel was dus die eerste ‘kerk’ - uit Egipte geroep met Paasfees om voor God bymekaar te kom aan die voet van Sinaï, sodat hulle ‘n koninkryk van priesters kon word (Eksodus 19:6). Ek noem dit die ‘Paasfees-kerk’, omdat Paasfees die dominate eienskap daarvan was.
Die tweede ‘kerk’ is uit Judaïsme geroep met Pinkster (Handelinge 2:1) om voor God in die bokamer bymekaar te kom, sodat hulle vir ‘n tweede keer tot ‘n koninkryk van priesters gemaak kon word (1 Petrus 2:9).
Die derde ‘kerk’ moet nog kom. Dit is ‘n groep oorwinnaars wat uit die ‘Pinkster-kerk’ geroep word vir die groter seëning van Loofhutte. Ek noem dit die ‘Loofhutte-kerk’, omdat Loofhutte die dominate eienskap daarvan sal wees in die tydperk wat kom.
Die eerste en tweede kerke het die Koninkryk van God gedeeltelik gemanifesteer, maar is onvoldoende bevind in die vervulling van God se doel. Tog was albei nodig in God se drie-stap-plan, net soos die drie feeste nodig was om volkome ontsluiering of openbaring teweeg te bring. Paasfees was en is nodig om regverdiging te bewerk, maar kan op sy eie net wettige perfeksie toereken, eerder as manifesteer. Pinkster was en is nodig vir heiligmaking terwyl ons gehoorsaamheid leer en ondervind hoe die wet op ons harte geskryf word; tog is dit opsigself onvoldoende, want dit leer ons net gehoorsaamheid terwyl ons groei in die ringting van Loofhutte.
Om God behoorlik te ondervind, moet ons Sy roep drie keer hoor. Hierdie drie roepings word ook uitgebeeld deur Abraham, Isak en Jakob. Abraham is die vader van geloof (Galasiërs 3:7) en stem ooreen met Paasfees, wat regverdigmaking deur geloof in die bloed van die Lam bewerk. Isak is aan God opgedra as Sy dienaar toe sy vader hom op die altaar geplaas het (Genesis 22:9). Dus roep God Israel as ‘kneg van die Here’ (Jesaja 42:19). Knegte of dienaars leer gehoorsaamheid onder leiding van die Heilige Gees, wat ook die hoofdoel van Pinkster is.
Jakob is die klassieke oorwinnaar, wie se naam verander is na Israel. Nadat hy van ‘n gelowige na ‘n oorwinnaar hervorm is, het God hom ‘n naam gegee wat hierdie verandering aandui. Israel beteken ‘God heers’ en getuig van die soewereiniteit van God in sy lewe. As gevolg van hierdie openbaring het hy gekwalifiseer om onder God te regeer. As bloot gelowig in sy vroeër lewe was Jakob ‘n bedrieër en verdringer, soos sy naam ook beteken. Hy het probeer om profesie deur die krag van die vlees te vervul. Eers toe hy besef dat hy deur God geroep was as getuie van Sy werk, het hy ‘n oorwinnaar geword. Israel is die naam wat aan Amen-mense gegee word.
Daar was sewe kerke onder die Ou Verbond, parallel met die sewe kerke onder die Nuwe Verbond. Die Ou Verbond kerke word deur Bybelleraars misgekyk, seker omdat hulle aan kerke as ‘n Nuwe Verbond instelling dink. Tog lees ons in Handelinge 7:38 van ‘die vergadering in die woestyn’ wat deur Moses uit Egipte gelei was.
In Johannes se dae was daar sewe hoof-‘vergaderings’ (kerke) in Asië waaroor hy toesig gehou het vanuit sy huis buite Efese. Elk van hierdie kerke het ‘n boodskap ontvang van die Alfa en Omega. Profeties verteenwoordig hierdie sewe gemeentes ook sewe opeenvolgende kerk-eras.
Rick Renner, in sy boek, A Light in Darkness, Vol. 1, Bl. 50, verduidelik die sewe kerk-eras soos volg:
1 Ephesus: The Apostolic Age - Pentecost to 170 A.D.
2 Smyrna: The Age of Persecution 170 - 312 A.D.
3 Pergmum: The Age of False Doctrine 312 - 606 A.D.
4 Thyatira: The Age of Darkness 606 - 1520 A.D.
5 Sardis: The Age of Reformation 1520 - 1750 A.D.
6 Philadelphia: The Age of Missions 1750 - 1906 A.D.
7 Laodicea: The Age of Apostasy 1906 to the present
Vertaal uit Engels:
1 Efese: Die Apostoliese tydperk - Pinkster tot 170 n.C.
2 Smirna: Die Tydperk van Vervolging 170 - 312 n.C.
3 Pergamus: Die Tydperk van Vals Leerstellings 312 - 606 n.C.
4 Thiatire: Die Donker Tydperk 606 - 1520 n.C.
5 Sardis: Die Tydperk van Hervorming 1520 - 1750 n.C.
6 Filadelfia: Die Sendingstydperk 1750 - 1906 n.C.
7 Laodicea: Die Tydperk van Afvalligheid 1906 tot op hede
My eie insig verskil effens, maar oor die algemeen verdeel ons sienings die kerk-eras in sootgelyke tydperke. Ek sien nie hoe die ‘Apostoliese Tydperk’ kon voortduur tot die jaar 170 n.C., terwyl die laaste Apostel in die jaar 100 n.C. gesterf het nie. So ook dui die geskiedenis daarop dat ‘vervolging’ aan die hand van die Romeine kort na die martelaarskap van Paulus in 67 n.C. in aanvang geneem het - duidelik lank voor die jaar 170 n.C.
Sover die tydperk van die sewe kerke betref, kom dit voor of Renner die ‘Apostoliese Tydperk’ met Pinkster-uitstortings in Wallis en in Uzasa Straat in Los Angeles identifiseer. Ek sien Laodicea nie werklik in terme van ‘Afvalligheid’ nie, maar eerder as ‘Gevangenskap’. Die rede hiervoor is dat ek die Nuwe Testament kerk-tydperke met dié van die Ou Testament vergelyk.
In my opinie verdeel die kerk-tydperke soos volg:
1 Ephesus: ‘Desirable’ 33 - 64 A.D.
2 Smyrna: ‘Bitter’ or ‘Myrrh’ 64 - 313 A.D.
3 Pergmum: ‘Married to Power’ 313 - 529 A.D.
4 Thyatira: ‘Castle of the Goddess’ 529 - 1517 A.D.
5 Sardis: ‘Precious stone; Remnant’ 1517 - 1776 A.D.
6 Philadelphia: ‘Brotherly Love’ 1776 - 1914 A.D.
7 Laodicea: ‘Power of the Laity’ 1914 - 1993 A.D.
Vertaal uit Engels:
1 Efese: ‘Wenslik’ 33 - 64 n.C.
2 Smirna: ‘Bitter’ of ‘Mirre’ 64 - 313 n.C.
3 Pergamus: ‘Getroud met Mag’ 313 - 529 n.C.
4 Thiatire: ‘Kasteel van die Godin’ 529 - 1517 n.C.
5 Sardis: ‘Kosbare steen; Oorblyfsel’ 1517 - 1776 n.C.
6 Filadelfia: ‘Broederliefde’ 1776 - 1914 n.C.
7 Laodicea: ‘Mag van die Leke (oningeligtes)’ 1914 - 1993 n.C.
Hierdie sewe kerke of gemeentes hou ‘n progressie van profetiese geskiedenis voor, soos duidelik in hul beskrywings. Ek sal dit in meer diepte verduidelik soos ons vorder in ons studie van elk. Dit is ook van groot nut om elk te vergelyk met die sewe gemeentes onder die Ou Verbond, omdat hulle parallel loop met die Nuwe Verbond kerke. Deur die twee ooreenstemmende kerke te vergelyk kan ons sien hoe dieselfde probleem inherent in die Ou Verbond kerke weer opduik in hul Nuwe Verbond eweknieë.
Die sewe Ou Vebond kerke sien soos volg daaruit:
1 The Moses Church: ‘Refusal to hear’ Exodus 20:18-21
2 The Korah Church: ‘Rebellion’ Numbers 16
3 The Balaam Church: ‘Misuse of Power’ Numbers 22-25, 31
4 The Jezebel Church: ‘The Persecutor Church’ 1 Kings 18:13
5 The Remnant Church: ‘The Persecuted Remnant’ 1 Kings 19:14-18
6 The Hezekiah Church: ‘Strength to Delay Captivity’ 2 Kings 18-20
7 The Captivity Church: ‘Prospering in Babylon Jeremiah 29
Vertaal uit Engels:
1 Die Moses Kerk: ‘Weier om te luister’ Eksodus 20:18-21
2 Die Korag Kerk: ‘Rebellie’ Numerie 16
3 Die Bileam Kerk: ‘Misbruik van Mag’ Numerie 22-25, 31
4 Die Isébel Kerk: ‘Die Vervolger Kerk 1 Konings 18:13
5 Die Oorblyfsel Kerk: ‘Die Vervolgde Oorblyfsel’ 1 Konings 19:14-18
6 Die Hiskia Kerk: ‘Mag - Gevangenskap te stol’ 2 Konings 18-20
7 Gevangenskap Kerk: ‘Floreer in Babilon’ Jeremia 29
Johannes moes geweet het van die ooreenkomste tussen die twee stelle kerke, want hy het hulle geduring gekoppel aan Skrifgedeeltes. Byvoorbeeld: Onder die Ou Verbond is die derde kerk die Bileam-kerk wat ooreenstem met die Kerk in Pergamus. Johannes kritiseer hierdie kerk deur te sê: ‘... dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bileam ...’ (Openbaring 2:14). Met ander woorde die probleem in Pergamus is dieselfde as die probleem wat die Bileam-kerk gehad het.
So ook stem die vierde kerk (Thiatire) ooreen met die Isébel Kerk onder die Ou Verbond. Dus skryf Johannes aan Thiatire: ‘... dat jy die vrou Isébel ... toelaat om te leer ...’ (Openbaring 2:20).
As ons hierdie verband ingedagte hou gedurende ons studie van die sewe gemeentes, sal dit vir ons moontlik wees om Johannes se boodskappe baie beter te verstaan. Die Ou Verbond-kerke het die grondslag gelê vir hul ooreenstemmende Nuwe Verbond-kerke.
Openbaring 1:4 vertel ons dat hierdie boodskap aan die sewe gemeentes ook van die sewe Geeste van God afkomstig is. Elk van die sewe Geeste word onderskeidelik meer deur elk van die kerke benodig. Met ander woorde: indien ‘n kerk meer van die karakter van hul ooreenstemmende Gees gehad het, sou hulle hul unieke probleem kon verhoed.
Die sewe Geeste van God, soos ek voorheen vermeld het, is aangeteken in Jesaja 11:2. Hul ooreenkomste met die sewe gemeentes is nie in Jesaja in volgorde nie, maar is nietemin daar!
1 Ephesus: needed ‘The Spirit of The Lord’ to overcome
2 Smyrna: needed ‘The Spirit of Understanding’ to overcome
3 Pergmum: needed ‘The Spirit of Counsel’ to overcome
4 Thyatira: needed ‘The Spirit of Knowledge’ to overcome
5 Sardis: needed ‘The Spirit of Wisdom’ to overcome
6 Philadelphia: needed ‘The Spirit of Might’ (strength)’ to overcome
7 Laodicea: needed ‘The Spirit of Fear of the Lord’ to overcome
Vertaal uit Engels:
1 Efese: benodig ‘Die Gees van die Here’ om te oorwin
2 Smirna: benodig ‘Die Gees van Verstand’ om te oorwin
3 Pergamus: benodig ‘Die Gees van Raad’ om te oorwin
4 Thiatire: benodig ‘Die Gees van Kennis’ om te oorwin
5 Sardis: benodig ‘Die Gees van Wysheid’ om te oorwin
6 Filadelfia: benodig ‘Die Gees van Sterkte’ om te oorwin
7 Laodicea: benodig ‘Die Gees van Vrees van die Here’ om te oorwin
Die mense wat die Gees van God toegeëien het in hulle leeftyd het oorwinnaars geword, omdat hulle die probleem kon sien en dit in hulle eie lewens kon oorwin. Nietemin, ten einde kompleet en perfek as individue oorwinnaars te wees, moes hulle al sewe die Geeste van God aanneem om meer soos Christus te wees.
Uiteindelik moet elke Gees met die ander ses verenig word om behoorlik te kan funksioneer, omdat hulle nie werklik onafhanklik van mekaar is nie. Byvoorbeeld: Hoe funksioneer ‘n mens in Wysheid sonder om ook die Gees van kennis en verstand te hê? Dus word die onderskeid getref, nie om onenigheid daar te stel nie, maar om die mens se taal te akkommodeer wat nie oor een enkele behoorlike woord beskik om die volle omvang van God se karakter te beskryf nie. Elk is uniek, maar vorm ook deel van ‘n geheel.
Die sewe belonings wat vir oorwinnaars aangebied word kom nie voor om spesifiek te wees vir die oorwinnaars van elke kerk-tydperk nie. Soos die sewe Geeste van God, word al sewe belonings aan elke oorwinnaar gegee. Hulle word verdeel en afsonderlik aangebied in hierdie boodskappe, ten einde die tema van elke boodskap te beklemtoon, maar uiteindelik is dit onmoontlik om een beloning afsonderlik van die ander te ontvang.
1 Ephesus: overcomers are given access to ‘the Tree of Life’ Rev. 2:7
2 Smyrna: overcomers are given ‘a Crown of Life’ Rev. 2:10
3 Pergamum: overcomers are given ‘a White Stone’ Rev. 2:17
4 Thyatira: overcomers are given ‘the Morning Star’ Rev. 2:28
5 Sardis: overcomers are given ‘White Clothing’ Rev. 3:5
6 Philadelphia: overcomers are made ‘Pillars in the Temple’ Rev. 3:12
7 Laodicea: overcomers are given ‘a Seat in the Throne’ Rev. 3:21
Vertaal uit Engels:
1 Efese: oorwinnaars ontvang toegang tot ‘die Boom van
die Lewe’ Openb. 2:7
2 Smirna: oorwinnaars ontvang ‘die Kroon van die Lewe’ Openb. 2:10
3 Pergamus: oorwinnaars ontvang ’n ‘Wit Keursteen’ Openb. 2:17
4 Thiatire: oorwinnaars onvang ‘die Môrester' Openb. 2:28
5 Sardis: oorwinnaars word beklee met ‘Wit klere’ Openb. 3:5
6 Filadelfia: oorwinnaars word ‘n ‘Pilaar in die Tempel’ gemaak Openb. 3:12
7 Laodicea: oorwinnaars ontvang ‘n sitplek ‘op sy (God) troon’ Openb. 3:21
Met hierdie oorsig kan ons die spesifieke boodskappe bestudeer wat die verheerlikte Seun van die mens en die sewe Geeste aan elk van die sewe gemeentes gegee het - die ‘familie’ van geloof.