Latest Posts
View the latest posts in an easy-to-read list format, with filtering options.
Vier basiese lesse en 'n epiloog oor wat die Bybel leer oor 'n oorwinnaar wees.
Category - General
Om ‘n oorwinnaar te wees, is nie die selfde as om net in Jesus Christus te glo en ‘n gelowige te wees nie. In Johannes se boodskap aan die sewe kerke, was die woord vir die hele kerk gegee, maar die belonings was net bestem vir die’ wat oorwin het.
Die duidelike implikasie is dat nie alle gelowiges eintlik sal oorwin nie. Die Christene sukkel om die gelowiges van die oorwinnaars te onderskei, oor hulle siening van goddelike beloning en ewige straf. Dit word algemeen geglo dat alle ongelowiges in die ‘hel’ gestraf word, terwyl alle gelowiges die ‘ewige lewe’ beërwe. Daar blyk een of ander goddelike ‘demokrasie’ hierin te wees, waarin alle mense gelyk behandel word, maar afhangende van of hulle in Christus glo of nie.
Jesus self het dit duidelik gemaak in Lukas 19 dat party gelowiges beloon sal word met die heerskappy oor 5 stede [19:19] en tien stede [19:17]. Dit alleen wys vir ons dat nie alle toekomstige belonings gelyk is nie. Maar dit strek verby die basiese belonings van die ewige lewe, omdat daardie belonings handel oor gesag oor ander, of ander stede.
Onsterflikheid is onsterflikheid, en almal wat dit ontvang sal dit gelykop hê. Maar onsterflikheid is nie die enigste beloning nie. Dan is daar ook die vraag wat min verstaan, van WANNEER ‘n mens hierdie beloning van onsterflikheid sal ontvang. Met dit wil ek nie debatteer of ‘n persoon onsterflikheid kry die oomblik van sy dood nie en of dit eers later in die opstanding gegee word nie. Die belangrike vraag is of hy in die eerste opstanding opgewek word of in die tweede. Die eerste opstanding word uitgemaak deur hulle wat geroep is vir posisies van outoriteit, omdat Openbaring 20:4-6 sê:
“…en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Jesus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe tot dat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan daardie eerste opstanding, oor hulle het die dood geen mag meer nie, maar hulle sal priesters genoem word van God en van Christus en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”
Die eerste opstanding sal NIE almal insluit nie, want dit praat van ‘die res van die dode’ wat eers na ‘n duisend jaar sal herleef. Die tweede opstanding sluit wel AL die dode in, dit is, die res van die dode. [Open. 20:5]. Van hierdie opstanding het Jesus gesê in Johannes 5: 28-29:
“Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.”
Hierdie opstanding waarvan Jesus gepraat het, was die tweede, waarin ‘almal wat in die grafte is’, opgewek word. In vers 29 maak Jesus dit duidelik dat hierdie opstanding beide gelowiges en ongelowiges sal insluit, want party sal ‘lewe’ terwyl ander ‘veroordeel’ sal word. [Paulus bevestig dit in Handelinge 24:15.]. Ons enigste gevolgtrekking is dan dat die eerste opstanding NET gelowiges insluit, maar NIE alle gelowiges nie. Die tweede opstanding sal beide gelowiges en ongelowiges insluit, wat hulle belonings [lewe of veroordeling] op die selfde tyd sal ontvang.
Dit is konstant met dit wat Jesus geleer het in Lukas 12:16, waar Hy sê dat party van God se diensknegte hul belonings ‘saam met’ [op die selfde tyd as], die ongelowiges sal kry. Dit word ook bevestig deur Moses in die wet. Die dode sal opgewek word, ‘by die laaste trompet’. [1 Korintiërs 15: 52, 1 Tessalonisense 4:16].
Moses het geprofeteer dat die gemeente [Kerk] voor God moes geroep word deur die blaas van die twee silwer trompette [Numeri 10:3]. Maar net een trompet was geblaas om die heersers van die mense te laat roep- dit is, die wat in posisies van outoriteit of heerskappy was. Omdat die laaste trompet in die enkelvoud is, kan ons sien dat Paulus gepraat het van die eerste opstanding wat slegs die heersers van die mense laat roep-dit is, die oorwinnaars. Dit is die beter opstanding,[Heb 11:35], waarna die mense van die geloof gestrewe het.
Die verskil tussen die twee opstandings bring dié vraag in gedagte: wat vereis dit om ‘n oorwinnaar te wees? Moet ‘n mens onthoof word, soos ‘n letterlike interpretasie van Openbaring 20:4 sou voorstel? Moet ‘n persoon gemartel wees, soos baie van die mense van geloof in Hebreërs 11 was?
Die eenvoudige antwoord is: Oorwinnaars moet inderdaad hulle koppe verloor, maar nie regtig hulle fisiese koppe nie. God is meer besorg daaroor om ons wil met die wil van Christus te vervang as wat Hy gepla is oor fisiese onthoofdings. Tweedens, in die lys van oorwinnaars in Hebreërs 11, is dit eintlik hulle geloof waarvoor hul onthou word, nie hul dood nie. Tog moes hulle God meer as hul eie lewe lief hê. Die lys in Hebreërs 11 bevat net twee mans wat regtig gemartel is- Abel en Simson. Nie een van hulle was onthoof nie, en die res het almal normale dode gesterf. Tog het hulle almal ‘n ‘beter opstanding’ verwerf.
So moet dit dan ook wees met die wat in hulle voetstappe wil volg. So wat vereis dit om ‘n oorwinnaar te wees? Wat moet ons doen om die ‘beter opstanding’ te verwerf en ‘heerser’ in God se Koninkryk te word? Daar is vier hoof dinge wat duidelik in die Skrifte geleer word. Ongetwyfeld is daar meer, maar as ‘n persoon daardie vier doen, is daar geen twyfel dat hy die ander vereistes ook sal vervul nie. In Matteus 18: 21, 22 lees ons:
“Toe kom Petrus na Hom en sê, “Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom, “Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.”
Sewentig maal sewe is gelyk aan 490. Dit was nie ‘n toevallige getal nie. Dit is gelyk aan die 70 weke van Daniel [Dan 9:24]. Dit is ook gelyk aan 10 Jubileums [49x10]. Die getal 490 is belangrik, omdat dit ‘n vergifnis siklus is. Elke jaar op die Groot Versoendag het God die nasie vergewe, en die sonde daarvan deur die bloed van die bok bedek. Dus, toe Jesus gesê het om ‘sewentig maal sewe’ keer te vergewe, het Hy oor ‘n geheimenis van Bybel profesie gepraat. God was verplig om die nasie 490 keer te vergewe, eenkeer elke jaar op die Groot Versoendag. Van die begin van Daniel se 70 weke [458 n.C.] af, toe Juda se Jubileum kalender op goddelike wyse vernuwe is, het God weereens die nasie [en die wêreld] elke jaar vir die volgende 490 jare vergeef. Die finale jaar het geval in 33 A.D en op daardie tydstip het God die rekening finaal afgehandel. Hy het die skuld afgereken, maar het Jesus gestuur om dit ten volle aan die kruis te betaal. Dus, Hy het die wêreld met Homself versoen deur die skuld/prys vir sonde te betaal. Jesus het Sy verklaring oor vergifnis van 490 keer geïllustreer deur ‘n gelykenis te vertel.
Hy het dit dadelik vertel nadat Hy vir Petrus gesê het om 490 keer te vergewe, nie net 7 keer nie. In Mat.18: 23-35 lees ons [23-24]
“Daarom word die Koninkryk van die Hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken. En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.”
‘n Talent in daardie dae was 131 [Troy] van goud. ‘n ‘Talent’ of silwer was 117 ponde [Troy.] Tien duisend talente van goud/silwer het dus ‘n baie groot skuld voorgestel, wat onmoontlik sou wees om af te betaal. In die vergelyking het die skuldenaar om genade gesmeek, en die koning het hom kwytgeskeld.
Maar die voormalige skuldenaar het later geweier om sy naaste wat ‘n klein bedrag aan hom skuldig gehad het te vergewe. Die koning het hiervan te hore gekom en het die voormalige skuldenaar laat haal. Vers 32-35 sê:
“Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: “Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig gewees het nie?” En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers [Tronkstraf was in die Romeinse wet boeke genoem cracratus corporis, “om die vlees te kruisig]totdat hy sou betaal het alles wat hom skuldig was…”
Jesus het toe die gelykenis opgesom met die les wat die storie leer:
“So sal ook My Hemelse Vader aan julle doen as julle nie van harte sy broeder se oortredinge vergewe nie.”
Dus sien ons dat hierdie vergelyking nie eintlik gaan oor om geldelike skuldenaars te vergeef nie, maar alle oortredinge wat mense teen ons begaan het. Ons moet Jesus se voorbeeld navolg om die wat teen ons sondig, te vergewe.
In die Onse Vader soos opgeteken in Mat. 6:12 lees ons, “…en vergeef ons die skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.”Lukas 11:14 lees, “…en vergeef ons die sondes, want ons vergeef ook elkeen wat teen ons skuldig is.”
In die Bybel word sonde gereken as skuld. As ‘n man sondig teen ‘n ander, is hy iets aan hom skuldig. So is Jesus se gelykenis oor geldelike skuld eintlik oor die kuns van vergifnis. Jesus self, natuurlik, was reg om die weg te baan, deur ons te wys tot watter mate ‘n persoon moet kan vergewe, deur aan die kruis uit te roep, “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” [Luk.23:34].
Christene het dikwels ‘n geweldige stryd om die wat hulle te na gekom het, te vergewe. Party is regtig brutaal mishandel. Maar of hulle nou deur ‘n simpel opmerking gewond is, is nie die probleem nie. Dit is ook nie ons doel om enige emosionele of fisiese trauma waar deur Christene gegaan het te probeer reg stel nie. Dit is twyfel-agtig of enige een wat hierdie sinne lees al ooit in hul dag-des-lewens die tipe marteling deurgemaak het soos Jesus toe Hy na die Kruis geneem is. Op wat ook al wyse ons mishandel is, is Hy erger mishandel. Tog was Hy in staat om te vergewe…
Party mense word geroep om meer as ander te vergewe, afhangende van hul omstandighede. Baie in die vroeë kerk het op verskriklike wyse gesterf aan die hand van Romeinse folteraars, swaardvegters en in leeu kuile. Party is lewendig verbrand of selfs stadig gerooster oor warm kole.
Wat die omstandighede ook al is wat God in ons lewe geplaas het, is ‘n hindernis om te oorwin. Die hindernis word weggeneem deur die krag van vergifnis en niks anders nie. Om die waarheid te sê, ‘n oorwinnaar is iemand wat iets oorwin.
Sonder iets om te oorwin, hoe kan ‘n mens ‘n oorwinnaar wees? Die enigste manier wat ‘n mens die krag van vergifnis kan uitoefen is deur iets te hê om te vergewe. Om iets te hê om te vergewe, moet mens die slagoffer van een of ander ongeregtigheid wees. Niemand word geroep om ‘n vriendelike daad te vergewe nie. Om die waarheid te sê, volgens die Bybelse Wet, het net die slagoffer die reg om te vergewe. ‘n Bybelse Rigter kan nie ‘n sonde vergewe wat teen iemand anders begaan is nie. Hy het slegs die mag om te bepaal hoeveel skuld aan die slagoffer terug betaal moet word. Die slagoffer het dan die reg om aan te dring op alles wat hom skuldig is, ‘n deel daarvan, of om die hele skuld af te reken [te vergeef]. Dit is sy reg.
Dit is nie dat ‘n persoon altyd ‘n skuld aan hom dadelik moet vergewe nie. Hy moet deur die Gees gelei word in daardie saak. Maar om outomaties aan te dring op terugbetaling van alle skuld tot op die laaste sent is om wetties te wees. Mens moet verby die aandrang van eie reg kom. Mens moet bid om die wil van God in elke situasie te ken om te kan weet wat die beste vir die skuldenaar is. Dalk is dit die beste om hom die dissipline te leer van werk om die skuld af te betaal sodat hy sy sondes kan bely en leer om nie weer ‘n slagoffer van ander te maak in die toekoms nie. Of dit mag dalk in sy belang wees onder God om ‘n gedeelte of die hele skuld af te skryf. Wat die omstandighede ook al mag wees, dit is waar ons regverdigheid oorvloediger moet wees as die van die skrifgeleerdes en fariseërs [Mat.5:20].
‘n Wettiese persoon is nie in staat om te vergewe tot die laaste sent af betaal is nie en selfs dan sal hy nooit vergeet nie…! Maar die ander uiterste is om te dink dat elke sonde vergewe moet word ongeag of die sondaar bely het of nie. In die gelykenis van Mat.18 was God meer as gewillig om die sondaar te vergewe; maar toe die skuldenaar self geweier het om ‘n skuld te vergewe, is sy eie vergifnis teruggetrek. Hoekom? Omdat God hom geoordeel het met sy eie maat. Dit is die wet wat Jesus genoem het in Mat 7:1-2
“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word, en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”
So ook was dit in die wet ‘n sonde om rente van ‘n broer te vra-dit is, ‘n mede-burger van die Koninkryk [Deut 23:19]. Alhoewel die volgende vers vir ons sê dit was wettiglik om rente te vorder aan ‘n uitlander- dit is, iemand wat in ‘n ander stel gebooie/wette glo en niks verkeerds daarmee sien om rente op lenings te vorder nie. Hy mag volgens sy eie maat behandel word.
Oor die algemeen is dit die prinsiep van genade en seëninge wat gegee word aan die burgers van die Koninkryk van God, wat aan Sy morele standaarde onderworpe is. Maar aangaande die’s wat God se morele standaarde verwerp: hulle mag volgens die manier behandel word waarop hulle gewoonlik ander sou behandel. Hierdie prinsiep word dikwels misbruik deur godsdiens groepe met betrekking tot mense wat nie lede van hulle spesifieke organisasie of denominasie is nie. Party verwys na nie-lede as heidene of ongelowiges om hulle te beroof of gewelddadig te mishandel en dit dan te regverdig. Die eintlike balans is om te verstaan dat elkeen wat geregverdig is deur die geloof in Jesus Christus, wat glo dat Hy die offer vir sondes was, en dat Hy uit die dood opgestaan het vir ons regverdigmaking, nou ‘n burger van die Koninkryk is. Dit het niks te doen met ras of om by ‘n godsdiens of denominasie aan te sluit nie.
Daar is wette teen partydigheid en oordeel. Daar is wette teen onderdrukking van uitlanders-selfs ongelowiges. Hierdie wette sal die toepassing van hierdie dubbele standaard op gebruiksregte balanseer en die toepassing genoegsaam beperk. In Mat 18 leer ons dus die beperking op vergifnis. Vergifnis is toepaslik op twee vlakke: persoonlik en regterlik. Aan die persoonlike kant moet mens vergewe en nie wrokke rond dra nie. Wrokke is soos skuld-rekeninge, en veroorsaak dat mense vreeslik pessimisties is. Dit kan selfs gesondheidsprobleme veroorsaak. Regterlik gesproke is die beste manier om te leer hoe om te vergewe deur ons kinders. Wanneer ons kind iets verkeerd doen, hoe beoordeel ons hom? As ons eenvoudig die oortreding vergewe sonder om hom aanspreeklik te hou op enige manier, sal dit hom gou leer dat dit aanvaarbaar is om te steel of ander seer te maak. In sy latere lewe kan hy maklik ‘n krimineel word. Aan die ander kant, as hy te streng gestraf word, of vergifnis weerhou word selfs nadat hy dinge reggemaak het, sal hy groot word met ‘n gevoel van bitterheid en woede teenoor ander. In beide gevalle is dit ‘n reaksie op ongeregtigheid. Kinders rebelleer teen ongeregtigheid en skynheiligheid want dit is gewortel in partydigheid en dubbel standaarde.
So ons moet leer om te vergewe en selfs vinnig te wees om te vergewe [in ons hart] -maar tog moet ons ook leer dat wanneer ons te doen het met dié wat fisies, verstandelik of geestelik onvolwasse is, kan dit dalk in hul beste langtermyn belang wees om ‘n mate van dissipline te gebruik om sodoende hulle te lei na belydenis voor vergifnis uitgereik word.
Ek glo dit is die onderliggende prinsiep in Mat.18. Die skuldenaar het dissipline nodig gehad en so is vergifnis weerhou tot hy die laaste sent afbetaal het. Alhoewel die gelykenis op daardie noot eindig, moet ons ook ingedagte hou dat die wet vir ‘n Jubel Jaar voorsien het-die kansellasie van alle skuld aan die einde van 49 jaar. Met ander woorde, dit moet verstaan word dat die skuldenaar in die gelykenis uiteindelik vergewe sou word vir sy skuld, selfs as die rekening nog nie afbetaal was nie.
Jesus, die Lam van God, het werklik betaal vir die sonde van die hele wêreld. Dit vestig die feit dat God die hele mensdom sal red en alle verantwoordelikheid om dit te doen op Homself neem. Die manier waarop Hy dit doen is ons huidige vraag.
Ons sien in Mat.18 dat Hy nie almal dadelik vergewe ongeag hul dade nie. Die wat geen geloof in Sy Sondoffer het nie, sal aanspreeklik gehou word-tot die groot Skeppings Jubileum aan die einde van tyd. Die wat wel geloof in Hom het, is burgers van die Koninkryk en sal onsterflikheid kry in die algemene opwekking van die dode. Maar die priesters van die Koninkryk [oorwinnaars] sal onsterflikheid beërf in die eerste opstanding en sal regeer saam met Hom in die Koninkryk [Open.20:4-6].
Die les van die gelykenis was nie om die verskil tussen die gelowiges en ongelowiges te verduidelik nie. Dit was om die verskil tussen ‘n gewone gelowige [Christen] en ‘n oorwinnaar te wys. Die skuldenaar wat vergeef was het ‘n wettiglike reg gehad om die klein bedrag wat sy naaste aan hom skuldig was te eis. Nêrens in die gelykenis word daardie reg weerhou nie. Net so het die Koning die reg gehad om die massiewe skuld se betaling van die skuldenaar te eis. So het die Koning dan die skuldenaar volgens sy eie standaard van oordeel behandel.
As hy nie die klein skuld van sy naaste kon vergeef nie, dan sou die Koning ook nie sy massiewe skuld vergeef nie. In my jongere dae, toe hierdie gelykenis aan my gelees is, is daar aan my vertel dat ek my redding sou verloor as ek nie elke sonde wat ander teen my begaan het, vergewe het nie. Nodeloos om te sê, het dit my verneder en onder geweldige druk geplaas, want ek was ook geleer dat as ek my redding verloor sou ek verewig in hel-vuur gewerp word. Dit was ‘n swaar las om op ‘n kind te lê, en ek wil nie hê dat enige iemand die selfde verstandige pyniging moet deurmaak nie.
So kom ek verduidelik dat hierdie gelykenis NIE oor ons ‘redding’ of ‘regverdigmaking deur die geloof’ gaan nie. Dit gaan daaroor om ‘n oorwinnaar te wees. Regverdigmaking word uitgebeeld deur Israel se fees genaamd Pasga [Paasfees] waar mens geregverdig word deur die bloed van die Lam. Hierdie gelykenis handel egter oor ‘n ander fees van Israel genaamd die Groot Jubel Dag, wat ongeveer ses maande voor die Paasfees plaasgevind het. Die Jubel Dag was ‘n dag waarin alle skuld elke 49 jaar vergewe is. Dit het die Groot Huttefees [Tabernakels] vooruitgegaan, wat die tyd uitbeeld waarin ons met onsterflikheid beklee word [2 Kor 5:1-4].
Met die viering van die Huttefees in antieke tye, het die mense hul huise vir ‘n tyd lank verlaat en hutte gebou uit lewende boomtakke. Dit was ‘n week lange kampering. Dit was profeties van die dag wat die oorwinnaars die huidige sterflike ‘huis’ verlaat en gaan woon in huise nie deer mense hande gebou nie, wat tans in die hemele vir ons gereed gehou word. Dit word uitvoerig in my boek, The Laws Of The Second Coming, bespreek.
So gee Jesus se gelykenis van die skuldenaar ons die sleutel om te verstaan hoe om ‘n oorwinnaar te wees, nie net bloot ‘n gelowige nie. Om ‘n gelowige te wees beteken om jou geloof in Jesus Christus te plaas. Om ‘n oorwinnaar te wees [volgens die gelykenis] beteken om te kan vergewe. Sonder die vermoë om te vergewe, sal mens nie in ‘n posisie van outoriteit en heerskappy in God se Koninkryk aangestel word nie. Dit is een van die primêre vereistes om die eerste opstanding as ‘n oorwinnaar te beërf. Vra jouself hierdie vraag: Sou JY ‘n onvergewensgesinde heerser in gesag oor JOU wou hê? Nee, en God sal dit ook nie toelaat nie. Net omdat ‘n persoon ‘n Christen gelowige is, maak hom nie bekwaam om in God se koninkryk te heers nie.